Swaan en Flamink Preprimêr

Swaan en Flamink Preprimêr Afrikaanse kleuterskool in Baileys Muckleneuk, Pretoria. Ons is gegrond op die drie pilare van opvoeding: liefde, respek en vertroue.

'al lerende speel ons, al spelende leer ons' - Welkom by ons Preprimêre Skool

By Swaan en Flamink streef ons na 'n omgewing van akademiese uitnemendheid, deur blootstelling te gee aan talle ontwikkelings areas. Kleuters kry daagliks te doen met gestruktureerde aktiwiteite, om sodoende hulle vaardighede uit te bou. Deur ons familie-atmosfeer, bevorder ons ons kleuters se emosionele ontwikkeling. Elke kleuter is immers uniek en baie spesiaal. Ons vat hande met ons ouers en glo in gedeelde verantwoordelikheid.

31/03/2026

Vakansieskool Pret Dag 2….

Ons Spog met Juf Karen! Met groot trots en diep dankbaarheid vier ons saam met juf Karen, wat deur Solidarity aangewys i...
20/03/2026

Ons Spog met Juf Karen!

Met groot trots en diep dankbaarheid vier ons saam met juf Karen, wat deur Solidarity aangewys is as een van die Top 10 juffrouens van 2025. Hierdie erkenning is geen verrassing vir ons nie—want elke dag sien ons haar hart, haar moeite en haar liefde vir onderwys in alles wat sy doen.

Juf Karen is iemand wat:
• altyd behulpsaam is—vir leerders, kollegas én ouers;
• moeite doen en altyd die ekstra myl stap;
• ’n sagte hart het wat elke kind raak sien en verstaan;
• met ’n omgee-hart leef en haar passie vir onderwys met oortuiging uitleef.

Sy is meer as net ’n juf; sy is ’n liggie, ’n steunpilaar en ’n inspirasie vir almal om haar.

Baie geluk, juf Karen—ons is ongelooflik trots op jou!

26/02/2026

25/02/2026

Ons d**k terug aan ons OUER INLIGTINGSAAND 5 FEB 2026- SWAAN EN FLAMINK.TEMA: OP "IT OUERSBOU BETER BREINBANE. Ouers en ...
18/02/2026

Ons d**k terug aan ons OUER INLIGTINGSAAND 5 FEB 2026- SWAAN EN FLAMINK.

TEMA: OP "IT OUERS
BOU BETER BREINBANE.

Ouers en personeel, kuier heerlik, rondom ñ lang tafel , op die groei grond van ons kleuters.
Ons bevind ons in uitgelese geselskap.

Prof Ignatius Gous; prof in Ou - Testamentiese studies, aan die Universiteit van Suid-Afrika, het oor ñ loopbaan van meer as 43 j. die " Binneste Ruimte" verken- hoe mense d**k, onthou en sin maak en nuwe konsepte bemeester.Hierdie reis het hom gelei na die veld van Mind, Brain and Education, waar neurowetenskap en opvoedkunde mekaar ontmoet.
Internasionaal word hy erken as
" LEARNING SCIENTIST"

Me Dorrithé Labuschagne - opvoedkundige sielkundige, doen haar honneursgraad in Vroeë Ontwikkeling en o.a ook verdere studie rondom inklusiewe leer, leeruitdagings , neurowetenskap en die ontwikkelende brein.

Die volgende konsepte, word onder die soeklig geplaas.

# STIMULEER
# REGULEER
# KALMEER
# INSPIREER

Ouerskap en kinders grootmaak, is ñ DINAMIESE UITDAGING.

Wees
PASSIEVOL
KREATIEF
GEANKER
Die kleutertyd met al sy geleenthede kom net 1 keer.
Geniet hierdie tyd met jou kleuter.Dit is eenmalig.

Dankie vir u betrokkenheid.
SWAAN EN FLAMINK word die familie, wat jy nie geweet het, jy so nodig het nie.

Address

509 White Street
Pretoria
0042

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00

Telephone

+27124609354

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Swaan en Flamink Preprimêr posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Swaan en Flamink Preprimêr:

Shortcuts

Share

Category