Laerskool Randfontein

Laerskool Randfontein Hier vorm ons nie net leerders nie, maar leiers met harte vir hul gemeenskap.

Sedert sy opening op 3 Augustus 1937, staan RAM soos ’n baken van lig – ’n trotse skool waar akademiese uitnemendheid, sportprestasie en kulturele rykheid hand aan hand loop.

04/10/2026
03/10/2026

PORT ELIZABETH 2026 – WAT ’N TOER!

42 kinders.
12 volwassenes.
2 busbestuurders.
7 dae.
9 uitstappies.
Honderde kilometers op die pad.
Ontelbare lagbuie, baljaar, avonture en natuurlik… die see!

Van vroegoggend se opgewondenheid tot laatnag se stories en gelag, hierdie was soveel meer as net ’n boogskiettoer. Dit was 7 dae van saam wees, nuwe dinge ontdek, mekaar ondersteun en sommer net kind wees.

Daar is nie medaljes wat ons huis toe bring, maar die grootste prys is die lewenslange herinneringe en vriendskappe wat hier gemaak is.

’n Groot dankie aan elke kind wat hierdie toer so besonders gemaak het, elke volwassene wat gehelp, gedra, georganiseer en soms seker maar diep asemgehaal het, en natuurlik ons twee busbestuurders wat ons veilig deur al daardie kilometers geneem het!

En so kom ’n fantastiese toer tot ’n einde…
Moeg, vol stories, ’n bietjie sonbruin, waarskynlik met ’n sak vol nat strandgoed… maar met harte vol herinneringe!

Tot volgende keer, PE!
Die pyle mag dalk terug in die pylkoker wees, maar die herinneringe bly vir altyd.

Dankie aan Juffrou Annie en Juffrou Kylie vir julle liefde vir ons kinders en wat die toer ń werklikheid gemaak het!

Oud-Rammie NuusSTERKTE JARED-LEE DAWES! Ons is ongelooflik trots op Jared-Lee Dawes, wat gekies is vir die O/17 7’s Leeu...
02/10/2026

Oud-Rammie Nuus

STERKTE JARED-LEE DAWES!

Ons is ongelooflik trots op Jared-Lee Dawes, wat gekies is vir die O/17 7’s Leeus Nasionale Toernooispan!

Hy neem deel aan die SASRA O/17 Nasionale 7’s Toernooi, wat vanaf 3–4 Oktober 2026 by Hoër Volkskool Heidelberg plaasvind.

Baie sterkte, Jared-Lee! Ons staan agter jou en wens jou en die span ’n fantastiese toernooi toe!

Die Boogskiettoer is vet pret!
02/10/2026

Die Boogskiettoer is vet pret!

En so is ons boogskuts gereed vir hul optog!
01/10/2026

En so is ons boogskuts gereed vir hul optog!

Address

Randfontein
1759

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:30

Telephone

(011) 412 2902

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Randfontein posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share