02/10/2026
🥂💃🪩📸🎞️Bergsig Academy Matric Farewell 2026
On 24 September 2026, the matric learners of Bergsig Academy celebrated their matric farewell at Hedgehogs Nest – a special evening filled with friendship, memories, elegant moments and the celebration of an important milestone.
The evening began with a warm opening and welcome by Keanu Kaljee and Caitlyn Mitchley. This was followed by a special farewell message to the matric learners by Scott Williamson and Nina Chadinah.
A particularly special highlight of the evening was Mrs Potgieter’s message to the matric learners. It was a meaningful opportunity to reflect on the matric group’s school journey and the new chapter that lies ahead for them.
The Bergsig Academy Matric Farewell of 2026 was about much more than simply a glamorous evening. It was a celebration of the matric learners’ journey, the friendships they have formed over the years, and the memories they will carry with them into the future.
Bergsig’s matric learners of 2026 – may this evening always remain a treasured memory of a special chapter in your school journey. Your future lies ahead of you – go out there and make it unforgettable!
__________________
Bergsig Akademie Matriekafskeid 2026
Op 24 September 2026 het die matrikulante van Bergsig Akademie hul matriekafskeid by Hedgehogs Nest gevier – ’n besondere aand wat bestaan het uit vriendskap, herinneringe, elegante oomblikke en die viering van ’n belangrike mylpaal.
Die aand het met ’n hartlike opening en verwelkoming deur Keanu Kaljee en Caitlyn Mitchley afgeskop. Daarna het Scott Williamson en Nina Chadinah ’n spesiale groeteboodskap aan die matrikulante gerig.
’n Besonderse hoogtepunt van die aand was Mev. Potgieter se boodskap aan die matrikulante. Dit was ’n betekenisvolle geleentheid om stil te staan by die matriekgroep se skooljare en die nuwe hoofstuk wat vir hulle voorlê.
Die Bergsig Akademie Matriekafskeid van 2026 was meer as net ’n glansgeleentheid. Dit was ’n viering van die matrikulante se reis, die vriendskappe wat oor die jare gevorm is en die herinneringe wat hulle saam met hulle sal dra.
Bergsig matrikulante van 2026 – mag hierdie aand altyd ’n kosbare herinnering bly aan ’n besondere hoofstuk van julle skoolloopbaan. Julle toekoms lê voor julle – gaan maak dit onvergeetlik!