21/06/2026
Vaders is een van God se grootste geskenke aan ons. 💙
Hulle is die sterk hand wat lei, die sagte hart wat beskerm en die veilige plek waar kinders altyd welkom voel. Vandag vier ons die vaders, oupas en vaderfigure wat elke dag met liefde, geduld en opoffering hul gesinne dien.
Mag julle weet hoe waardevol julle is en hoe groot julle invloed op die volgende geslag is.
✨ Gelukkige Vadersdag aan al ons wonderlike pappa’s! ✨
——
Fathers are one of God’s greatest gifts to us. 💙
They are the strong hand that guides, the gentle heart that protects, and the safe place where children always feel loved and welcomed. Today we celebrate the fathers, grandfathers, and father figures who faithfully serve their families with love, patience, and sacrifice.
May you know how valued you are and how great your impact is on the next generation.
✨ Happy Father’s Day to all our wonderful dads! ✨
❤️
20/06/2026
💜 JEUGDAG 💜
By AbbaKids Naskool glo ons dat elke kind 'n unieke doel en potensiaal het. Daarom is ons passie nie net om na kinders om te sien nie, maar om in hul toekoms te belê, hul selfvertroue te bou en hulle daagliks te herinner hoe kosbaar hulle in God se oë is.
Vir Jeugdag het ons ons naskool-maaitjies bederf met 'n spesiale herinnering dat God hulle ASTRO-nomical gemaak het – aanvaar deur God, sterk deur Sy liefde, totaal uniek, verlos en vergewe, oorwinnaars, en spesiaal en kosbaar. 🌟
✨ Het julle geweet? AbbaKids Naskool is ons nuutste uitbreiding! Ons is opgewonde om nog meer kinders op hul reis van groei, ontdekking en ontwikkeling te ondersteun.
"Hoe geweldig is die liefde wat die Vader vir ons het..." – 1 Johannes 3:1 ❤️
💜 YOUTH DAY 💜
At AbbaKids Aftercare, we believe that every child has a unique purpose and God-given potential. Our passion is not only to care for children, but to invest in their future, build their confidence and remind them daily of how precious they are in God's eyes.
For Youth Day, we spoiled our aftercare friends with a special reminder that God made them ASTRO-nomical – accepted by God, strong through His love, totally unique, redeemed and forgiven, victorious, and special and precious. 🌟
✨ Did you know? AbbaKids Aftercare is our newest expansion! We are excited to support even more children on their journey of growth, discovery and development.
"How great is the love the Father has lavished on us..." – 1 John 3:1 ❤️
20/06/2026
💙 VADERSDAG 💙
Alhoewel ons Hemelse Vader ons grootste voorbeeld en beskerming is, het Hy ons ook geseën met aardse vaders om ons lief te hê, te lei en na ons om te sien hier op aarde.
Hierdie Vadersdag vier en eer ons die manne wat met liefde, geduld en opoffering elke dag ‘n verskil in hul kinders se lewens maak. Met ons Hemelse Vader in gedagte, het ons hierdie week ons aardse vaders bederf met ‘n klein geskenkie wat met baie liefde voorberei is.
Dankie aan al ons wonderlike pappas wat elke dag daar is om klein handjies vas te hou, groot drome aan te moedig en veilige harte te bou. 💙
✨ “Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo.” – Jakobus 1:17
💙 FATHER’S DAY 💙
Although our Heavenly Father is our greatest example and protector, He has also blessed us with earthly fathers to love, guide and care for us here on earth.
This Father’s Day, we celebrate and honour the men who make a difference in their children’s lives each day through love, patience and sacrifice. With our Heavenly Father in mind, our little ones spoiled their dads this week with a special gift prepared with lots of love.
Thank you to all the amazing dads who hold little hands, encourage big dreams and help build secure hearts every day. 💙
✨ “Every good and perfect gift is from above.” – James 1:17
19/06/2026
📚Die vorming van ‘n kind se hart is net so belangrik soos die ontwikkeling van sy of haar verstand.
By AbbaKids & AbbaBabas glo ons dat kinders nie net leer deur wat ons sê nie, maar deur wat hulle elke dag sien. Daarom streef ons daarna om ‘n omgewing te skep waar liefde, respek, integriteit en geloof deel vorm van elke dag se leer en speel.
”Die regverdige wandel in sy opregtheid; sy kinders is gelukkig ná hom.” – Spreuke 20:7
🌱 Mag ons kinders grootword met sterk waardes, vriendelike harte en ‘n liefde vir die Here.
📚Shaping a child’s heart is just as important as developing their mind.
At AbbaKids & AbbaBabas, we believe that children learn not only from what we say, but from what they see every day. That is why we strive to create an environment where love, respect, integrity and faith form part of every day’s learning and play.
”The righteous man walks in his integrity; his children are blessed after him.” – Proverbs 20:7
🌱 May our children grow up with strong values, kind hearts and a love for the Lord.
30/05/2026
🩵 Klein handjies, groot ontdekkings 🩵
Daar is iets besonders aan kinders wat vry speel, ontdek en sommer net kind wees ✨
Ons see-dier messy play dag was gevul met glimlagte, nuuskierigheid en baie morsige pret 🐠🐚
By AbbaKids & Babas weet ons dat die mooiste leer gebeur wanneer kinders self kan voel, meng, skep en ontdek 🌊
Elke morsige oomblik bou selfvertroue, kreatiwiteit en ontwikkeling op ’n speelse manier 🫧
Ons harte is vol na so ’n lekker dag saam ons klein ontdekkers 💛
30/05/2026
🌊🐚 SEE-DIER MESSY PLAY 🐙⭐
By AbbaKids & Babas glo ons dat kinders die beste leer wanneer hulle speel, ontdek en self ervaar ✨
Ons see-dier messy play dag was gevul met kleure, teksture, laggies en klein handjies wat ondersoek en ontdek het 🩵
Messy play is nie net pret nie — dit speel ’n baie belangrike rol in ’n kind se ontwikkeling:
🫧 Bevorder sensoriese ontwikkeling
🫧 Ontwikkel fynmotoriese vaardighede
🫧 Bou kreatiwiteit en probleemoplossing
🫧 Help met taal en sosiale ontwikkeling
🫧 Gee kinders die vrymoedigheid om te ontdek en nuwe dinge te probeer
Van stervisse tot jellievisse en baie see-sensoriese pret… ons klein ontdekkers het elke oomblik geniet! 🐟💙
30/05/2026
🌿 ONTWIKKELING • GEMEENSKAP • LIEFDE 🌿
Wat ’n voorreg vir AbbaKids & Babas om deel te kon wees van so ’n besondere oggend saam met Laerskool Roodekrans💚🤍💛
By AbbaKids glo ons dat kinders nie net geleer moet word nie — hulle moet gesien, gehoor en geliefd voel. Daarom beteken dit vir ons baie om saam met mense en skole te werk wat dieselfde hart vir kinders het ✨
Dankie vir die warm ontvangs, die mooi saamkuier en die herinnering dat dit ’n hele gemeenskap vat om klein hartjies te help groei 💛🤍💚
Ons stap dankbaar weg met vol harte 🫶🏻
– AbbaKids & Babas 👶🧒
02/04/2026
GETTING THE HANDS READY FOR WRITING
Providing opportunities for squeezing can help strengthen a child’s grasp, important for holding a pencil.
Try one of these activities this week!
https://teaching2and3yearolds.com/fine-motor-squeezing-activities/
02/04/2026
✝️🌸 Paasfees ’26 🌸✝️
By Abba Kids & Abba Babas het ons hierdie week saam met ons kleintjies stilgestaan by die ware betekenis van Paasfees…
Ons het geleer dat die kleure ’n storie vertel 💛
❤️ Rooi – Jesus se liefde en die bloed wat Hy vir ons gestort het
💚 Groen – Nuwe lewe wat ons in Hom ontvang
💛 Geel – Hoop en lig na die opstanding
🖤 Swart – Ons sondes waarvoor Hy gesterf het
🤍 Wit – Genade… ons is skoongewas deur Hom
💜 Pers – Die tyd van rou en herinnering
Deur iets so eenvoudig, leer ons kinders iets so groot… ✨
✝️ He has risen ✝️
📖 “He is not here; He has risen.” – Matthew 28:6
Mag hierdie Paasfees julle harte vul met vrede, liefde en nuwe hoop 🌿
Ons is so dankbaar dat ons hierdie spesiale boodskap saam met ons kinders kan deel 🤍