31/10/2019
🏆Van hierdie kinders waarvan hier gepraat word het reeds gematrikuleer.
~~~~~~~~~~~~]
Altyd lekker om van ouers te hoor.
~~~~~~~~~~~~~
🏆🏆🏆🏆
Liewe Linda,
Hier is so kort stukkie wat ons belewenis van Phoenix Leersentrum weerspieël:
" Ons is so dankbaar dat ons Hemelse Vader vir ons voorsien het in ' n Christelike, unieke, leerder-gesentreerde leersentrum by PHOENIX.Ons kind met sy unieke emosionele en sosiale behoeftes, het soos die legendariese geskroeide voël uit die as verrys by Phoenix. Soos 'n orgidee in 'n kweekhuis het hy begin blom en weer selfvertroue en sin in die lewe gevind. Die veilige opvoedings milieu by Phoenix leersentrum het vir hom 'n veilige opvoedkundige hawe geword in die dikwels onstuimige see van die lewe.
Die onderwysers is spesiale mense wat elke leerder met sy/haar spesiale behoeftes raaksien, maar steeds met die nodige dissipline, redelike grense en buitengewone begrip hanteer.
Phoenix leersentrum is die antwoord vir leerders wat emosioneel en akademies wegkwyn in 'n hoofstroom skool.
Lank lewe Phoenix leersentrum en al die kosbare onderwysers/tutors
🏆🏆🏆🏆
"Ek kan Phoenix leersentrum aan almal voorstel my kind was in 2017 in 'n staatskool en sy het gesukkel,toe ek haar in PHOENIX sit het haar punte op gegaan en ek het "n ander kind sy is rustig en sy geniet skool. Dankie Juffrou Linda Steyn Potgieter vir al u hulp.
🏆🏆🏆🏆
" Dis baie waar, as dit nie vir Linda Steyn Potgieter en haar ongelooflike span onderwysers was nie,weet ek nie. Hulle is absoluut elke ouer wie se kind nie in n gewone skool aard nie, net die beste van die beste.Sal hulle vir almal aanbeveel. Enige kind of kinders sal net baat by Phoenix Opvoedkundige
🏆🏆🏆🏆
"Ek kan eerlikwaar getuig dat hierdie sentrum die BESTE is.My kind het nog geen een van haar skooljare so goed gedoen as haar laaste twee jaar by Phoenix nie.Ek is nie n oomblik spyt dat ek haar in graad 11 ingeskryf het nie. Linda Steyn Potgieter, mag jul net van krag tot krag gaan. Mag God jul ryklik seën met die wonderlike werk en toewyding wat julle aan die dag lê.
🏆🏆🏆🏆