26/02/2016
Besonder baie dankie aan die skrywers en uitstallers vir die heerlike gesels en die interessante boeke wat BOEKEDAG vir ons so 'n heerlike en verrykende dag gemaak het. En nou staan daar sommer 'n hele klompie boeke op ons rakke wat die lekkerte van BOEKEDAG nog vir weke hier sal laat rondluier!