Laerskool Proteapark

Laerskool Proteapark Parkies... die skool waar elke kind tel!!! https://linktr.ee/Laerskool_Proteapark Hulpbronne volhoubaar bestuur word.

Dit is vir die skool van kernbelang dat: Hoë morele beginsels gehandhaaf word. Afrikaans die onderrigmedium is, maar leerders Engels op ‘n hoërgraad magtig sal raak.‘n Suid-Afrikaanse patriotiese lewensbeskouing gebaseer op liefde, respek, getrouheid en verantwoordelikheid bevorder word.Die skoolorganisasie gebaseer word op moderne tegnologie en praktyk, effektiwiteit, instandhouding en handhawing.

WAT 'N GROOT BEDERF MET TIPPIE WAT KOM KUIER HET!Parkies se graad R tot 3 maats is so dankbaar! Baie dankie aan Tippie w...
08/10/2026

WAT 'N GROOT BEDERF MET TIPPIE WAT KOM KUIER HET!
Parkies se graad R tot 3 maats is so dankbaar! Baie dankie aan Tippie wat ons maats nog MEER LIEF kom maak het vir lees! Ons slimste jongspan gaan verseker aanhou lees!
Tippie

Avura Executive Auto🚘 Jou volgende hoofstuk begin by Avura.Op soek na ’n ander voertuig, of gereed om jou huidige een te...
06/10/2026

Avura Executive Auto
🚘 Jou volgende hoofstuk begin by Avura.

Op soek na ’n ander voertuig, of gereed om jou huidige een te verkoop? By Avura Executive Auto maak ons die proses maklik, met persoonlike diens en voertuie wat sorgvuldig gekeur is.

✔️ Ons koop jou voertuig vinnig vir kontant
✔️ ’n Verskeidenheid voertuie om van te kies
✔️ Ons span help jou van die eerste gesprek tot die oorhandiging

Kom kyk gerus na hierdie vier voertuie, of gesels met ons oor die verkoop van joune.

📍 Waterfall Mall, Rustenburg
📞 014 940 5277
📧 www.avuramotors.co.za

Avura – Dis net makliker.

TOTSIENS JUFFROU NICKY!Dit bly hartseer om te groet, maar Parkies is so trots op juf. Nicky Pieterse wat skaars haar gra...
06/10/2026

TOTSIENS JUFFROU NICKY!
Dit bly hartseer om te groet, maar Parkies is so trots op juf. Nicky Pieterse wat skaars haar graad het en toe word sy opgeraap as volwaardige juffrou!

Dankie vir alles wat jy vir elke Parkie gedoen het. Ons seënwense volg jou in jou nuwe hoofstuk! Jou nuwe skool het 'n juweel van 'n mens en juffrou ryker geword!
'nparkiealtyd'nparkie
Nicky Pieterse

PROTEA GIMNASTIEKKLUB SKITTER BY DIE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE! Ons is ongelooflik trots op die Protea Gimnastiekklub-gim...
05/10/2026

PROTEA GIMNASTIEKKLUB SKITTER BY DIE NASIONALE KAMPIOENSKAPPE!

Ons is ongelooflik trots op die Protea Gimnastiekklub-gimnaste wat aan die Nasionale Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem het! Om op nasionale vlak deel te neem is reeds ’n besondere prestasie en elkeen van hierdie gimnaste het Proteaklub en Parkies se naam met trots verteenwoordig.

DOGTERS:
🤸🏻‍♀️Lienke Joubert – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♀️Gabi Wood – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♀️Lexi Wood – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♀️Naniq Smit – Deelname-toekenning & 6de – Brug(Uneven Bars)

SEUNS
🤸🏻‍♂️Rynhard Horn – Deelname-toekenning & 10de – Spronge(Vault)
🤸🏻‍♂️Joshua Deysel – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♂️Jose Borrageiro – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♂️Handre de Wet – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♂️Evan Kleynhans – Deelname-toekenning
🤸🏻‍♂️Lohan Oosthuizen – Deelname-toekenning

Baie geluk aan elke gimnas met hierdie besondere prestasie!

Protea Gimnaste - Julle hou Parkies se naam hoog!

SKOOLLANDLOOP NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026Parkies kondig met trots aan dat ons drie SA LANDLOPERS puik presteer het!TOP...
03/10/2026

SKOOLLANDLOOP NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026

Parkies kondig met trots aan dat ons drie SA LANDLOPERS puik presteer het!

TOP 10:
Karmen van den Berg - 7de
TOP 20:
Conri de B**r - 11de
Ava van der Nest - 16de

Noordwes - ALGEHEEL DERDE!

Dit is waarlik ongelooflike prestasies om op SA vlak te behaal! Baie geluk!

Baie geluk aan Kay-Lene de Wet (Laerskool Vastrap) wat vir die tweede jaar as kampioen gekroon is! Jy maak Rustenburg trots Kay-Lene!

DERDE BESTE IN DIE HELE SUID-AFRIKA!Parkies bars van trots! Ons Seniorskuts is aangewys as die DERDE beste laerskoolspan...
03/10/2026

DERDE BESTE IN DIE HELE SUID-AFRIKA!
Parkies bars van trots! Ons Seniorskuts is aangewys as die DERDE beste laerskoolspan in 3D in die hele SUID-AFRIKA!

Baie geluk aan mnr. Michael le Roux en sy puik skuts! Om 'n podium los te skiet tydens die AGA SA kampioenskappe wil gedoen wees!

Ansuné Lourens word aangewys as ALGEHELE TWEEDE beste skut vir graad 4 meisies! Absoluut puik Ansunè!

Baie dankie vir al julle harde werk wat nou beloon is!
AGA North West

DANS D.T. M. A. SA NATIONALS 2026Van 17 tot 27 September 2026 het die volgende leerders van Laerskool Proteapark die sko...
02/10/2026

DANS D.T. M. A. SA NATIONALS 2026

Van 17 tot 27 September 2026 het die volgende leerders van Laerskool Proteapark die skool se naam met trots verteenwoordig by die D. T. M. A. SA Nationals, wat by Carnival City plaasgevind het.

Die leerders dans en neem deel onder die leiding van vd Merwe Akro Klub.

Ons kinders het uitsonderlik gevaar en met ongelooflike talent, harde werk, toewyding en deursettingsvermoë hul beste gelewer.

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle! Julle prestasies is ’n bewys van die ure se oefening, opoffering, dissipline en passie wat julle in julle dans en akro sit.

Baie geluk aan elke leerder met julle besondere prestasies! Julle het Laerskool Proteapark se naam hoog gehou en ons kon nie trotser wees nie!

Baie geluk aan al ons kampioene!
Julle het gewys dat harde werk, geloof en vasberadenheid jou ver kan vat! 🙏❤️

Vir enige navrae oor klasse, dans, akro of toekomstige inskrywings:
Leandri vd Merwe Akro Klub
📱 **076 018 1683**

SKOOLLANDLOOP NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026Baie sterkte aan Ava, Karmen en Conri! Parkies is reeds trots op julle! Ons w...
02/10/2026

SKOOLLANDLOOP NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026
Baie sterkte aan Ava, Karmen en Conri! Parkies is reeds trots op julle! Ons weet hoe hard julle die hele jaar geoefen het! Harde werk word altyd beloon!

SANESA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026 Baie geluk aan ons ongelooflike Parkie-ruiters en hul getroue perde met jul uitstek...
01/10/2026

SANESA NASIONALE KAMPIOENSKAPPE 2026

Baie geluk aan ons ongelooflike Parkie-ruiters en hul getroue perde met jul uitstekende prestasies by die SANESA Nasionale Kampioenskappe 2026!

Miandi & Copy Cat
🥉 3de plek – Working Hunter
🏅 8ste en 23ste plek – Show Jumping

Evan & Storm
🏅 9de, 13de en 20ste plek – Uitstaande plasings in hul onderskeie klasse!

Hierdie is besonderse prestasies, veral omdat hulle teen 30–40 ruiters per klas meegeding het!

Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, toewyding, deursettingsvermoë en die besondere band tussen ruiter en perd. Julle het Laerskool Proteapark met trots verteenwoordig!

Baie geluk, Miandi, Copy Cat, Evan en Storm!
Julle het gewys dat met passie, geloof en harde werk, drome waar word!

GELUKKIGE VERJAARSDAG!Mag jy geseën wees en baie bederf word juf. ALICIA FORD en juf. NICOLENE VAN HEERDEN!
01/10/2026

GELUKKIGE VERJAARSDAG!
Mag jy geseën wees en baie bederf word juf. ALICIA FORD en juf. NICOLENE VAN HEERDEN!

Address

38 Soetdoring Avenue
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Proteapark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Proteapark:

Shortcuts

Share