Duimpie Den Kleuterskool

Duimpie Den Kleuterskool Duimpie Den is ñ Christelike gebasseerde kleuterskool. Kontak ons gerus vir meer inligting.

Ons onderrig word in Afrikaans aangebied en ons werk noukeurig saam met die Laerskole om jou kind ten volle skoolgereed te kry.

04/10/2026

Ons kleinste duimpies het verskriklik lekker gespeel met tekstuur en kleur in die babaklas! 🎨🖐️
Klein handjies wat voel, druk en ontdek, want elke nuwe tekstuur is 'n avontuur. 💛

26/09/2026

Liewe mammas en pappas! 👋💛

Wil jy meer weet oor Duimpie Den en dalk jou kleinding vir 2027 inskryf? Loer gerus na die video! 🧸

Aansoeke word binnekort oopgestel. Hou ons blad dop! 🌼

💛 ‘n Groot DANKIE aan ons Duimpie Den-familie!By Duimpie Den weet ons: dit vat ‘n dorp om ‘n duimpie groot te maak. Vand...
20/09/2026

💛 ‘n Groot DANKIE aan ons Duimpie Den-familie!

By Duimpie Den weet ons: dit vat ‘n dorp om ‘n duimpie groot te maak. Vandag wil ons twee spesiale bydraes uitlig - nie net van ouers nie, maar van harte wat verder gegee het as wat verwag word.

Baie dankie aan NBH Power Solutions en Steel and Pipes for Africa vir julle vrygewige bydrae van dienste, sonder om iets terug te verwag. Julle ondersteuning maak ‘n wesenlike verskil in ons duimpies se wêreld - en ons is so dankbaar dat julle deel is van hierdie klein, hegte gemeenskap.

Dit is presies wat Duimpie Den spesiaal maak - ‘n plek waar ouers en gemeenskap saamstaan om ons kleintjies te koester. 🌼

Dankie, dankie, dankie! 🙏

🌟 Ons pompom-duimpies het geskitter by die ATKV-AfriKiti fees! 💃🏼🎀 Wat 'n voorreg om by ATKV-Buffelspoort op te tree en ...
12/09/2026

🌟 Ons pompom-duimpies het geskitter by die ATKV-AfriKiti fees! 💃🏼🎀 Wat 'n voorreg om by ATKV-Buffelspoort op te tree en te wys wat ons kleintjies kan doen. Trots, trots, trots op elke duimpie! 🥰

06/09/2026

Wow! Dit was 'n pragtige konsert! 🎤🥰

Ons duimpies het waarlik geskitter op die verhoog - elke dansie, elke liedjie, elke glimlag het gewys hoeveel liefde en moeite daarin gegaan het. Dankie aan elke ouer en familie wat kom kyk het - julle trots was oral te sien. 🥹Ons duimpies is regte sterretjies! ⭐

Dankie aan elke liewe persoon wat hierdie konsert moontlik gemaak het. Ons het diepe waardering vir elkeen.

Ons sien uit na volgende jaar se konsert🤗

📍186 K**k Street, Rustenburg (oorkant Laerskool Vastrap)

Baie dankie vir ons lentedag-bederf, Laerskool Vastrap en Juffrou Alet! 🌸  Die blomme van ellies_bloom is absoluut pragt...
02/09/2026

Baie dankie vir ons lentedag-bederf, Laerskool Vastrap en Juffrou Alet! 🌸 Die blomme van ellies_bloom is absoluut pragtig! Wat 'n voorreg om so 'n pragtige seisoen te verwelkom!

🌼Gelukkige Lente!🌼

30/08/2026
27/08/2026

🎨 Wat ’n trotse dag! 🎨

Van vroeg tot laat was ons Duimpie Den span, familie en vriende hard aan die werk om ons skool met ’n nuwe lagie verf op te kikker. 🖌️

’n Groot, groot DANKIE aan almal wat hul Saterdag opgeoffer het, hul hande vuil gemaak het, en met soveel liefde en trots aan ons plek gewerk het. Dit is presies hierdie soort gemeenskapsgees wat Duimpie Den so spesiaal maak. ❤️

Ons kleintjies het hierdie week met groot oë by hul helder, vrolike skool instap - en dit is heeltemal te danke aan JULLE. 🙌

Baie dankie, Duimpie Den familie. Ons is so bevoorreg om sulke toegewyde mense in ons Duimpie Den wêreld te hê. 🧡

Dankie aan Bruno’s Paving wat Duimpie Den se ingang kom opkikker het met ‘n splinternuwe plaveisel! 🤗 Dit lyk pragtig.  ...
17/08/2026

Dankie aan Bruno’s Paving wat Duimpie Den se ingang kom opkikker het met ‘n splinternuwe plaveisel! 🤗 Dit lyk pragtig.

Address

186 K**k Street
Rustenburg
0922

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:00
Tuesday 06:30 - 17:00
Wednesday 06:30 - 17:00
Thursday 06:30 - 17:00
Friday 06:30 - 17:00

Telephone

+27145924813

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Duimpie Den Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Duimpie Den Kleuterskool:

Shortcuts

Share