Laerskool Unika

Ons eerste en tweede hokkiespan is tans besig met hul liga en het gister hul wedstryde op Hoërskool Randburg se hokkie-a...
09/09/2026

Ons eerste en tweede hokkiespan is tans besig met hul liga en het gister hul wedstryde op Hoërskool Randburg se hokkie-astro gespeel. Hier is ’n paar van ons spelers in aksie! 🏑📸

*Ekklesia Park Gemeenskapsbetrokkenheid*“We stand on the shoulders of those who came before us, learning from their wisd...
09/09/2026

*Ekklesia Park Gemeenskapsbetrokkenheid*

“We stand on the shoulders of those who came before us, learning from their wisdom, their mistakes, and the paths they walked before us.”

Vandag het Gr5N by Ekklesia Park gaan kuier. Dit was heerlik om te sien hoe oud en jonk saam kreatief kan wees en na mekaar se stories kon luister.

Dankie aan Ekklesia Park dat ons saam met julle kon kuier!

🚦 Ons Graad 2-leerders het padveiligheid op ’n prettige en praktiese manier aangepak! Deur middel van rolspel het hulle ...
08/09/2026

🚦 Ons Graad 2-leerders het padveiligheid op ’n prettige en praktiese manier aangepak! Deur middel van rolspel het hulle geleer hoe om veilig die pad oor te steek, verkeersreëls te gehoorsaam en verantwoordelike padgebruikers te wees.
Só leer ons terwyl ons speel! 🚗🚶‍♀️🚶‍♂️

Baie geluk aan Emma Bob met haar uitstekende prestasies!By die Con Spirito Forte-rondte het sy die volgende uitslae beha...
07/09/2026

Baie geluk aan Emma Bob met haar uitstekende prestasies!

By die Con Spirito Forte-rondte het sy die volgende uitslae behaal:

🎨 Kuns – Akriel: 96% en Nasionale Itemwenner
🎭 Gedramatiseerde Prosa: 92%
🎭 Gedramatiseerde Poësie: 94%
📖 Voorbereide Lees: 93%

Emma het ook aan die Sentraal-Gauteng-kunswedstryd deelgeneem:

🎶 Blokfluitduet (leerder en onderwyser): 88%
🎶 Beginner-blokfluitsolo: 83%

Ons is baie trots op jou veelsydigheid en pragtige prestasies, Emma!

Baie geluk aan Annebelle du Plessis (Graad 7K) wat vanjaar die volgende toekennings vir haar kuns by NEA ontvang het:🎨 2...
07/09/2026

Baie geluk aan Annebelle du Plessis (Graad 7K) wat vanjaar die volgende toekennings vir haar kuns by NEA ontvang het:

🎨 2 Diplomas
🎨 3 Goue sertifikate
🎨 1 Silwer sertifikaat

Ons is baie trots op jou pragtige prestasies, Annebelle!

🌟 Baie geluk, Abigail! 🌟Baie geluk aan Abigail Lombard met haar uitstekende prestasies in drama en dans. Ons is baie tro...
04/09/2026

🌟 Baie geluk, Abigail! 🌟
Baie geluk aan Abigail Lombard met haar uitstekende prestasies in drama en dans. Ons is baie trots op jou!

🎭 Con Spirito – Drama
• Monoloog – 90%
• Gedramatiseerde poësie (Afrikaans) – 93% – Gedeelde itemwenner en deur na Forté
• Gedramatiseerde poësie (Engels) – 95% – Itemwenner en deur na Forté

🏆 Con Spirito Forté
• Gedramatiseerde poësie (Engels) – 97% – Nasionale itemwenner
• Gedramatiseerde poësie (Afrikaans) – 93%

💃 Kollig Dans
• Acro – 90,75%
• Lyrical – 85%
• Contemporary – 84%
• Duo – 87,75%

🏅 Talent Africa Regionals
• Duo-groep – Goue medalje

🏅 Planet Youth
• Acro Solo – High Silver

🏅 Show Your Talent
• Acro Solo – Goue medalje
• Acro Duo-groep – Goue medalje

Abigail, baie geluk met ’n besonderse reeks prestasies op die verhoog én die dansvloer. Ons is ongelooflik trots op jou!

🤸‍♀️ Baie geluk, Leone Bessinger! 🌟Baie geluk aan Leone wat ’n goue medalje vir haar Vlak 1 Artistieke Gimnastiek tydens...
04/09/2026

🤸‍♀️ Baie geluk, Leone Bessinger! 🌟
Baie geluk aan Leone wat ’n goue medalje vir haar Vlak 1 Artistieke Gimnastiek tydens die distrikskompetisie verower het! 🥇
Omdat Leone nog onder 7 is, kan sy nog nie aan die inter-distrik- of provinsiale kompetisies deelneem of haar juniorkleure ontvang nie, maar hierdie is reeds ’n besondere prestasie!

Ons is baie trots op jou, Leone!

Address

Oak Street, Robindale
Randburg

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27118884556

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Unika posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Unika:

Shortcuts

Featured

Share