Stadsjapies - speelskool

Stadsjapies - speelskool Ons is 'n kleuterskool wat baie liefde en aandag het om te gee aan jou klein mensie. Babas tot Gr R

In 'n liefdevolle en stimulerende omgewing word daar voldoen aan u kind se behoeftes om liggaamlik, sielkundig en geestelik tot hulle volle potensiaal te ontwikkel. Ons streef daarna dat elke mensie moet voel dat hulle 'n unieke plek in die wereld het en dat hulle unieke eienskappe hulle uniek maak. Kinders wat gerespekteer word vir wie en wat hulle is, ontwikkel vredevol en in harmonie met hulleself in die wereld. Kunsaktiwiteite word in klastyd aangebied om die kleuters se kreatiewe denke verder te ontwikkel. Kleuters word aangemoedig om hulle eie idees op papier vas te le. 'n Goeie selfbeeld word op 'n genotvolle wyse gekweek. Fantasiespel word ook gedurende vryspel aangemoedig vir sosiale ontwikkeling, waar kinders leer om met mekaar te kommunikeer en hulle plekkie in die groep te vind. Kinders floreer waar 'n leerervaring in 'n natuurlike, liefdevolle en stimulerende omgewing aangebied word, en waar al die sintuie ingespan word in die leerproses en waar fisiese ervaring oorvloedig aangebied word. Stadsjapies is 'n Afrikaanse skool wat die kleingoed tweetalig (Engels en Afrikaans) opvoed. Daar word in Engels en Afrikaans met die Stadsjapies in die les gewerk.

Address

497 Amy Street, Moreleta Park
Pretoria
0044

Opening Hours

Monday 06:30 - 18:00
Tuesday 06:30 - 18:00
Wednesday 06:30 - 18:00
Thursday 06:30 - 18:00
Friday 06:30 - 18:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Stadsjapies - speelskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category