26/05/2018
Dis weer eksamen tyd. Wiskunde is een van die vakke wat baie spanning kan bring. Agv stres kan 'n leerder nie sy volle potensiaal bereik. nie. Baie ouers is moedeloses en sê hul kan nie hul kinders help met voorvereiding vir die wiskunde vraestel.. Ouers kan hul kinders help deur vraestelle van die internet te kry en hulle motiveer om betyds met voorbereiding te begin asook kontroleer of hulle dit deurwerk. Wiskunde is nie biologie of enige ander leer vak waar jy opsommings moet maak om feite te onthou of dit kan deurlees nie. Wiskunde is oefen om probleme op te los. Werk so veel as moontlik gemengde oefeninge, ou toetse en ou vraestelle deur met memorandums. As jy eers die probleem herken is dit maklik. Met baie oefening word dit al makliker en selfvertroue al hoe beter. Onthou om betyds te begin voorberei. Ouers glo in jou kind en leerders glo in jouself. Harde werk word altyd beloon. Sterkte. As dit so maklik is weet dan jy is besig om droog te maak. So d**k mooi.