RHS OLD BOYS

RHS OLD BOYS Enige oud mans persoon wat in RHS was is welkom.

📚✨ Sterkte aan die Matrieks van 2026! ✨📚Die Rekordeksamen is al ’n week aan die gang – een week nader aan die einde van ...
07/09/2026

📚✨ Sterkte aan die Matrieks van 2026! ✨📚

Die Rekordeksamen is al ’n week aan die gang – een week nader aan die einde van julle matriekjaar! 💪🏼

Ons weet die lang ure, harde werk, spanning en voorbereiding begin nou sy tol eis, maar hou moed en druk deur! Elke vraestel wat julle voltooi, is nog ’n tree nader aan die eindstreep.

Glo in julleself, bly gefokus en gee elke vraestel julle beste. Julle het hard gewerk vir hierdie oomblik – nou is dit tyd om daardie harde werk te vertrou. 🌟

Mag julle kalm bly, helder dink en met selfvertroue elke vraestel aanpak. Ons glo in julle! ❤️

Sterkte, Matrieks van 2026 – die eindstreep is in sig! 🎓📖✨

29/08/2026

Rustenburg Hoër is vanoggend as die Onder 14 Noordvaal-kampioene gekroon!

Die span wat deur Hennie Pieterse, sy seun Michael en die oud agtsteman Johann Smith afgerig word, het Middelburg 18-12 geklop.

🏆🎾 NOORDWES KAMPIOENE! 🎾🏆Wat ’n ongelooflike prestasie deur Rustenburg Hoërskool se 1ste span tennis meisies! 🧡🤍Hulle he...
29/08/2026

🏆🎾 NOORDWES KAMPIOENE! 🎾🏆

Wat ’n ongelooflike prestasie deur Rustenburg Hoërskool se 1ste span tennis meisies! 🧡🤍

Hulle het die Noordwes-finaal gewen en daarmee geskiedenis gemaak! 🏆✨

Vir die eerste keer sedert 1992 kom die beker weer Rustenburg toe! 🙌🏼

Ons is ongelooflik trots op hierdie talentvolle span – julle harde werk, deursettingsvermoë en spanpoging het vrugte afgewerp. 💪🏼🎾

Baie geluk, meisies! Julle het nie net ’n wedstryd gewen nie – julle het geskiedenis geskryf! 🏆💚

29/08/2026

2 DRIEË. 2 STRAFSKOPPE. 1 BEKER! 🏆

En ñ o.14-span wat alles op die veld gelos het!

Die o.14A-rugbymanne het vandag gewys hoe dit lyk om te veg vir elke meter, elke bal en vir die man langs hulle.

Vandag lig hulle die Virseker Noordvaalbeker hoog, ñ beloning vir ñ seisoen van harde werk, vasbyt en geloof.

Rusties, julle het nie net ñ wedstryd gewen nie, julle het geskiedenis gemaak! 🏆

Hoërskool Rustenburg is trots op elke speler en elke agrigter!

DIE BEKER KOM RUSTENBURG TOE!



Rustie-rugby word met trots geborg deur Afri-Readymix, EDG, Mine Safe, MCivils, Avura & RHS Old Boys.

29/08/2026

Hier’s die amptelike finale Promosie & Relegasie puntelys vir die Beker Afdeling na die finale wedstryde van 22 Augustus.

Plaat en Skild sal nog geplaas word.


20/08/2026

Hier’s ‘n kykie na die algehele Promosie & Relegasie puntelys vir die Beker Afdeling na die wedstryde van 15 en 18 Augustus.

Aan die einde van die 2026 seisoen, beweeg een skool vanuit Beker af na Plaat toe en een skool vanaf Plaat op na die Beker Afdeling toe.


20/08/2026

Hier is die bepalings vir hierdie naweek se Beker Afdeling Finaal. Wedstryde word almal by HS Monument gespeel. Baie geluk en sterkte aan al die spanne!

KNIPMESAAND 2026✨🥂’n Aand vir die manne — goeie geselskap, lekker kuier, stories wat al hoe beter raak en natuurlik 'n g...
14/08/2026

KNIPMESAAND 2026✨🥂

’n Aand vir die manne — goeie geselskap, lekker kuier, stories wat al hoe beter raak en natuurlik 'n grappie of twee saam Hammie! 😄

Knipmesaand 2026 was ’n viering van kameraderie, vriendskap en die lekker van saamwees. Van die eerste handdruk tot die laaste lag — daar was geen tekort aan goeie gees en mooi oomblikke nie. 🍻🤝

Hier is ’n paar kiekies van die aand, oomblikke en herinneringe wat beslis weer ’n glimlag sal bring.

Want goeie tye is altyd beter in goeie geselskap.🥂

KNIPMESAAND 2026🥂✨En net só… nog ’n paar oomblikke van ’n aand vol glimlagte, groot sports, lekker kuier en baie spesial...
13/08/2026

KNIPMESAAND 2026🥂✨

En net só… nog ’n paar oomblikke van ’n aand vol glimlagte, groot sports, lekker kuier en baie spesiale herinneringe! 🤍

Van die eerste aankoms tot die laaste kuier — Knipmesaand 2026 was behoorlik ’n aand om te onthou! ✨

Hier is nog ’n paar van die oomblikke wat die aand so besonders gemaak het. 📸🥂

KNIPMESAAND 2026✨’n Onvergeetlike aand gevul met lekker lag, smaaklike kos, goeie geselskap en onvergeetlike oomblikke. ...
12/08/2026

KNIPMESAAND 2026✨

’n Onvergeetlike aand gevul met lekker lag, smaaklike kos, goeie geselskap en onvergeetlike oomblikke.

Hier is ’n versameling van die mooi herinneringe van Knipmesaand 2026 — van die klein besonderhede tot die mense en oomblikke wat die aand so spesiaal gemaak het. 🥂

Dankie aan almal wat deel was van hierdie geleentheid. Mag die herinneringe van ’n aand vol lag, kuier en mooi oomblikke nog lank gekoester word. 🤍

Knipmesaand 2026 — ’n aand om te onthou.✨

Address

Rustenburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RHS OLD BOYS posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to RHS OLD BOYS:

Shortcuts

Share

Category