Babbel en Krabbel Speelskool Rustenburg

Babbel en Krabbel Speelskool Rustenburg Babbel & Krabbel is 'n gevestigde naam in Rustenburg en bied 'n liefdevolle, ontspanne en speelgerigte benadering tot baba- en kleuteropvoeding.

Babbel & Krabbel is in 2005 deur Alet Coetzer gestig as 'n speelgroepie. Haar kennis as opgeleide onderwyseres, tesame met haar liefde vir kinders en liefde vir die Vader het die perfekte fondasie gelê vir 'n spog-speelgroepie. Menigde kinders wat deur haar hande is, is al vandag volwassenes. Hul Babbel en Krabbel fondasie maak steeds vandag deel uit van hul lewe. Nerina Odendaal het die speelgroep oorgeneem en verder uitgebou tot 'n puik kleuterskool. Haar passie en warm geaardheid het sommer vinnig vir enige kleuter 'n tweede huis geskep! Nerina het selfs uitgebrei en 'n baba-afdeling geopen. Dit was juis hierdie huislike, warm Jesus-liefde skooltjie wat my mamma-hart in 2018 geraak het toe ek self 'n plekkie vir my tweeling moes vind. In 2020 kry ek die groot geleentheid uit die Vader se hand om hierdie droom en passie ook deel van my lewe te maak. Ek begin amptelik toe in 2021 permanent by Babbel & Krabbel na 9 en 'n bietjie jare as grondslagfase juffrou by Laerskool Vastrap. Dit is elke dag vir my so groot voorreg om God se hartklop te mag werk en deel te wees van hul fondasie-jare! My hart en droom is, dat elke mens wat by daardie perseel instap iets van Jesus se liefde mag ervaar! Die Vader seën nog altyd hierdie skooltjie en my gebed is dat dit so mag bly en ons net in Sy weë mag wandel

Melindri van Schoor

24/07/2026

Ons graad RR maats het ons heerlike tema oor Voëls by die Geelhoutpark kwekery gaan afsluit. Baie dankie aan almal daar en ook Die Mossie koffiewinkel wat dit vir ons so lekker gemaak het!

22/06/2026
Ons het tans maatjies wat hul tuiste in 'n nuwe dorp of land vind, ons wens hul alle sterkte toe, maar het 'n paar plekk...
11/05/2026

Ons het tans maatjies wat hul tuiste in 'n nuwe dorp of land vind, ons wens hul alle sterkte toe, maar het 'n paar plekkies beskikbaar vanaf 1 Junie by ons skoolfamilie! Kontak 082 466 7628

Padveiligheid uitstappie deel 2
30/04/2026

Padveiligheid uitstappie deel 2

Ons sluit weer ons tema oor Padveiligheid af met 'n uitstappie om die blok. Dankie Extrasec dat jul ons begelei het. Dan...
30/04/2026

Ons sluit weer ons tema oor Padveiligheid af met 'n uitstappie om die blok. Dankie Extrasec dat jul ons begelei het. Dankie Zandri De Beer vir ons foto's! Die kinders het dit so geniet!!

As dit by Paasfees kom, staan paaseiers by ons heel agter in die ry en maak ons seker ons kindertjies weet waaroor dit w...
27/03/2026

As dit by Paasfees kom, staan paaseiers by ons heel agter in die ry en maak ons seker ons kindertjies weet waaroor dit werklik gaan.

Ons het gister sensories ervaar waaroor alles gaan! Dit was baie spesiaal!

13 Maart 2026Beroepsdag * Die ambulans kom kuier vir ons en leer ons als wat ons moet weet oor noodgevalle ens. * Ons om...
14/03/2026

13 Maart 2026
Beroepsdag

* Die ambulans kom kuier vir ons en leer ons als wat ons moet weet oor noodgevalle ens.

* Ons omskep ons skool in 'n Restaurant ( Kookbedryf), 'n Baba-hospitaal, 'n bou- en konstruksieterrein en veearts!

* Die maats kon ook aantrek wat hul eendag graag wil wees!

Dit was 'n heerlike leersame dag!

Deel 3

( Ons groot maats se laaste beroepsdag!)

13 Maart 2026Beroepsdag * Die ambulans kom kuier vir ons en leer ons als wat ons moet weet oor noodgevalle ens. * Ons om...
14/03/2026

13 Maart 2026
Beroepsdag

* Die ambulans kom kuier vir ons en leer ons als wat ons moet weet oor noodgevalle ens.

* Ons omskep ons skool in 'n Restaurant ( Kookbedryf), 'n Baba-hospitaal, 'n bou- en konstruksieterrein en veearts!

* Die maats kon ook aantrek wat hul eendag graag wil wees!

Dit was 'n heerlike leersame dag!

Deel 2

Ons het lief, want Jesus het ons eerste liefgehad!
13/02/2026

Ons het lief, want Jesus het ons eerste liefgehad!

Welkom 2026! Ons is reg vir ons maats en ons skooltjie het sommer 'n "face-lift" gehad! Als beter en mooier spesiaal vir...
07/01/2026

Welkom 2026! Ons is reg vir ons maats en ons skooltjie het sommer 'n "face-lift" gehad! Als beter en mooier spesiaal vir ons kosbare maats! Voorspoed vir elke gesin!

Address

Vra Vir Aanwysings
Rustenburg
0299

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 17:00
Friday 06:30 - 17:00

Telephone

+27824667628

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Babbel en Krabbel Speelskool Rustenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Babbel en Krabbel Speelskool Rustenburg:

Share

Category