St. Mark's Primary School

St. Mark's Primary School Om kwaliteit opvoeding in ’n veilige omgewing aan leerders te voorsien om by te dra tot die ontwikkeling van verantwoordelike en onafhanklike individue

📢 Belangstellendes word aangemoedig om aansoek te doen!’n Wonderlike geleentheid vir ’n toegewyde opvoeder om deel van o...
08/09/2026

📢 Belangstellendes word aangemoedig om aansoek te doen!
’n Wonderlike geleentheid vir ’n toegewyde opvoeder om deel van ons skoolspan te word. 🌟

Deel gerus met iemand wat dalk belangstel!

🏐🏉 **FUTURE CHARLIE FESITIVAL 2026** 🏉🏐Wat ’n voorreg om ons **O/12-netbalmeisies** en **O/12-rugbyseuns** in aksie te s...
03/09/2026

🏐🏉 **FUTURE CHARLIE FESITIVAL 2026** 🏉🏐

Wat ’n voorreg om ons **O/12-netbalmeisies** en **O/12-rugbyseuns** in aksie te sien! 💙👏

Ons is ongelooflik trots op elke speler wat deelgeneem het aan die **Future Charlie Festival**. Julle het met **toewyding, passie, spanwerk en deursettingsvermoë** gewys wat dit beteken om nooit op te gee nie. 💪🔥

Aan ons netbalmeisies 🏐 – julle het elke keer met hart en vasberadenheid op die baan gestaan.
Ons rugbyseuns 🏉 – julle het met moed, energie en spanwerk julle alles gegee.

Die uitslae is belangrik, maar die **karakter, vriendskappe en ervaringe** wat julle opgebou het, is wat regtig saak maak. 🌟

Ons is **BAIE TROTS op julle!** 💙
Hou aan werk, hou aan droom en hou aan om julle beste te gee!

**Ons spelers vandag – die kampioene van môre! 🏆✨**

Vandag vier ons nie net ’n dag nie… ons vier **julle**. 🥹❤️Elke Sekkie is uniek, elkeen met sy eie storie, sy eie mooi h...
02/09/2026

Vandag vier ons nie net ’n dag nie… ons vier **julle**. 🥹❤️

Elke Sekkie is uniek, elkeen met sy eie storie, sy eie mooi hart en sy eie spesiale plek in ons lewens. Julle bring soveel liefde, warmte, lag en mooi herinneringe saam met julle. 🫶🏻

Mag julle altyd weet hoe **kosbaar en geliefd** julle is. Mag julle nooit vergeet dat julle ’n verskil maak, selfs op dae wanneer julle dit self nie besef nie. 🌷

Ons is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik, elke lag, elke drukkie en elke herinnering wat ons saam met julle kan maak. ❤️

Bly altyd net julleself.** Hou aan droom, hou aan glo en hou aan om met julle mooi harte die wêreld ’n beter plek te maak. ✨

Ons is lief vir julle **meer as wat woorde ooit kan sê.** ❤️

🌸 **Gelukkige Sekkie-dag, ons kosbare Sekkies!** 🌸
Mag julle vandag en elke dag besef hoe spesiaal julle werklik is. 🥹❤️

Liefde
STM Personeel

20/08/2026

🏉🇿🇦 BOKKE vs ALL BLACKS! 🇿🇦🏉

In die gees van die groot wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks, wys ons môre ons ondersteuning! 🔥🙌

Trek môre aan volgens jou gunsteling rugbyspan óf volgens die span wat jy in jou dorp of streek ondersteun! 🏉💚💛

Of jy nou ’n Bokke-ondersteuner 🇿🇦 is, ’n All Blacks-fan 🖤🇳🇿, of jou plaaslike span se kleure dra – kom wys jou rugbygees! 🎉🏉

Laat ons môre die gees van rugby vier! 🔥💪

Snoepie sal ook beskikbaar wees.

13/08/2026

Ons is bewus van die gerugte wat tans die rondte doen. Ongelukkig gaan die skool voort soos normaal. Slegs die Hoof van Onderwys het die bevoegdheid om skole amptelik te sluit. Ons sal julle onmiddellik in kennis stel indien daar enige veranderinge of amptelike aankondigings is. Dankie vir julle begrip en samewerking.

STM PERSONEEL

20/07/2026

Geagte Ouers en Leerders

Ons verwelkom almal graag terug vir die derde kwartaal.

📚 Skole heropen op Dinsdag, 21 Julie 2026.
🕢 Skool begin stiptelik om 07:30.

Ons sien daarna uit om elke leerder weer veilig by die skool te verwelkom. Maak asseblief seker dat leerders betyds is, netjies aangetrek is en gereed is vir 'n kwartaal vol nuwe geleenthede en sukses.

Mag hierdie kwartaal gevul wees met harde werk, vriendelikheid, groei en baie mooi herinneringe.

Ons sien julle môre! 🌟

26/05/2026

Geagte Ouers en Voogde

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf vandag tot en met 4 Junie om 14:00 vir leerders sal verdaag. Hierdie reëling is getref sodat opvoeders opvangswerk kan doen en kan inhaal wat verlore gegaan het tydens die onlangse stormagtige weer en dae waarop leerders tuis moes bly.

Ons waardeer u begrip

Groete
Personeel

14/05/2026

Geagte Ouers en Voogde

Ten spyte van die uitdagings en skade wat deur die stormagtige weer aan die skool aangerig is, sal die skool op Vrydag, 15 Mei, oop wees en alle aktiwiteite soos normaal voortgaan.

Ons bedank u vir u begrip, ondersteuning en samewerking gedurende hierdie tyd.

Vriendelike groete

10/05/2026

Goeienaand Ouers

As gevolg van stormagtige weer, sal skole in kring 5 (insluitend St Marks Primêr) môre, 11Mei gesluit wees.
Skole heropen 12 Mei 2026

Hierdie is n direkte opdrag van WKOD..

Jammer vir enige ongerief veroorsaak..

Groete

30/04/2026

Geagte ouers en belangstellendes
Neem asseblief kennis dat geen verkiesing vir die Skoolbeheerliggaam (SBL) gehou sal word nie, aangesien slegs een geldige nominasie ontvang is.
Die genomineerde kandidaat word derhalwe outomaties as verkose lid van die SBL aangewys.

Vriendelike groete

Address

Reidstraat
Prince Alfred Hamlet
6840

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:30
Tuesday 08:00 - 14:30
Wednesday 08:00 - 14:30
Thursday 08:00 - 14:30
Friday 08:00 - 14:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when St. Mark's Primary School posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to St. Mark's Primary School:

Shortcuts

Share