Hier by Krummels speelskool word ons kleuters gekoester en opgebou, hulle ontvang liefde in oorvloed, hulle sosialiseer, bou wonderlike vriendskappe en leer dat hul elkeen uniek en spesiaal is. Christelike waardes is vir ons baie belangrik en dit vloei deur al ons leerareas en interaksie met mekaar, terwyl ons speel-speel leer. AANSOEKPROSEDURE:
•Krummels se aansoekvorm is beskikbaar op die skool
se webwerf (www.krummelsspeelskool.co.za ) wat vanaf Maart aanlyn sal wees. Tot dan kan dit by die skool se ontvangs afgehaal of ter epos aanvra word. Die aansoekvorm is eenmalig.
•Nadat ons die aansoekvorm ontvang het sal u ʼn bevestigings epos ontvang indien daar ‘n opening vir U kleuter is. Om u kleuter se plek te verseker vereis Krummels n registrasie fooi van R250.
•Vir ons kleuters se veiligheid kan nuwe belangstellendes die Speelskool slegs per afspraak besoek. Kontak Hugoline Brink by 082 569 3209 | [email protected].
2016 se Kalender:
Kwartaal 1 - GESLUIT
Kwartaal 2 - 5 April tot 24 Junie
Kwartaal 3 - 18 Julie tot 30 September
Kwartaal 4 - 10 Oktober tot 7 Desember
Krummels Speelskool se dagprogram:
Aankoms en vryspel buite = 07:15 - 08:30
Toiletroetine, doeke, hande was = 08:30 - 08:45
Bybel, tema bespreking, hoof aktiwiteit = 08:45 - 10:00
Eet en pouse = 10:00 – 10:45
Toiletroetine, doeke , hande was = 10:45 – 11:15
Bewegingsaktiwiteit = 11:15 – 11:45
Gedig, storie, sang en opvoedkundige speelgoed. = 11:45 - 12:30