Laerskool FD Conradie

Laerskool FD Conradie Ons akkommodeer nou vanaf 4 maande oue babatjies tot graad 7-leerders, almal onder een dak! Laerskool FD Conradie is ‘n Afrikaans Enkel Medium Skool.

Laerskool FD Conradie is ‘n dinamiese en multi-kulturele laerskool geleë in Prince Alfred’s Hamlet aan die voet van die Waboomsberg. Omring deur vrugtebome, is dit die plek waar ons kinders die platteland ervaar. Hier is ons waardegedrewe en word ‘n kind in totaliteit opgevoed. Hier is vir elkeen ‘n plekkie om sy/haar indetiteit uit te leef. Goeie ouer-onderwyserverhouding is vir ons belangrik en

word daarna gestreef na ‘n gelukkige kind. By Laerskool FD Conradie bied ons u die volgende:

• Lae Skoolfonds
• Busvervoer
• WKOD Kurrikulum
• Vriendelike Opvoeding
• Talle Aktiwiteite
• Nasorgdiens
• Hope Pret
• Buitelugopvoeding en Kampe

Ons 0/13-rugby- en netbalspanne het met trots aan Laerskool Swartland se Fast 5- en 7’s-toernooi deelgeneem.Met hierdie ...
05/09/2026

Ons 0/13-rugby- en netbalspanne het met trots aan Laerskool Swartland se Fast 5- en 7’s-toernooi deelgeneem.

Met hierdie toernooi sluit ons jong sportmanne en -dames dan ook hul seisoen af. Wat ’n jaar van harde werk, groei, spanwerk en mooi herinneringe!

Baie geluk aan elke speler wat deur die seisoen hul beste gegee het. Ons is trots op julle!

04/09/2026

Met interskole wat nou al 'n week agter ons is, wil ons graag terug kyk op oomblikke wat nie vir die publiek sigbaar was nie.
Want wie hou nou nie van "bloopers nie?"

🌸 Met die lente wat so mooi begin blom, sluit ons ook ons wintersportseisoen op ’n hoogtepunt af!Blou en geel het met gr...
03/09/2026

🌸 Met die lente wat so mooi begin blom, sluit ons ook ons wintersportseisoen op ’n hoogtepunt af!

Blou en geel het met groot ywer teen mekaar meegeding, terwyl vriendskaplike wedstryde en goeie sportmanskap regdeur ons wintersportseisoen die gees van samehorigheid gevier het.

Ons kan met trots terugkyk op fantastiese rugby-, hokkie- en netbalseisoene – vol harde werk, deursettingsvermoë, spanwerk en baie mooi oomblikke op die veld.

Nou skud ons vere reg vir ons somersport.🎾🏏🏃‍♀️
Tennis, krieket en atletiek wag – en ons is reg vir nog ’n seisoen van groei, pret en prestasies! 🌟

Die hartklop van ons skool, die twee dames met eindelose tyd.Gelukkige Sekretaressedag, ons waardeer julle!
02/09/2026

Die hartklop van ons skool, die twee dames met eindelose tyd.

Gelukkige Sekretaressedag, ons waardeer julle!

Moenie hierdie dag wat op 9 Oktober 2026 plaasvind, misloop nie. Dit beloof, om soos elke ander jaar, een vir die boeke ...
02/09/2026

Moenie hierdie dag wat op 9 Oktober 2026 plaasvind, misloop nie. Dit beloof, om soos elke ander jaar, een vir die boeke te wees!
Kontak meneer Nico vir inligting en inskrywings by [email protected]

Sonder borge is ons niks. 'n GROOT dankie aan die onderstaande borge vir hul ruim bydrae tot ons interskole-bederf.20@Me...
02/09/2026

Sonder borge is ons niks. 'n GROOT dankie aan die onderstaande borge vir hul ruim bydrae tot ons interskole-bederf.

20@Mey wat Topolino Privaatskool / Private School gereël het vir die personeel se akkommodasie, asook ons plaaslike borge, Mamamac's Handmade Rusks and Cookies, Cecilia's Farm, Geldenhuys Slagtery en Koelfontein vir die borg van die personeelgeskenke wat ons aan Topolino se personeel kon oorhandig. Ons waardeer elke bydrae, klein of groot.

01/09/2026

Dis heerlike Lente, die winter is so te sê verby.
Ons maats maak robotte of is dit nou bye en blomme?

Wat 'n gepaste manier om die Lente, in ons Robotika-klaskamer, aan te wakker.

Byt vas, FD!Die vakansie is so naby soos Airlink aan die stadion.
01/09/2026

Byt vas, FD!
Die vakansie is so naby soos Airlink aan die stadion.

Ons is trots op jou, Juffrou Chante!Jou harde werk het beslis vrugte afgewerp.
01/09/2026

Ons is trots op jou, Juffrou Chante!
Jou harde werk het beslis vrugte afgewerp.

🍒 𝘿𝙄𝙀 𝙋𝙄𝙏𝙏𝙀 𝙂𝘼𝘼𝙉 𝙎𝙆𝙐𝘿!🍒𝗗𝗜𝗘 𝗖𝗘𝗥𝗘𝗦 𝗞𝗘𝗥𝗦𝗜𝗘𝗙𝗘𝗘𝗦 𝗦𝗘 𝗞𝗔𝗔𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘𝗦 𝗜𝗦 𝗡𝗢𝗨 𝗕𝗘𝗦𝗞𝗜𝗞𝗕𝗔𝗔𝗥!🎟️https://www.quicket.co.za/events/389341-cer...
31/08/2026

🍒 𝘿𝙄𝙀 𝙋𝙄𝙏𝙏𝙀 𝙂𝘼𝘼𝙉 𝙎𝙆𝙐𝘿!🍒

𝗗𝗜𝗘 𝗖𝗘𝗥𝗘𝗦 𝗞𝗘𝗥𝗦𝗜𝗘𝗙𝗘𝗘𝗦 𝗦𝗘 𝗞𝗔𝗔𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘𝗦 𝗜𝗦 𝗡𝗢𝗨 𝗕𝗘𝗦𝗞𝗜𝗞𝗕𝗔𝗔𝗥!🎟️

https://www.quicket.co.za/events/389341-ceres-kersiefees/

Op 𝟱 𝗗𝗲𝘀𝗲𝗺𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 vier ons die kersieseisoen in die hart van die 𝗞𝗲𝗿𝘀𝗶𝗲𝗵𝗼𝗼𝗳𝘀𝘁𝗮𝗱 met ’n dag propvol van alles wat lekker is en Ceresvallei so spesiaal maak.

🎶 𝗕𝗼𝗸 𝘃𝗮𝗻 𝗕𝗹𝗲𝗿𝗸 & 𝗥𝗶𝗮𝗮𝗻 𝗕𝗲𝗻𝗮𝗱𝗲 op die verhoog vir ’n aand van heerlike Afrikaanse musiek en lekker saamkuier.

🍒 𝗩𝗮𝗿𝘀 𝗖𝗲𝗿𝗲𝘀 𝗸𝗲𝗿𝘀𝗶𝗲𝘀 en hope kersie-geïnspireerde lekkernye.

👧👦 ’n Hele 𝗷𝗼𝗹 𝘃𝗶𝗿 𝗱𝗶𝗲 𝗸𝗶𝗻𝗱𝗲𝗿𝘀 met prettige aktiwiteite, vermaak en avontuur!

🌐 ’n Splinternuwe 𝘄𝗲𝗯𝗯𝗹𝗮𝗱 is ook bekendgestel met alles wat jy oor die fees moet weet.
Ondersteun vir Laerskool FD CONRADIE wanneer jy jou kaartjies aanskaf.
Elke kaartjie maak ’n verskil in ons kinders se toekoms!

𝘾𝙚𝙧𝙚𝙨 𝙜𝙖𝙖𝙣 𝙗𝙚𝙝𝙤𝙤𝙧𝙡𝙞𝙠 𝙛𝙚𝙚𝙨𝙫𝙞𝙚𝙧!
Sien jou daar!

Address

Kerkstraat 25
Prince Alfreds Hamlet
6840

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool FD Conradie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool FD Conradie:

Shortcuts

Share