Voorwaarts Primêr

Voorwaarts Primêr 📍 Geleë in die dorpie van die Slapende Skoonheid. Die skool waar elke kind se potensiaal raakgesien, gevoed & gevier word.

LANDLOOP 🏃‍♂️Baie sterkte aan ons 6 atlete wat môre aan die Wes-Kaap Landloopkampioenskappe op Riverville Sportgronde de...
11/09/2026

LANDLOOP 🏃‍♂️

Baie sterkte aan ons 6 atlete wat môre aan die Wes-Kaap Landloopkampioenskappe op Riverville Sportgronde deelneem!

Ons weet julle sal Voorwaarts en ASWD met trots verteenwoordig. Julle het hard gewerk, en nou is dit tyd om julle beste te gee! Ons is ongelooflik trots op julle en sien uit daarna om julle hierdie naweek te ondersteun.

Geniet elke oomblik, vertrou op die voorbereiding en gee alles wat julle het!

Sterkte, Valke! 🦅 Ons staan bankvas agter julle!

SANLAM WOW SPELFEES Baie sterkte aan ons Graad 2-leerder, Emmersonleigh Jacobs, wat môre aan die Wes-Kaap Provinsiale Ro...
11/09/2026

SANLAM WOW SPELFEES

Baie sterkte aan ons Graad 2-leerder, Emmersonleigh Jacobs, wat môre aan die Wes-Kaap Provinsiale Rondte van die WOW Spelfees in die Paarl deelneem!

Ons is trots op jou en wens jou alle voorspoed toe. Geniet die ervaring, glo in jouself en doen net jou beste! 📖

Ons hou duim vas! 🤞

Veels geluk, Oom Elroy! 🎈Jy is altyd paraat of dit nou is om met die skoolbussie ’n siek kind te help, iets te gaan opte...
10/09/2026

Veels geluk, Oom Elroy! 🎈

Jy is altyd paraat of dit nou is om met die skoolbussie ’n siek kind te help, iets te gaan optel wat vergeet is, of sommer net hand by te sit waar nodig. Ons waardeer jou bereidwilligheid en harde werk!

Mag die jaar wat voorlê vir jou net mooi dinge inhou!

EEUFEES SPORTDAG 2026 Maak gereed vir ’n dag vol sport, pret en samehorigheid! 🏆Bring jou familie, vriende, bure én self...
07/09/2026

EEUFEES SPORTDAG 2026

Maak gereed vir ’n dag vol sport, pret en samehorigheid! 🏆

Bring jou familie, vriende, bure én selfs jou troeteldiere saam en kom vier saam met ons 100 jaar van herinneringe, prestasies en trots!

Graad 7 Entrepreneursdag Vandag het ons Graad 7-leerders, onder leiding van juffrou Juney Abrahams, hul entrepreneursvaa...
04/09/2026

Graad 7 Entrepreneursdag

Vandag het ons Graad 7-leerders, onder leiding van juffrou Juney Abrahams, hul entrepreneursvaardighede ten toon gestel tydens hul Entrepreneursdag. 🛍️💡

Baie dankie aan elke ouer wat ’n bydrae gelewer het om van hierdie dag ’n groot sukses te maak. Julle ondersteuning en betrokkenheid word opreg waardeer. ❤️

Veels geluk Meneer. R. Brown 🎈Mag jy aanhou groei, inspireer en elke dag leef volgens die hart van Voorwaarts altyd hoër...
03/09/2026

Veels geluk Meneer. R. Brown 🎈

Mag jy aanhou groei, inspireer en elke dag leef volgens die hart van Voorwaarts altyd hoër, altyd beter!

LANDLOOP 🏃‍♀️Baie sterkte aan ons 11 landloopatlete wat vanoggend vertrek na Pretoria om hierdie Saterdag aan die Nasion...
03/09/2026

LANDLOOP 🏃‍♀️

Baie sterkte aan ons 11 landloopatlete wat vanoggend vertrek na Pretoria om hierdie Saterdag aan die Nasionale ASA Landloopkampioenskappe deel te neem. 🇿🇦

Ons staan bankvas agter julle en wens julle alle sukses toe!

GELUKKIGE SEKRETARESSE DAG! Voorwaarts Primêr is bevoorreg om met die wêreld se twee bestes te spog! Dankie vir julle ei...
02/09/2026

GELUKKIGE SEKRETARESSE DAG!

Voorwaarts Primêr is bevoorreg om met die wêreld se twee bestes te spog!

Dankie vir julle eindelose geduld, hulpvaardigheid en die liefde waarmee julle elke dag jul werk aanpak.

Julle is dikwels die eerste glimlag wat ouers en besoekers ontvang. Julle laat almal welkom voel, hou dinge aan die gang en vind altyd ’n oplossing met grasie en ’n glimlag.

Ons waardeer julle meer as wat woorde kan sê. Dankie vir alles wat julle vir Voorwaarts Primêr beteken!❤

NUWE AANSTELLING 👩🏻‍🏫Vanaf 1 Oktober 2026 beklee Juffrou Juney Abrahams die pos as Departementshoof in die Intermediêre ...
01/09/2026

NUWE AANSTELLING 👩🏻‍🏫

Vanaf 1 Oktober 2026 beklee Juffrou Juney Abrahams die pos as Departementshoof in die Intermediêre & Senior Fase.

Mag hierdie nuwe hoofstuk gevul wees met groei, sukses en vele seëninge. ❤

Dankie aan Goukam Health APD vir die waardevolle Loslitdag-bewusmakingsinisiatief en vir die boodskap wat julle met ons ...
01/09/2026

Dankie aan Goukam Health APD vir die waardevolle Loslitdag-bewusmakingsinisiatief en vir die boodskap wat julle met ons Graad 6 leerders gedeel het.

Address

Olieslager Street
Riversdale
6670

Opening Hours

Monday 07:15 - 15:00
Tuesday 07:15 - 15:00
Wednesday 07:15 - 15:00
Thursday 07:15 - 15:00
Friday 07:15 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voorwaarts Primêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category