12/01/2026
"Hoekom sukkel soveel slim kinders met Rekeningkunde? 😥"
Dis ’n vraag wat ek gereeld hoor...
Die waarheid is:
Rekeningkunde is ’n praktiese vak.
Dit vra begrip, logika en oefening — nie net formate, huiswerk en leer-werk nie.
In ’n klaskamer is daar dikwels:
• Groot klasse
• Beperkte tyd
• Druk om vinnig deur werk te gaan
Dit beteken baie leerders leer hoe die formate lyk en min-of-meer waar kom wat,
maar nie hoekom dit werk of hoe om dit toe te pas nie.
En wanneer die begrip ontbreek, volg frustrasie, stres en selftwyfel.
Dis presies waar ’n tutor ’n verskil maak.
In my klasse:
✔ Verduidelik ek die denke agter Rekeningkunde
✔ Bou ons begrip stap vir stap
✔ Vra leerders vrae sonder skaamte
✔ Fokus ons op toepassing, nie memorisering nie
Rekeningkunde hoef nie ’n vak te wees wat jou kind laat voel hy of sy is “nie slim genoeg nie”.
Met die regte ondersteuning kan dit begin sin maak — en selfs dan selfvertroue bou 🌱
Ek bied klein groepklasse en individuele Rekeningkunde-ondersteuning aan vir Graad 8–12 leerders.
(Ondersteuning vir Universiteitstudente is ook beskikbaar.)
Soek my op Wolkskool : Charne van Vuren
Of kontak my direk op FB