02/03/2021
1927.06.22 - 2021.02.22
Mnr Willie (WH) Johnson was een van die eerste veertien onderwysers wat op 18 Januarie 1956 by Hoërskool Tuine begin skoolhou het. Hy was vir 32 jaar verbonde aan Hoërskool Tuine tot en met sy aftrede in 1988 waar hy visie-hoof was.
Die skool was aanvanklik gehuisves in tydelike asbes-klaskamers waar atletiekbaan vandag is terwyl daar nog gebou is aan die skool.
Een van sy eerste buitemuurse opdragte was die uitleg van die tuine, die plant van bome en die bou van rotstuine met die hulp van, onder andere, leerders.
Oom Willie was 'n rekeningkunde (boekhou) onderwyser in murg en been, dit was sy passie en groot liefde. Hy het ook van tyd tot tyd tik, voorligting en bybelkunde klasse aangebied.
Die Voortrekkers het hom na aan die hart gelê. Hy was self ‘n Voortrekker vanaf sy laerskooldae in Worcester. Hy was ‘n offisier en later hoofkommandant van Hoërskool Tuine se Voortrekker kommando.
Hy was al die jare betrokke by die CSV.
Hy was akademies goed onderlê met drie grade en drie diplomas wat hy aan die Universiteite van Stellenbosch, Potchefstroom en Pretoria verwerf het. Hy het verder by twee geleenthede bevorderingsgeleenthede na die Pretoriase Onderwyserskollege van die hand gewys vanweë sy groot liefde vir Hoërskool Tuine se leerders.
Ons Hemelse Vader kom haal hom op Maandag 22 Februarie 2021.
Hy laat na sy twee seuns (Stephen en Aldwin) en sy dogter (Marlene), ses kleinkinders en twee agterkleinkinders.
Ons pa, Mnr. Willie Johnson se begrafnisdiens vind plaas op Vrydag, 5 Maart 2021, om 13h00 by NG. Kerk, Schürmannlaan 567, Pretoria-Tuine, en dan na Zandfontein begrafplaas vertrek.
Ons sal graag almal daar wil hê maar weens Covid 19 pandemie en huidige regulasies wil ons graag vra dat die van julle wat graag die diens wil bywoon vir ons,
Marlene 0823742173,
Aldwin 0828817167 of
Stephen 0722115022 so gou moontlik in kennis sal stel.
Baie dankie