31/08/2026
🏆🐎 **DESERT CHALLENGE & FEI GROEP IX-UITHOUVERMOËSTREEKKAMPIOENSKAPPE 2026** 🐎🏆
Die **Desert Challenge en FEI Groep IX-Uithouvermoëstreekkampioenskappe 2026** het Maandag in **Hentiesbaai** afgeskop en ongeveer **150 ruiters** van Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Angola, asook individuele deelnemers van Australië, Nederland en Frankryk, byeengebring.
Die uitdaging bestaan uit ’n intense **126 km-roete deur die woestyn**, oor duine, deur die maanagtige landskap van Hentiesbaai en langs die kuslyn. 🌵🐪🌊 ’n Ware toets van **uithouvermoë, vaardigheid en die besondere vennootskap tussen ruiter en perd!**
Op **Woensdag, 26 Augustus 2026**, het ons ruiters die uitdagende **126 km** aangepak – en wat ’n ongelooflike prestasie was dit nie! 👏🐎
🥈 **Frikkie en El-Chitan Rasheik**
🏆 **2de plek – Kinderruiter-afdeling**
⏱️ Tyd: **7:19:07**
🐎 **Monique en Jo-Than**
🏅 **12de plek – Junior-afdeling**
⏱️ Tyd: **8:58:38**
🐢 **Makayla en El-Chitan Khamilaha**
🏅 **15de plek – Junior-afdeling**
⏱️ Tyd: **11:19:54**
🏆 **Wenner van die Skilpad-trofee!**
Makayla en Khamilaha het ’n besonder moeilike rit beleef. Khamilaha is nie juis ’n **sand-en-see-perd** nie, maar hierdie ongelooflike span het **deurgedruk, aangehou en die rit voltooi**! 💪🐎❤️ Hulle vasberadenheid en deursettingsvermoë is iets om ongelooflik trots op te wees!
Baie geluk aan **Frikkie, Monique en Makayla**, asook julle wonderlike perde, met hierdie besondere prestasies! 🥳👏
**Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!** 💚💛❤️
🐎🏆