Hoërskool Langenhoven

Hoërskool Langenhoven Jou pad na sukses begin by Hoërskool Langenhoven - 'n Skool klein genoeg om persoonlik te wees, maar groot genoeg om 'n verskil te maak.

Elke goeie leier maak slim keuses. Maak die eerste slim keuse. Hoërskool Langenhoven - DIE REGTE KEUSE

GELUKKIGE VROUEDAG! Vandag vier ons die ongelooflike vroue in ons Dasseland – sterk, dapper, inspirerend en altyd bereid...
09/08/2026

GELUKKIGE VROUEDAG!

Vandag vier ons die ongelooflike vroue in ons Dasseland – sterk, dapper, inspirerend en altyd bereid om ’n verskil te maak.

Aan elke ma, ouma, dogter, onderwyser, afrigter en vrou wat deel is van ons Dasse-familie: mag julle vandag weet hoe spesiaal en waardevol julle is.

Gelukkige Vrouedag! 🌷

Dasse trots. Altyd. 💚💛

📸 Foto: Dankie Ghite Silva

SPORTUITSLAE | MONTAGU’n Goeie sportdag vir die Dasse teen Montagu vandag 8 Augustus! Baie geluk aan al ons spanne met v...
08/08/2026

SPORTUITSLAE | MONTAGU

’n Goeie sportdag vir die Dasse teen Montagu vandag 8 Augustus! Baie geluk aan al ons spanne met vandag se wedstryde. Dankie vir die harde werk, spanpoging en sportmangees.

RUGBY
O/19 A 14–59 – Verloor
O/19 B 0–43 – Verloor
O/15 A 5–54 – Verloor

HOKKIE – SEUNS
O/18 A 1–1 – Gelykop
O/16 A 1–1 – Gelykop

HOKKIE – DOGTERS
O/18 A 0–0 – Gelykop
O/16 A 1–0 – Wen
O/16 B 1–0 – Wen

NETBAL
O/18 A 30–18 – Wen
O/18 B 18–12 – Wen
O/18 C 29–11 – Wen
O/18 D 11–8 – Wen
O/18 E 7–14 – Verloor
O/16 A 24–20 – Wen
O/16 B 34–4 – Wen
O/16 C 37–14 – Wen
O/15 A 28–23 – Wen
O/15 B 13–25 – Verloor
O/15 C 8–15 – Verloor
O/14 A 26–19 – Wen
O/14 B 27–22 – Wen
O/14 C 16–3 – Wen

SKAAK
HSL 5–1 Montagu – Wen

Baie geluk aan elke speler, afrigter en span. Julle maak ons trots!

Een skool. Een span. Een Dassie-familie.

BAIE GELUK AAN ONS PRESIDENTVERKENNERS! 💚💛Met groot trots wens ons ons Presidentverkenners geluk met hierdie besondere p...
07/08/2026

BAIE GELUK AAN ONS PRESIDENTVERKENNERS! 💚💛

Met groot trots wens ons ons Presidentverkenners geluk met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is nou amptelik beloon.

Hierdie toekenning getuig nie net van wat julle bereik het nie, maar ook van die waardes, karakter en leierskap wat julle elke dag uitleef.

Mag hierdie mylpaal net die begin wees van ’n toekoms vol nuwe geleenthede en sukses. Ons is baie trots op elkeen van julle!

Baie geluk met julle welverdiende Presidentverkenner-toekenning!

07/08/2026

STERKTE AAN ONS VRL-KANDIDATE 2027!

Vandag d**k ons aan elkeen van ons VRL-kandidate. Mag julle met selfvertroue, wysheid en integriteit die sirkus aanpak.

Onthou: Leierskap gaan nie net oor ’n titel nie, maar oor die verskil wat jy elke dag in ander se lewens maak.

Ons is trots op elkeen van julle en wens julle alle sterkte toe!

SPORTPRESTASIES | PERSONEELBaie geluk aan Carlyne met sy aanwysing as skeidsregter by die Netbal Suid-Afrika (NSA) Senio...
05/08/2026

SPORTPRESTASIES | PERSONEEL

Baie geluk aan Carlyne met sy aanwysing as skeidsregter by die Netbal Suid-Afrika (NSA) Senior Kampioenskappe wat in Stellenberg plaasvind.

Hierdie prestasie getuig van sy toewyding, kundigheid en passie vir netbal. Ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle sterkte toe vir die kampioenskappe.

Hou die Dasse-vlag hoog! 💚💛

05/08/2026

VRL-NOMINASIES 2027

Ons sluit vandag die bekendstelling van ons 40 genomineerde VRL-kandidate vir 2027 af!

Hier is die laaste 10 kandidate – steeds in geen spesifieke volgorde.

Baie geluk aan al 40 leerders met hierdie besondere erkenning en prestasie. Ons wens elke kandidaat alle sterkte toe met die pad vorentoe!

LANGENHOVEN VS OVERBERG – DIT IS AMPER TYD!Die aftelling het amptelik begin! Binnekort is dit weer tyd vir een van die g...
05/08/2026

LANGENHOVEN VS OVERBERG – DIT IS AMPER TYD!

Die aftelling het amptelik begin! Binnekort is dit weer tyd vir een van die grootste hoogtepunte op ons skoolkalender – Interskole 2026.

Van 17 tot 22 Augustus gaan Hoërskool Langenhoven en Hoërskool Overberg weer op die sportveld kragte meet in ’n week vol opwinding, tradisie, spanwerk en onvergeetlike oomblikke.

Ons nooi elke Das, oud-Das, ouer, ondersteuner en lid van die gemeenskap om deel te wees van hierdie besondere week. Trek jou groen en geel aan, vul die pawiljoene en help ons om ’n atmosfeer te skep wat ons spanne sal inspireer.

Die volledige program en verdere besonderhede volg binnekort.

Een skool. Een span. Een doel.

Ons sien uit daarna om saam met julle Interskole 2026 onvergeetlik te maak! 💚💛

04/08/2026

VRL-NOMINASIES 2027

Ons is trots om die derde groep genomineerde VRL-kandidate vir 2027 aan julle bekend te stel!

Vandag maak ons die volgende 10 van 40 kandidate bekend – in geen spesifieke volgorde.

Baie geluk aan elke leerder met hierdie besondere erkenning. Hou ons blad dop, want binnekort maak ons die laaste 10 genomineerde kandidate vir 2027 bekend.

BAIE GELUK Me. M. Michaels 🎂🎈🎉Dasse wens Me. Michaels hartlik geluk met haar verjaardag!Baie dankie vir al jou harde wer...
04/08/2026

BAIE GELUK Me. M. Michaels 🎂🎈🎉

Dasse wens Me. Michaels hartlik geluk met haar verjaardag!

Baie dankie vir al jou harde werk en lojaliteit.

Mag jou nuwe lewensjaar vol vreugde, voorspoed en baie seën wees!

Address

Leroux Street
Riversdale
6670

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 09:00 - 15:00
Wednesday 09:00 - 15:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27287131065

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Langenhoven posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoërskool Langenhoven:

Shortcuts

Share

Category