Rustenburg Mediasie

Rustenburg Mediasie Mediation is an effective way of resolving disputes without the need to go to court. It involves an independent third party - a mediator.

Mediasie is ʼn alternatief tot die hoogs aanvaarde en gebruiklike Hof -litigasie rigting. Dit is ‘n effektiewe en ook koste-effektiewe vorm van geskilbeslegting, sonder om die verhouding tussen die partye te laat opbreek of afbreek, bv. Werksverhoudinge, familie verhoudinge en oor die algemeen verhoudings tussen persone in hul daaglikse lewens. In Suid-Afrika word 97% van siviele aangeleenthede ( sake wat na die Hof verwys is) geskik op die stoepe van die Hof ( met ander woorde net voordat die Hof die saak sou aanhoor kom die partye tot ʼn ooreenkoms daarin) Hierdie skikkings (ooreenkomste) is gewoonlik die gevolg van ʼn jare lange geskil tussen die partye en dit het egter altyd die gevolg dat daar hoë kostes daarmee gepaard gaan wat elke party daarin moet betaal. Mediasie, in die teendeel hou die volgende VOORDELE in:

Mediasie word behartig deur onpartydige mediator wat gefokus is om beide kante aan te hoor;

Mediasie is OOR DIE ALGEMEEN GOEDKOPER en korter van duur teenoor litigasie;

Mediasie fokus op ʼn WEN- WEN UITKOMS, teenoor litigasie se wen-verloor alternatief;

MEDIASIE IS DAAROP INGESTEL DAT BEIDE PARTYE TOT DIE GESKIL ‘N GELEENTHEID GEBIED WORD OM HULLE SAAK TE STEL. DUS HULLE WORD DIE GELEENTHEID GEBIED OM HULLE STORIE TE VERTEL EN DUS GEHOOR TE WORD. In terme van litigasie voel die partye meestal soos bystanders/toeskouers. Die Kinderwet stel dat die beste belang van die kind die hoogste prioriteit geniet. Met mediasie is die bedoeling dat die partye onder leiding van ʼn geakkrediteerde mediator, hul begelei sal word tot ʼn ooreenkoms wat vir beide aanvaarbaar is, solank dit in die beste belang van die kind is. Voordat Mediasie begin, teken die partye ʼn ooreenkoms sodat elkeen weet wat verwag word. Die rol van die mediator is om opsies op die tafel te sit, sodat die partye ingeligte besluite kan neem. Die besluite word in ʼn MEMORANDUM VAN OOREENKOMS saamgevat

08/07/2021

Address

Rustenburg
0299

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rustenburg Mediasie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Rustenburg Mediasie:

Shortcuts

Share