Rietfontein Gekombineerde Skool

Rietfontein Gekombineerde Skool Deeglikheid

Neem kennis alle ouers/voogde
07/03/2024

Neem kennis alle ouers/voogde

Jo-Ann Martin het deelgeneem aan 'n Nasionale Rekeningkunde Olimpiade kompetisie waarvan sy  die 1st plek behaal het in ...
21/08/2023

Jo-Ann Martin het deelgeneem aan 'n Nasionale Rekeningkunde Olimpiade kompetisie waarvan sy die 1st plek behaal het in die ZFM Distrik. Sy was die naweek as wenner bekroon, en names die skool gemeenskap wil ons vir haar baie geluk sê en dat ons trots is op haar prestasie.
Sy was vergesel deur juffrou CR Du Plessis wat verantwoordelik is vir die vak Rekeningkunde.

Valentine's day
14/02/2022

Valentine's day

20/01/2022

Matrikulante van 2021
Julle kan julle uitslae môre - Vrydag, 21 Jan. vanaf 08:00 by die skool kom afhaal.

17/01/2022

2022/1

2022-01-17

Geagte Ouer/Voog

Alle leerders (alle grade) moet asseblief Woensdag, 19 Januarie 2022, by die skool aanmeld.

Groot- en Klein Mier se leerders word weer daagliks per bus vervoer. Alle matrikulante van Klein- en Groot Mier moet egter in die koshuis bly - geen uitsondering.

Ons vra dat u die riem afrolpapier en R100 donasie ook met bring.

Ons verwag n toeloop van leerders; daarom moet u toesien dat u kind wel Woensdag aanmeld.

Voorspoed vir die nuwe jaar.

Bly veilig..dra u masker en hou u sosiale afstand.

nms SKOOLHOOF

08/12/2021

Covid 19 - 2021/12

Geagte Ouer/Voog

Ons het aan die einde van n baie uitdagende jaar gekom. Hard getref deur die dood van 2 van ons geliefde kollegas; een van ons werkers en die onnatuurlike dood van 2 van ons leerders. Ook moes ons leerders met groot hartseer afskeid neem van familielede en ook ouers. Selfs van ons kollegas moes familielede begrawe. Weliswaar 'n baie hartseer tydperk.

Ons nooi u om u kind se rapport op Vrydag, 10 Desember, vanaf 08:00, by die skool te kom afhaal. Ons versoek u om moeite te doen om self u kind se rapport te kom afhaal om sodoende seker te maak u kry wel die rapport.

Rapporte sal nie aan leerders gegee word nie.
Ouers van Park, Welkom, Askham, Van Zylsrus, Klein- en Groot Mier, Loubos en Philandersbron moet 'n ouer/s afvaardig om al die rapporte te kom afhaal. Daardie ouer sal dan teken vir ontvangs van die rapporte.

Ons maak staat op u samewerking.

MC Saunderson
nms SKOOLBESTUUR

Ons skool het onlangs die rolle omgedraai en onderwysers het aangetrek soos leerders. Kyk of u die "seuns en dogters" be...
29/09/2021

Ons skool het onlangs die rolle omgedraai en onderwysers het aangetrek soos leerders. Kyk of u die "seuns en dogters" bekend kan raak.

Gedenkdiens van wyle Mnr. Meris KocksAs onderwyskorps in die Kalaharikring sal ons op Donderdag, 29 Julie om 13:00 'n ge...
28/07/2021

Gedenkdiens van wyle Mnr. Meris Kocks

As onderwyskorps in die Kalaharikring sal ons op Donderdag, 29 Julie om 13:00 'n gedenk diens het by die skool. Omdat daar slegs 100 mense die geleentheid kan bywoon sal dit net vir onderwysers van al ons kalahariskole en die naby familie van Mnr. Kocks wees. Hoop u verstaan. Bly veilig.

Dit is ook met leedwese dat ons verneem het van die dood van een van ons Gr. 8 leerders, Johndré Bezuidenhout. Ons wens ...
22/07/2021

Dit is ook met leedwese dat ons verneem het van die dood van een van ons Gr. 8 leerders, Johndré Bezuidenhout. Ons wens sy ouers en naaste familie baie sterkte toe asook almal wat geraak is deur sy dood.

22/07/2021

Covid 19 - 2021/11

Geagte Ouer/Voog

Dit is die begin van die 3de kwartaal en ons verwelkom graag ons leerders teen Maandag, 26 Julie terug.

Grondslagfase
Gr R tot Gr. 3 meld almal aan.

Intermediêre fase
Gr. 4 A1 en 4B1
Gr. 5 almal
Gr. 6 A1

Seniorfase
Gr. 7A en 7B
Gr. 8A en 8B
Gr. 9A en 9B

FET
Gr. 10, 11 en 12 kom almal skool toe.
(Daars nog toetse wat afgehandel moet word).

Dinsdag, 27 Julie
Gr. 7s en Gr. 8s bly almal tuis.
Alle gr. 9s moet skool bywoon om SW te skryf.

Woensdag, 28 Julie
Alle Gr. 9s bly tuis.
Alle Gr. 7s en 8s moet skool bywoon om SW te skryf.

Die res van die program sal by die skool aan leerders gekommunikeer word.

Maak seker dat u kind gemasker by die skool opdaag. Saniteer gereeld en behou te alle tye n veilige afstand.

Groetnis

MC Saunderson
nms SKOOLHOOF

Die vakansie is om en ons Skoolbestuurspan het vandag aangemeld vir die 3de kwartaal.  Die stilte van Mnr. Meris Kocks s...
22/07/2021

Die vakansie is om en ons Skoolbestuurspan het vandag aangemeld vir die 3de kwartaal. Die stilte van Mnr. Meris Kocks se stem met ons aankoms is oorverdowend en ons mis onmiddellik sy hierwees.

Ons as skool is diep getref deur sy dood en ons gaan hom geweldig mis. Hyt sy alles gegee vir ons skool en die Mier gemeenskap. Ons skool is definitief baie armer sonder hom.

Ons as personeel, leerders, werkers, koshuispersoneel en ouers gaan hom baie mis.

Ons as skoolgemeenskap steier nog onder die onwerklikheid dat Juf. Judy Burger nie meer met ons is nie. n Harde slag in ...
24/06/2021

Ons as skoolgemeenskap steier nog onder die onwerklikheid dat Juf. Judy Burger nie meer met ons is nie. n Harde slag in onderwyskringe veral in die Kalahari. So kort na Mnr. Smith. Die tref van reëlings vir n memorial service word nou die funksie/geleentheid om te reël...nie normaal. Daarom...bly tuis...dra die irriterende masker...oral waar u beweeg...sanitize en hou die fisiese afstand.

As onderwyskorps in die Kalaharikring sal ons op Vrydag, 25 Junie om 12:00 'n memorial service het by die skool. Omdat daar slegs 100 mense die geleentheid kan bywoon sal dit net vir onderwysers van al ons kalahariskole en die nabyfamilie van Juf. Judy wees. Hoop u verstaan. Bly veilig.

Address

Daanswanepoelweg 1
Rietfontein
8811

Telephone

+27545310015

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rietfontein Gekombineerde Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Rietfontein Gekombineerde Skool:

Shortcuts

Share

Category