Gerrit du Plessis Sekondêre Skool

Gerrit du Plessis Sekondêre Skool A school located in the community of Riverdale, Western Cape

08/09/2026
Op Vrydag, 7 Augustus 2026 het ons deelgeneem aan die DCAS Kompetisie en ons dring deur na die finale rondte van die Kom...
07/09/2026

Op Vrydag, 7 Augustus 2026 het ons deelgeneem aan die DCAS Kompetisie en ons dring deur na die finale rondte van die Kompetisie.

Op Saterdag, 8Augustus 2026 het ons deelgeneem aan die ATKV-Toneelfees te Victoria-West en ons het 2de plek in daardie Kompetisie behaal. Wineshca en Ellister was aangewys as die beste vroulike - en manlike byspelers. Die produksie wat deur Mnr. Adrian Swartz geskryf is, is ook as die beste nuutgeskrewe teks aangewys.

Op 26 Augustus 2026 het ons aan die Ratem Eisteddfod deelgeneem. Ons het 2 produksie opgevoer. Action en Vlekke opi vlerke. Action het goud verwerf en Vlekke opi vlerke het goud + verwerf. Vlekke op die vlerke het ook die toekenning vir die beste eenbedryf gewen

Ouers/ voogde en gaste, neem asseblief kennis dat daar nie ’n spesifieke kleredragkode (Dresscode) vir die High Tea is n...
02/09/2026

Ouers/ voogde en gaste, neem asseblief kennis dat daar nie ’n spesifieke kleredragkode (Dresscode) vir die High Tea is nie.

Aangesien dit egter ’n High Tea is, word almal versoek om formeel en netjies aan te trek.

Geen jeans of tekkies, asseblief.

Ons sien uit daarna om die middag saam te geniet! ☕

♟️ ’n Span wat meer as net skaak gespeel het…Die naweek van 29–30 Augustus 2026 sal vir die Gerrit du Plessis S.S.S. O/1...
01/09/2026

♟️ ’n Span wat meer as net skaak gespeel het…

Die naweek van 29–30 Augustus 2026 sal vir die Gerrit du Plessis S.S.S. O/19 Dogters Topskole Skaakspan vir altyd ’n spesiale herinnering wees. By Tafelberg Skool in Kaapstad het ons dogters hul plek tussen die beste skole in die Wes-Kaap ingeneem en met ongelooflike trots ’n tweede plek behaal.

Maar hierdie tweede plek vertel nie die volle verhaal nie…

Agter elke skaakskuif was daar deursettingsvermoë, ure se voorbereiding, spanning, hoop, geloof en ’n onwrikbare geloof in hulself en mekaar. Hulle het gewys dat ware sukses nie net in ’n trofee of medalje gemeet word nie, maar in die karakter waarmee jy jouself op die speelbord én daarbuite verteenwoordig.

Ons dogters was ware ambassadeurs van Gerrit du Plessis S.S.S. Hulle het ons skool se naam as ’n baken van hoop hoog gehou en terselfdertyd die naam van Riversdal met waardigheid, trots en respek gedra.

Julle het gewys dat groot drome nie deur die grootte van jou dorp of skool bepaal word nie. Soms begin ’n

WILD RESCUE UITSTAPPIE30 van ons Lewenswetenskappe leerders was op n akademiese uitstappie na Wild Rescue tussen Riversd...
28/08/2026

WILD RESCUE UITSTAPPIE

30 van ons Lewenswetenskappe leerders was op n akademiese uitstappie na Wild Rescue tussen Riversdal en Stilbaai.

Tydens die uitstappie is leerders bemagtig met kennis oor die biosfeer, ekostelsels, inheemse en uitheemse plantegroei in die Hessequa Area. Hulle is ook bewus gemaak van die rol wat hulle moet speel om die omgewing en plantegroei te bewaar.

Opregte dank aan Wild Rescue, Gouritz Cluster Biosphere Reserve en Hessequa Munisipaliteit Biblioteek vir die geleentheid.

🎶 GERRIT DU PLESSIS KOOR 🎶Wat ’n prestasie! Ons is ongelooflik trots op ons koor en hul uitsonderlike resultate! 🏆👏🥇 Tri...
27/08/2026

🎶 GERRIT DU PLESSIS KOOR 🎶

Wat ’n prestasie! Ons is ongelooflik trots op ons koor en hul uitsonderlike resultate! 🏆👏

🥇 Trio: Andrea Daniels, Jia-Li Jafta & Merrian van Staden – GOUD
🥈 Duet: Kia Prins & Wineschka Saayman – SILWER
🥇 Koorsang – GOUD
🌟 Dogterskoor – GOUD PLUS

Julle het ons skool se naam met trots hoog gehou! 🎶
Duppie-trots! 👏

Gerrit du Plessis Landloop atlete wie in die Edenspan opgeneem is. Hulle sal die skool verteenwoordig in die Wes-Kaap La...
27/08/2026

Gerrit du Plessis Landloop atlete wie in die Edenspan opgeneem is. Hulle sal die skool verteenwoordig in die Wes-Kaap Landloopkampioenskap op 12 September 2026.

Agter:
Thatayone Tlhomelang, Heinwill Paulsen, Willmark Daniels, Delicia Joseph en Cameron Frances.

Voor: Timothy Sebyboe, Christiano Michaels, Beanca Frances en Corly-Ann Pietersen.

Address

Riversdale
6670

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 13:30

Telephone

+27287132555

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gerrit du Plessis Sekondêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Gerrit du Plessis Sekondêre Skool:

Share

Category