02/10/2026
MNR. & MEJ. RIEBEECKRAND 2026
Mense se Keuse / People’s Choice is NOU oop!
Ouers, julle kan nou vir julle gunsteling finalis stem deur eenvoudig op die kode te skandeer!
KAARTJIES
Ons herinner julle ook om asseblief julle kaartjies vir die Gala-aand op 9 Oktober 2026 vroegtydig te koop. Die Quicket skakel (om aanlyn te koop) sal ook binnekort gedeel word)
Daar is beperkte sitplek beskikbaar, en ons wil nie enige iemand wegwys by die deur nie! Ons gaan egter ongelukkig ook nie die saal bo kapasiteit vul nie, aangesien ons ook wil verseker dat almal ‘n aangename ervaring het.
⚠️ BELANGRIK: Kaartjies word per sitplek verkoop, ongeag die ouderdom van die persoon wat die sitplek gebruik. Dit beteken dat indien ’n kleuter/jong kind ’n eie sitplek benodig en nie op ’n ouer se skoot gaan sit nie, moet daar ook vir die kind ’n kaartjie teen R100 gekoop word.
Ons sien baie uit daarna om saam met julle ’n elegante en onvergeetlike aand te beleef!
Parents, People’s Choice voting is NOW OPEN!
You can vote for your favourite finalist by simply by scanning the QR code!
TICKETS
We also encourage everyone to purchase their tickets for the Gala Evening on 9 October 2026 as early as possible. The Quicket link for online purchases will be shared shortly.
There is limited seating available, and we would love for everyone who wants to join us to be able to attend. However, we cannot exceed the hall’s capacity, as we want to ensure an enjoyable experience for everyone.
⚠️ PLEASE NOTE: Tickets are sold per seat, regardless of the age of the person occupying that seat.
Therefore, if a toddler or young child requires their own seat rather than sitting on a parent’s lap, a R100 ticket will also be required for that seat.
We cannot wait to share this elegant and unforgettable evening with our Rierand family!