Hoërskool Zwartberg Amptelik

Hoërskool Zwartberg Amptelik High School

Mnr Booysen verjaar🥳Mag die Here u ryklik seën. Dankie vir die liefde, wysheid en geduld waarmee u elke dag 'n verskil i...
05/08/2026

Mnr Booysen verjaar🥳

Mag die Here u ryklik seën. Dankie vir die liefde, wysheid en geduld waarmee u elke dag 'n verskil in leerders se lewens maak.

"So sal die Here jou altyd lei; Hy sal jou versadig in dor plekke en jou krag gee." – Jesaja 58:11

Mag hierdie nuwe lewensjaar gevul wees met goeie gesondheid, vreugde, guns en oorvloedige seëninge. Geniet u spesiale dag en mag die Here se goedheid u elke dag vergesel.

❤️🖤💛

03/08/2026

Ons V.R.L het vanoggend die Saaldiens waargeneem. Ons deel graag die bemoediging gedoen deur Angelina Abrahams in Graad 8.

Jesus maak die storm stil🙇‍♂️🙌


❤️🖤💛

🍠🍠🍠🍠
30/07/2026

🍠🍠🍠🍠

Kwartaal 3👩‍🏫👨‍🏫" ’n Goeie onderwyser gee nie net kennis nie; hy of sy wek drome, bou karakter en verander lewens veralt...
30/07/2026

Kwartaal 3👩‍🏫👨‍🏫

" ’n Goeie onderwyser gee nie net kennis nie; hy of sy wek drome, bou karakter en verander lewens veraltyd. "

Ons verwelkom by ons span die volgende onderwysers :

Juffrou Mackay
Juffrou Witts
Mnr Ontong
Mnr Schroeder en
Mnr Antonie


❤️🖤💛

‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
30/07/2026

‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️

26/07/2026

R.C.L Leadership Camp 📸 😀

❤️🖤💛

V.R.L. Leierskapkamp – Abrahamskraal(24-26 Julie 2026)Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan Mev. Ga...
26/07/2026

V.R.L. Leierskapkamp – Abrahamskraal
(24-26 Julie 2026)

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan Mev. Gay van Hasselt (GPF-voorsitter),AO Frey,Sersant Babers,Oom Petrus April en ons inspirerende aanbieder,Mev. Janneke Botes (Life Coach), vir hul onbaatsugtige bydrae tot die sukses van ons V.R.L Leierskapkamp.

Dit was 'n besonderse naweek van leer, groei en inspirasie. Ons is vol vertroue dat hierdie kamp 'n blywende indruk op ons leerders se lewens gemaak het en dat hulle toegerus is om verder te groei as leiers met karakter, integriteit en 'n sterk geloofsgrondslag.

Baie dankie aan elkeen wat 'n rol gespeel het om hierdie kamp 'n onvergeetlike ervaring te maak. Julle belegging in ons jongmense sal nog vir baie jare vrugte dra.



❤️🖤💛

Ons stel met trots ons proefstudent, Juffrou Adronique Lodewyk, aan u bekend.Juffrou Lodewyk is tans 'n student aan die ...
22/07/2026

Ons stel met trots ons proefstudent, Juffrou Adronique Lodewyk, aan u bekend.

Juffrou Lodewyk is tans 'n student aan die Noordwes-Universiteit en doen haar eerste praktiese onderwyservaring by haar alma mater, Hoërskool Zwartberg.

Ons is trots dat sy ons skool gekies het om hierdie belangrike mylpaal in haar onderwysloopbaan aan te pak. As 'n oudleerder het sy reeds 'n blywende indruk gemaak en het sy die skool in 2024 met onderskeiding gedien as VRL-Voorsitter (Hoofdogter).

Ons verwelkom haar hartlik terug by Hoërskool Zwartberg en wens haar alle voorspoed toe met hierdie waardevolle praktiese ervaring. Mag hierdie tyd vir haar 'n verrykende en suksesvolle begin van 'n geseënde onderwysloopbaan wees.

❤️🖤💛

Ons sien uit daarna om ons leerders vir Kwartaal 3 terug te verwelkom.   ❤️ 🖤 💛
20/07/2026

Ons sien uit daarna om ons leerders vir Kwartaal 3 terug te verwelkom.


❤️ 🖤 💛

Juffrou Isaacs verjaar! 🥳 Liewe Juffrou, baie geluk met u verjaarsdag! Mag die Here u ryklik seën en u elke dag met Sy l...
13/07/2026

Juffrou Isaacs verjaar! 🥳

Liewe Juffrou, baie geluk met u verjaarsdag! Mag die Here u ryklik seën en u elke dag met Sy liefde en vrede omring. “Mag die God van die hoop jou deur jou geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat jou hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.” (Romeine 15:13) Mag hierdie nuwe lewensjaar vir u ’n tyd van besondere vreugde, rus en kosbare nuwe herinneringe wees. Geniet ’n wonderlike en geseënde dag!❤️🙏

Address

Pastorie Street Po Box 37
Prince Albert
6930

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27235411570

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Zwartberg Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category