12/06/2026
Leerdergesentreerde leer gebeur in die klein oomblikke…
✨ In ‘n gesprek.
✨ In ‘n vraag.
✨ In iemand wat uiteindelik die moed kry om hul hand op te steek.
✨ In ‘n leerder wat begin glo: “Miskien kan ek dit doen.”
By Enso Akademie gaan leer oor meer as net akademie —
dit gaan oor mense.
Ons bou aan selfvertroue, kreatiwiteit en onafhanklike denke.
Want elke leerder verdien die kans om op hul eie manier te groei.
Skryf nou in vir 2027 www.ensoakademie.co.za
**kAnders
11/06/2026
ENSŌ Harmonie – Saam in Klank en Beweging
Wat 'n ongelooflike oggend van lag, musiek, beweging en verbinding!
Ouers, leerders en grootouers het saamgekom om iets te beleef wat nie oor prestasie of perfeksie gegaan het nie, maar oor die eenvoudige vreugde van saam skep, saam beweeg en saam musiek maak. 🎶
Van die eerste klank- en bewegingsaktiwiteite tot die laaste liedjie wat ons saam gesing het, was dit wonderlik om te sien hoe mense hulself toelaat om net die oomblik te geniet. Daar is gedans, instrumente gespeel, nuwe dinge probeer en natuurlik baie gelag.
Een van die grootste hoogtepunte van die dag was toe almal saam in 'n sirkel gestaan het en net lekker begin sing het. Vir 'n oomblik was daar geen haastigheid, geen druk en geen verwagtinge nie – net mense wat saam iets besonders beleef het. 🤍
Baie dankie aan elke gesin wat deel was van ENSŌ Harmonie, asook aan San-Mari Booyse, Ovie-Vibz en die FAK vir hul bydrae tot hierdie besondere ervaring.
Die terugvoer ná die tyd het dit perfek opgesom:
✨ "Amazing!"
✨ "Lekker!"
✨ "Ek kon ontsnap van die wêreld!"
Ons d**k hierdie is net die begin van 'n pragtige ENSŌ-tradisie. 🌱
Droom Groot • D**k Anders • Bou Saam
🌐 www.ensoakademie.co.za
**kAnders
09/06/2026
Hoe kies jy die regte hoërskool vir jou kind?
Dis maklik om net na vakke en punte te kyk…
maar die regte vraag is dalk:
Waar gaan jou kind die beste groei?
Wanneer jy ‘n hoërskool kies, vra ook:
• Sal my kind hier gesien en gehoor word?
• Is daar ruimte vir kreatiwiteit en individualiteit?
• Bou die skool selfvertroue?
• Word leerders voorberei vir die regte wêreld?
• Is daar ‘n gevoel van gemeenskap en behoort?
By Enso Akademie glo ons dat elke leerder meer is as net akademiese prestasie.
🌀 Daarom leef ons:
🌟 Droom Groot
🤝 Bou Saam
💡 D**k Anders
Want die regte skool vorm nie net ‘n leerder se punte nie…
dit vorm hul toekoms.
**kAnders
09/06/2026
Ons is ongelooflik trots op Sintiché Maré!
Sintiché het die afgelope naweek aan die SABOD (South African Body of Dance) Kompetisie deelgeneem en uitstekende prestasies behaal.
🩰 2de Plek – Ballet
💃 2de Plek – Modern
Hierdie prestasie is die resultaat van baie ure se harde werk, toewyding en liefde vir dans.
By Ensō Akademie hou ons daarvan om elke leerder se unieke talente te vier en te sien hoe hulle groei in die dinge waarvoor hulle passie het.
Baie geluk, Sintiché! Ons is trots op jou en sien uit na alles wat nog voorlê.
Laat gerus vir haar 'n gelukwensing in die kommentaar!
**kAnders
04/06/2026
Sterkte met die eksamen wat volgende week begin!
Onthou dat ‘n eksamen nie bepaal wie jy is nie — dit is bloot ‘n geleentheid om te wys wat jy geleer het.
🌱 Vertrou op die werk wat jy reeds ingesit het.
📚 Fokus op wat jy weet.
💡 Gee jou beste.
🤍 En wees vriendelik met jouself.
By Enso Akademie glo ons dat groei belangriker is as perfeksie en dat elke uitdaging ‘n geleentheid is om te leer en sterker te word.
Mag julle die komende weke aanpak met: Selfvertroue, Deursettingsvermoë, Helder denke en die wete dat ons in julle glo.
🌀 Droom Groot. Bou Saam. D**k Anders.
Baie sterkte – julle kan dit doen!
**kAnders
03/06/2026
ENSŌ HARMONIE
🎶 Saam in Klank en Beweging 🎶
Kom beleef ‘n unieke oggend waar musiek, beweging en kreatiwiteit saamvloei in ‘n veilige en speelse ruimte vir die hele gesin 🤍
By Ensō Akademie glo ons dat leer nie net in boeke gebeur nie —
dit gebeur wanneer ons:
🌱 saam ontdek
🎶 saam skep
🤝 saam beweeg
en eenvoudig net weer leer om teenwoordig te wees.
✨ Ensō Harmonie is ‘n geleentheid om:
• kreatief uitdrukking te gee
• kwaliteit tyd saam te spandeer
• nuwe ervarings te ontdek
• en die vreugde van klank en beweging saam te beleef
Geen ervaring nodig nie — net ‘n oop hart en ‘n gewilligheid om saam te kom geniet.
📅 6 Junie 2026
🕙 10:00 – 12:00
📍 Ensō Akademie | 16 Sage Laan
👨👩👧👦 Ouderdomme: Gr 3 tot volwassenes
✨ Beperkte plekke beskikbaar, bespreek jou plek by [email protected]
🤍 Kom bou herinneringe, ontdek kreatiwiteit en beleef die wonder van saam wees.
**kAnders
31/05/2026
Elke leerder leer anders — en dis okay.
By Enso Akademie glo ons nie daar is net één manier om slim te wees nie.
✨ Sommige leerders leer deur te doen.
🎶 Sommige deur musiek.
💬 Sommige deur gesprekke.
🚀 En sommige wanneer hulle die ruimte kry om self te ontdek.
Daarom fokus ons op leer wat:
• persoonlik is
• kreatiwiteit aanmoedig
• en elke leerder help om hul eie sterkpunte te ontdek.
By Enso word leerders nie net aangepas by ‘n sisteem nie —
ons help die sisteem aanpas by die leerder.