Ons is ‘n speelgroep wat vir u kind aandag liefde en sorg sowel as leerplanne, ander intellektuele aktiwiteite en ook die buitegewone bied, om elke kind te help om hulle volle potensiaal te bereik. Babasentrum: 3 maande tot 2 jaar
Peuter: 2 – 3 jaar
Skooltye: Maandae tot Vrydae vanaf 6:30h tot 17:00H – Sluit uit Vakansiedae
Wat maak Otjie Potjie Speelgroep so spesiaal? Die aandag, liefde en sorg wat ek aan my ouers en kinders bied, maak van Otjie Potjie ‘n baie prettige Speelgroep. My doel is nie net om kinders te stimuleer nie, maar ook om ‘n spesiale tyd te skep waar kinders leer en ontdek deur te speel. Otjie Potjie Speelgroep is toegewy om ‘n veilige, stimuleerende omgewing te skep vir babas en peuters. Die speel gebasseerede kurkikulum fokus op geleterdheid wiskunde, wetenskap, sosiale en emotionele vaardighede en visiese ontwikkleing. Kleuters en Peuters leer dat hulle spesiaal is en daarom word al die aktiwitetite aangebied om by elke baba/peuter se ontwikkelingsvlak te pas. Kinders kry individuele onderig wat gefokus is sodat elke kind sy eie potensiaal kan beryk. Kreatiwitet en oorspronklikheid is Oitjie Poitjie se uitgangspunt. Wat doen ons by Otjie Potjie?
• Groot en fyn motoriese aktiwiteite
• Perseptuele en intellektuele aktiwiteite
• Sensoriese bewustheid
• Musiek en beweging
• Luistervaardighede
• Rympies & liedjies
• Storie tyd & kuns aktiwiteite vir die peuters
• Bak en brou vir die peuters
• Sosiale ontwikkeling