'n Eksklusiewe, Afrikaanse voorskool wat fokus op die balans tussen Christelike beginsels, pret, vroeë kinderontwikkeling en skoolgereedheid vir babas & kleuters tussen 3 maande - Gr. Kleuter Registrasie R1500
Halfdag / Voldag R2400 pppm
Naskool Registrasie R850
Naskoolfooi R1100 pppm
Gesonde, tuisgekookte maaltye & peuselhappies wat vooruit beplan word & spesiaal geskik is vir babas & kleuters, word ingesluit. Musiekis, asook KinderKinetika oefeninge word by die maandelikse onderriggelde ingesluit. Ons is ook reeds in die proses om Parkie Kleuterkampus as 'n volwaardige kleuterskool te registreer by DBE. Ons personeel word gereeld verryk met noodhulp, brandbestryding en opvoedingskursusse. Sodoende kan ons, ons babas & kleuters op die beste moontlike wyse behandel & ontwikkel. Parkie Kleuterkampus open vir die 1ste keer in Januarie 2017. Registrasies vir 2026 nou oop! Kontak my gerus vir enige ander navrae op 0720824968. Seëngroete, Rochelle van Wyk.