Panorama Primêr - Riversdal

Panorama Primêr - Riversdal Baie welkom by die facebook blad van Panorama Primêr in Riversdal.

Gelukkige Vadersdag aan al ons Vaders! 💙
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag aan al ons Vaders! 💙

Vandag, 16 Junie, vier ons Jeugdag en onthou ons die moed van die jongmense van 1976 wat opgestaan het vir 'n beter toek...
16/06/2026

Vandag, 16 Junie, vier ons Jeugdag en onthou ons die moed van die jongmense van 1976 wat opgestaan het vir 'n beter toekoms. Hulle het geglo dat verandering moontlik is, selfs wanneer die uitdagings groot was.

Aan die jeug van vandag:
Julle kan verandering bring deur elke dag beter keuses te maak. Verander gedrag wat afbreek na gedrag wat opbou. Vervang haat met respek, luiheid met doelgerigtheid, en negatiwiteit met hoop.

Die jeug van 1976 het geveg om die wêreld rondom hulle te verander. Die uitdaging vir die jeug van vandag is om ook die wêreld te verander, maar dit begin deur onsself te verander. Elke goeie daad, elke helpende hand, elke eerlike besluit en elke daad van omgee maak ons gemeenskappe sterker.

Mag julle die geslag wees wat nie net droom van 'n beter Suid-Afrika nie, maar wat dit elke dag help bou.

💙

Juffrou Desmonia Esau verjaar! 🎉Mag hierdie nuwe jaar vir u gevul wees met God se rykste seëninge en baie mooi herinneri...
14/06/2026

Juffrou Desmonia Esau verjaar! 🎉

Mag hierdie nuwe jaar vir u gevul wees met God se rykste seëninge en baie mooi herinneringe. Geniet elke oomblik! 🎁

📸💙
12/06/2026

📸💙

Geagte ouers & Voogde,Hierdie is ‘n vriendelike versoek aan al ons ouers en besoekers om asseblief gepaste en netjiese k...
12/06/2026

Geagte ouers & Voogde,

Hierdie is ‘n vriendelike versoek aan al ons ouers en besoekers om asseblief gepaste en netjiese kleredrag te dra wanneer leerders by die skool afgelaai of die skool besoek word.

By Panorama Primêr glo ons dat goeie waardes en respek by ons almal begin. U is die voorbeeld wat ons kinders elke dag sien 🌼

Kom ons werk saam om ‘n trotse, netjiese en positiewe skoolgemeenskap te bou waar elke leerder met trots kan behoort 💙💛

Baie dankie vir u samewerking en ondersteuning.



Geagte ouers & Voogde, neem asseblief kennis. 💙
12/06/2026

Geagte ouers & Voogde, neem asseblief kennis. 💙

Juffrou Roxanne Fiellies verjaar! 🤩🎉Dankie vir Juffrou se sagte gees. Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met net sov...
10/06/2026

Juffrou Roxanne Fiellies verjaar! 🤩🎉

Dankie vir Juffrou se sagte gees. Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met net soveel vreugde en vrede as wat Juffrou vir almal om u gee. Geniet Juffrou se spesiale dag! 🍰

Juffrou Laeticia Daries verjaar! 🥳Mag goedheid en guns u in hierdie nuwe lewensjaar agtervolg. Baie geluk met u verjaars...
08/06/2026

Juffrou Laeticia Daries verjaar! 🥳

Mag goedheid en guns u in hierdie nuwe lewensjaar agtervolg. Baie geluk met u verjaarsdag, Juffrou!🎁🎉

Geagte ouers & voogde, neem asseblief kennis van die skooltye vanaf Maandag, 8 Junie 2026💙Aan elke leerder, ons wens jul...
07/06/2026

Geagte ouers & voogde, neem asseblief kennis van die skooltye vanaf Maandag, 8 Junie 2026💙

Aan elke leerder, ons wens julle baie sterkte toe met die eksamen. 🌟 Julle harde werk, voorbereiding en deursettingsvermoë sal beloon word.

“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
Filippense 4:13 📖

💙

Vandag is dit sommer drievoudige feesviering in die gange! 🎶🥳 Baie geluk met julle verjaarsdae Juffrou Huybry Williams, ...
03/06/2026

Vandag is dit sommer drievoudige feesviering in die gange! 🎶🥳

Baie geluk met julle verjaarsdae Juffrou Huybry Williams, Meneer Ravic Fillies & Juffrou Lindrè-Ann Lindoor!

Mag die nuwe lewensjaar vir julle propvol vrede, vreugde en seën wees. 🎁🎈 Geniet elke oomblik!

Address

Riversdale
6670

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Telephone

+27287131086

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Panorama Primêr - Riversdal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Panorama Primêr - Riversdal:

Shortcuts

Share

Category