09/10/2026
❤️💙 ’N HOOFSTUK SLUIT, ’N NUWE EEN BEGIN… ❤️💙
Vandag was ’n dag vol emosie, herinneringe en nuwe afwagting by Hoërskool Reitz.
Vir ons Matrieks van 2026 het die laaste skooldag aangebreek. ’n Hoofstuk vol vriendskappe, uitdagings, lag, leer en kosbare herinneringe kom tot ’n einde. Van die eerste tree in die skool se gange tot vandag se afskeid het julle gegroei, geleer en ontwikkel tot die jong volwassenes wat julle vandag is.
Die verlede is gevul met herinneringe wat julle altyd sal saamdra, maar die toekoms lê oop voor julle — vol drome om na te jaag, geleenthede om aan te gryp en nuwe paaie om te stap. Mag julle met moed, geloof en deursettingsvermoë die wêreld daar buite aanpak. Onthou altyd waar julle vandaan kom en dat julle altyd deel van die RHS-familie sal wees. 🌟
Ons wens elkeen van julle alle sterkte en voorspoed toe met die pad vorentoe. Mag julle toekoms selfs mooier wees as wat julle vandag kan droom!
🎁 ’N SPESIALE Bederfie VIR ONS MATRIEKS!
Die ATKV, verteenwoordig deur Riatha en Amorè, het vandag ook ons Matrieks kom sterkte toewens met die pad wat voorlê. Elke Matriek is bederf met ’n geskenkie as ’n mooi gebaar van ondersteuning en aanmoediging.
Baie dankie aan die ATKV, Riatha en Amorè vir hierdie spesiale gebaar en vir julle belangstelling in en ondersteuning van ons Matrieks. ❤️
Vandag neem ons ook afskeid van Mnr Wynand Jacobs in sy rol as Onderhoof van Hoërskool Reitz. Ons bedank hom opreg vir sy toewyding, leiding en bydrae tot ons skoolgemeenskap.
Terwyl een deur toemaak, maak ’n nuwe een oop. Mnr Wynand vertrek na Sand du Plessis as skoolhoof — ’n nuwe uitdaging en ’n besondere geleentheid om sy kennis, ervaring en leierskap verder uit te leef.
Baie dankie vir alles wat u vir RHS beteken het, Mnr Wynand. Ons wens u net die beste toe met hierdie nuwe hoofstuk. Mag dit gevul wees met sukses, groei en nuwe hoogtepunte! 👏
Aan ons Matrieks en Mnr Wynand: Mag die mooi herinneringe aan die verlede julle inspireer, en mag die moontlikhede van die toekoms julle met hoop en opgewondenheid.