El Shaddai StudieSentrum

El Shaddai StudieSentrum Pa 91:9 Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

Skryf vandag nog u kind in en wees verseker dat hulle in 'n omgewing is waar hulle verstaan en ondersteun word. By Elsha...
26/10/2024

Skryf vandag nog u kind in en wees verseker dat hulle in 'n omgewing is waar hulle verstaan en ondersteun word. By Elshaddai Studiesentrum kry elke kind die geleentheid om hul volle potensiaal te bereik.

Registrasie is oopGR RR TOT 7Soek u plekkie waar u kind kan groei en sy/of haar volle potensiaal bereik is El Shaddai St...
30/08/2024

Registrasie is oop

GR RR TOT 7
Soek u plekkie waar u kind kan groei en sy/of haar volle potensiaal bereik is El Shaddai Studie Sentrum die plek. Ons het klein klassies waar ons aandag kan gee en kan help waar nodig.

GR RR en R leer deur speel en kan groei in rustige omgewing. Kontak ons nog vandag en registreer u kind vir 2025.

10/08/2024

O God van Israel, ons roep U aan, stort U guns, seën en genade so oor ons uit, vergroot ons grondgebied. Ons bid dat U hand oor ons skool sal wees en U die onheil oor ons sal afweer, neem ons skool, gesin , werkers ons kollegas en kliente onder U beskerming en bewaar ons van onheil en versoekings. Weerhou onheil en versoekings van ons sodat geen smart ons sal tref nie. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret seën ons met U beskerming teen finansiele plunderaars wat hulself ten koste van ons wil verryk. Seën ons met U beskerming teen opportuniste, seën ons met mense wat in ons belê en ons nie dreineer nie, seën ons met n geopende hemel oor ons finansies en besigheid, seën ons met finansiele guns in markplek en met mense wat ons tot voordeel wil help. Here, U is ons Banier, wees ons genadig om U te vetrou in moeilike tye en nie af te dwaal in ongehoorsaamheid nie. Mag die oorwinning in U verlossing ten alle tye ons sin wees. Seën ons met vreugde om guns te hê in die oë van gelowiges en ander Christene, dat mense in u Naam ons eerder sal help om suksesvol te wees, wat in ons sal glo, ons aanmoedig en voort te help om ons visie te dien. Ons verklaar in Jesus Naam ons skool, ons gesin, werkers, kollegas en kliënte is geseënd in Jesus Naam. In die Naam van Jesus Christus is ons nie meer die stert nie, ons is nie meer onder nie, ons verklaar dat ons altyd bo sal wees.
Amen

09/08/2024
09/08/2024

By El Shaddai studie Sentrum streef ons daarna om kinders te help om hul volle potensiaal te bereik

Ons Tuisonderrig bestaan ​​uit klein klasse waar ons die
leerders hul werk en take voltooi, in 'n veilige en beheerde
omgewing.

Shalom nasorg is gefokus op huiswerk en sukkel areas in 'n beheerde omgewing
Ons lees klasse fokus op klanke en oefening.

Address

49 Market Straat Randgate
Randfontein South
1759

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when El Shaddai StudieSentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share