13/10/2026
EduXplore Noord: ‘n Dag vol inspirasie, kennis en gesprekke oor alternatiewe onderwys 🌟
📅 17 Oktober 2026 | 📍 Heartfelt Arena, Pretoria | 🎟️ Gratis toegang
Ons lesingprogram is gereed! Hier is wat jou wag:
09:00 | Raising a Whole Child: From Grade K to iMBA 🎓
Hoe skep ons ‘n opvoedingsreis wat ‘n kind nie net deur skool kry nie, maar die hele mens ontwikkel? Ons gesels oor die regte ondersteuning vir elke kind, die verskil tussen tradisionele en alternatiewe onderwys, en wat Cambridge bied bokant ‘n akademiese kwalifikasie.
🎤 Edgar Lennietch (Educ8), Stephané Burger (Diversio Learning), Earl Joseph (SA Homeschooling) en Cambridge Press
09:35 | Aanlyn Leer met ’n Hart 💻
Hoe maak aanlynleer moedertaalonderrig wêreldwyd moontlik? En hoe hou ons dit persoonlik, veilig en kindgerig? Ons kyk ook na hoe ons die hele kind in ‘n toenemend digitale wêreld ontwikkel, sodat tegnologie ‘n hulpmiddel bly en nie die kind se hele wêreld word nie.
🎤 Rochelle Kroon (MOS Wêreldwyd), Malise Visser (Leories Akademie), Mona Preller (ALLES Magazine)
10:10 | Beyond the Curriculum: Building Transferable Skills 🧩
Ontdek hoe Evolve Online School vaardighede soos aanpasbaarheid, probleemoplossing en samewerking in die daaglikse leer inweef, sodat leerders met selfvertroue die moderne wêreld kan betree.
🎤 Liezel Blom (Evolve Online School)
10:45 | Die Rol van die Pa in die Opvoeding van Sy Kinders: ’n Bybelse Perspektief 👨👧👦
Drie geslagte se pa’s gesels oor ‘n pa se verantwoordelikheid deur die verskillende lewensfases, hoe jy jou kinders doelbewus toerus vir die lewe (besigheid, verantwoordelikheid, besluitneming en entrepreneurskap), en wat die volgende generasie werklik van hulle pa’s nodig het.
🎤 Greg Pereira (Generations), Francois du Toit (Invested Father), Willem van Heerden (Invested Young Married Man)
11:20 | What Is the Real Struggle to Protect in the AI Revolution? 🤖
Kinders leer deur te sukkel, te probeer en foute te maak. Hoe beskerm ouers daardie waardevolle “struggle” in ‘n wêreld van KI? En wanneer ondersteun KI leer, en wanneer begin dit die leerwerk vir die kind doen?
🎤 Lenise De Jager (Home Ed Mom en stigter van MommyAI), Magnus Ge**er (How to AI)
11:55 | Eclectic Homeschooling: Do You Need a Curriculum Provider to Homeschool Legally? 📚
Wat is eklektiese tuisonderwys, en kan dit in die primêre jare slaag? Ons kyk na die wetlike vereistes vir assessering, wat die DBE verwag, hoe dit in hoërskool werk met ‘n erkende skoolverlatingsroete, en hoe ouers in die vroeë jare kan evalueer of hul benadering werk, deur die hele brein, die hele gesin en doelgerigte spel.
🎤 Janet Kieswetter (Kieswetter Klaskamer), Uda de Wet (Pestalozzi Trust), Annerine Wenhold (Kairos Academy SA), Thea Lombard (Saintsburg)
12:35 | It Is Proven: Home Educators Are Better Equipped for Life 🏡
Drie veteraan tuisonderwysers deel vyf wetenskaplik gesteunde redes hoekom dit waar is. Sukses is nie net akademies nie, maar begin by die basiese opvoeding tuis. Moderator: Dr Zelda-Mari du Toit (Opvoedkundige Sielkundige).
🎤 Karen Badenhorst (Dynamis), Martie Du Plessis (Dynamis Instituut | Lighthouse360 | Uncapped Education), Dr Jacqueline Morkel (Kurrikulumontwikkelaar)
13:25 | Beyond the Brochure: How Universities Actually Evaluate Homeschool Graduates 🏛️
Praktiese insig vir gesinne oor toelatingsvereistes, hoe portefeuljes en RPL tel, wat gebeur as jy nie aan die vereistes voldoen nie, en hoe tuisskoolleerders by die kampus aanpas. Moderator: Louise Ruthen (Saintsburg).
🎤 Laurika du Bois (Agri Skill Transfer), Jeanmarie van Niekerk (Akademia), Ervin Odayan (Oakfields College), Susan Lotz (Sol-Tech), Diandri Greef (Stadio Higher Education)
14:00 | Educating the Whole Child: Body, Soul and Mind 💛
Toegangreëlings, geestesgesondheid en neurodiversiteit. Ons vra: wat gebeur onder ‘n kind se gedrag? Hoe beïnvloed neurodiversiteit emosionele welstand? Hoe omskep ons begrip in praktiese ondersteuning, en hoe word elke kind se behoeftes by finale eksamens raakgesien? Moderator: Hennie Joubert (Tutors & Exams).
🎤 ‘n Berader van Vista Psychiatric Hospital, Karin Filmalter (NeuroMe), Maryka Ludik (PlayPot), Mari-etta van der Bank (Tutors & Exams)
14:35 | How Can Families Approach Homeschooling with Peace of Mind and Confidence? 🕊️
🎤 Karin van Oostrum (Pestalozzi Trust)
15:00 | Q&A en Testimonies of Young Adults Thriving ⭐
Jong volwassenes wat klaar is met “skool” deel hul reis, en jy kan jou vrae oor alternatiewe onderwys direk aan hulle stel:
Janpetrus Steyn (20): skaapskeerder in Suid-Afrika, Amerika en Nieu-Seeland
Janéy Kieswetter (18): studeer aanlyn Besigheidsbestuur by SACAP
Anke van der Westhuizen (23): Uncapped Education Ambassador
Millize Badenhorst (27): entrepreneur en boer, bedryf MilliSweet
Hennie Steyn (24): konstruksie-projekbestuurder en boer
👨👩👧 Bring die hele gesin, want toegang is gratis!
🌐 www.eduxplore.co.za