Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum

Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum Ons is 'n Opvoedkundige Sentrum geleë in Roodekrans. Ons bestaan reeds 36 jaar.

Baie geluk Juf Elmarie! Dankie Vir die Groot rol wat jy in Elke kleuter en ouer SE Lewe speel. Ons is Baie lief Vir jou ...
08/09/2026

Baie geluk Juf Elmarie! Dankie Vir die Groot rol wat jy in Elke kleuter en ouer SE Lewe speel. Ons is Baie lief Vir jou en waardeer jou Baie. Hoop Juffrou het n spesiale dag. Lekker verjaar!

SONSTRAALTJIES SE INTERNE KUNSWEDSTRYD! 🏅🌟Vandag het ons Sonstraaltjies se Gr. R-maatjies aan ons interne kunswedstryd d...
07/09/2026

SONSTRAALTJIES SE INTERNE KUNSWEDSTRYD! 🏅🌟
Vandag het ons Sonstraaltjies se Gr. R-maatjies aan ons interne kunswedstryd deelgeneem, en ons harte bars sommer van trots! ❤️
Elkeen het met ’n dapper hart deelgeneem en hul beste gegee. Die belangrikste van alles, die maats het dit baie geniet! 🥳
Ons maatjies, julle is ware SUPERSTERRE! ⭐️ Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!

’n Spesiale dankie aan ons beoordelaar, Deus-Donné Barnard, vir jou tyd en veral vir die lieflike manier waarop jy ons maatjies aangemoedig het. ❤️

Baie dankie aan Kotie van Rooyen vir die gebruik van julle pragtige venue. Ons waardeer dit opreg! 🌸

En laastens, ’n groot BAIE DANKIE aan elke mamma, pappa, ouma en oupa wat vandag daar was om ons maatjies te ondersteun. 👏❤️
Sonstraaltjies Gr. R — julle het ons vandag trots gemaak! 🌞🏅

Gelukkie sekretaressedag liefste Melissa.Ons is baie lief vir jou
02/09/2026

Gelukkie sekretaressedag liefste Melissa.
Ons is baie lief vir jou

Baie geluk Juf Sylvi. Jy is n Engel en die maats is so lief Vir jou!  Hoop jy het n spesiale dag.
15/08/2026

Baie geluk Juf Sylvi. Jy is n Engel en die maats is so lief Vir jou! Hoop jy het n spesiale dag.

🌟 SONSTRAALTJIES GHOLFDAG 2026 🌟🏌️‍♀️🏌️‍♂️Donderdag, 13 Augustus, het Sonstraaltjies ’n heerlike Gholfdag by Krugersdorp...
14/08/2026

🌟 SONSTRAALTJIES GHOLFDAG 2026 🌟🏌️‍♀️🏌️‍♂️

Donderdag, 13 Augustus, het Sonstraaltjies ’n heerlike Gholfdag by Krugersdorp Gholfbaan aangebied – en ons harte loop oor van dankbaarheid! ❤️

Ons Gholfdag was ’n reuse sukses! Die spelers het ’n wonderlike dag op die baan geniet, met pragtige weer, goeie gees en sommer baie pret! ☀️⛳️

’n Baie, baie groot DANKIE aan elke ouer en Sonstraaltjie
Personeel wat gister op die baan kom help en werk het. Julle ondersteuning beteken vir ons ongelooflik baie! ❤️

Baie dankie aan Dean Alberts, ons fantastiese MC, wat ook die veiling uitstekend hanteer het. Jy het beslis tot die sukses van die dag bygedra! 👏

Ons opregte dankie aan elke persoon en besigheid wat ’n geskenk, bydrae of donasie gemaak het. 🎁❤️ Sonder julle ondersteuning sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.

’n Spesiale dankie aan Johan Snyman van JNA Financial Advisors wat ons HOOFBORG was. 🙏👏 Baie dankie vir julle ongelooflike ondersteuning en geloof in Sonstraaltjies!

Ons is diep dankbaar vir elkeen wat deel was van hierdie spesiale dag.

🙏 Alle eer aan die Here vir Sy guns, genade en seën oor Sonstraaltjies.
Ons gee Hom al die eer vir ’n dag wat ver bo ons verwagtinge was! ❤️

SONSTRAALTJIES – waar ons saam groei, saam lag en saam bou aan ’n mooier toekoms. 🌈☀️

09/08/2026

🌸 Aan elke wonderlike Sonstraaltjie mamma 🌸

Vandag, op Vrouedag, wil ons net vir elke mamma sê: Jy is kosbaar, jy is waardevol en jy maak ’n verskil. ❤️

Elke dag gee jy van jouself – jou tyd, jou liefde, jou geduld, jou omgee en jou hart. Jy help om klein lewens te vorm, harte te bou en ’n veilige plek te skep waar ons maatjies kan groei en blom. 🌱

Onthou vandag dat God jou nie per ongeluk gemaak het nie. Hy het jou uniek, sterk en met ’n doel geskep. Jou sagte hart, jou hande wat help, jou woorde wat bemoedig en selfs die gebede wat niemand hoor nie, het waarde.

“Sy is beklee met krag en waardigheid…” – Spreuke 31:25

Mag elke mamma weet: Jy word raakgesien. Jy word waardeer. Jy is nodig. En bo alles – jy is innig geliefd deur God. 🌷

Gelukkige Vrouedag aan elke spesiale vrou! 💕

📚✨ Boekkarakterdag by Sonstraaltjies! ✨📚Op 31 Julie het ons by Sonstraaltjies 'n heerlike Boekkarakterdag gehou. Elke ma...
05/08/2026

📚✨ Boekkarakterdag by Sonstraaltjies! ✨📚

Op 31 Julie het ons by Sonstraaltjies 'n heerlike Boekkarakterdag gehou.
Elke maatjie het aangetrek soos sy of haar gunsteling boekkarakter, en die kreatiwiteit het behoorlik gestraal!

Ons het onder andere vir Rooikappie, Mnr. Bean, die Wolf en die Drie Varkies, Hoodie, die Gingerbread Man, Tinker Bell, Harry Potter en nog baie ander bekende karakters ontmoet.

Ons het spesiale stories gelees, vir mekaar vertel wie ons karakters is, en saam die wonderlike wêreld van boeke gevier. Dit was 'n dag vol verbeelding, laggies en kosbare herinneringe.

📖 "Lees gee vlerke aan die verbeelding en laat klein harte groot droom." ❤️

Kom ondersteun ons gholfdag 13 Augustus 2026 te Krugersdorp Gholfbaan.
22/07/2026

Kom ondersteun ons gholfdag 13 Augustus 2026 te Krugersdorp Gholfbaan.

Na 'n heerlike drie weke se vakansie het ons die derde kwartaal met groot opgewondenheid afgeskop!Ons vertrou dat elke g...
21/07/2026

Na 'n heerlike drie weke se vakansie het ons die derde kwartaal met groot opgewondenheid afgeskop!

Ons vertrou dat elke gesin die vakansietyd geniet het, kosbare oomblikke saam deurgebring het en dat daar ook tyd was vir lekker rus.

Ons harte is weer vol! Dit was so 'n voorreg om al ons Sonstraaltjie-maatjies terug te verwelkom en die opgewondenheid op hul gesiggies te sien toe hulle weer hul maats ontmoet.

Ons het sommer dadelik weggespring met 'n bietjie hersiening en ook met ons nuwe temas begin. Daar lê 'n kwartaal vol ontdek, leer, speel en groei voor!

Ons is bowenal dankbaar teenoor ons Hemelse Vader wat elkeen van ons veilig bewaar het gedurende die vakansie en dat Hy ons almal weer veilig bymekaar gebring het.

"Die Here sal jou uitgang en jou ingang beskerm, van nou af tot in ewigheid." – Psalm 121:8 🤍

Ons sien uit na n heerlike gholfdag. Kom ondersteun ons asb!
12/07/2026

Ons sien uit na n heerlike gholfdag. Kom ondersteun ons asb!

Address

Rosemary Straat, Roodekrans
Roodepoort
1724

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:00
Tuesday 07:00 - 13:00
Wednesday 07:00 - 13:00
Thursday 07:00 - 13:00
Friday 07:00 - 13:00

Telephone

+27839577047

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Sonstraaltjie Opvoedkundige Sentrum:

Shortcuts

Share

Category