Alfa-Eden Tutorsentrum

Alfa-Eden Tutorsentrum Alfa-Eden Tutorsentrum is 'n Christelike gebaseerde Afrikaanse tutorsentrum in die Moot van Pretoria.

Ons kontak details is huidiglik as volg:

Klesser laan 664, Mayville, Pretoria
Tel: (012) 747 5010
W/A: (083) 443 2346
E-pos: [email protected]
Webtuiste: www.alfa-eden.co.za

Baie geluk, Juffrou Rachel, met jou verjaarsdag!Jy is ’n besonderse kosbare skat in ons Alfa-Eden personeel-skatkis. 💎
22/01/2026

Baie geluk, Juffrou Rachel, met jou verjaarsdag!
Jy is ’n besonderse kosbare skat in ons Alfa-Eden personeel-skatkis. 💎

📌Alfie-ouers, hou gerus jul kalenders byderhand. Hier is wat voorlê in ons Alfie-program vir Januarie! 🌿🌟LET WEL: Datums...
15/01/2026

📌Alfie-ouers, hou gerus jul kalenders byderhand.

Hier is wat voorlê in ons Alfie-program vir Januarie! 🌿

🌟LET WEL: Datums kan aangepas word indien nodig.

Ontmoet ons personeelspan vir 2026!🌿Met liefde, passie en toewyding staan ons span gereed om elke kind te ondersteun, te...
13/01/2026

Ontmoet ons personeelspan vir 2026!🌿

Met liefde, passie en toewyding staan ons span gereed om elke kind te ondersteun, te lei en te help groei.

Ons sien uit na alles wat 2026 saam met hierdie wonderlike span gaan bring.🌟

🌱✨ Ons Tema vir 2026 ✨🌱“Getrou in die klein dinge, geroep om te groei.”By Alfa-Eden Opvoedingsentrum glo ons dat ware gr...
12/01/2026

🌱✨ Ons Tema vir 2026 ✨🌱
“Getrou in die klein dinge, geroep om te groei.”

By Alfa-Eden Opvoedingsentrum glo ons dat ware groei begin in die klein oomblikke — ’n sagte woord, ’n luisterende oor en ’n hand wat lei.

Ons personeelspan vir 2026 is toegewyd om nie net kennis oor te dra nie, maar ook karakter te vorm, selfvertroue te bou en ’n veilige, liefdevolle omgewing te skep waar elke leerder gesien en waardeer word.

Ons saai elke dag met geloof en toewyding, en vertrou God vir die groei en oes.🪴😊

01/01/2026

Voorspoedige Nuwe Jaar, Alfies!🎉

Alfa-Eden begin 2026 met dankbaarheid, hoop en opgewondenheid vir dit wat voorlê. Ons wens elke Alfie ’n geseënde en vreugdevolle nuwe jaar toe!🌿🌟

Sien julle binnekort!😁

🌈 Gr. R van 2026 - Kuieroggend 🌈
16/12/2025

🌈 Gr. R van 2026 - Kuieroggend 🌈

🏆Prysuitdeling ~ 2025 🏆
16/12/2025

🏆Prysuitdeling ~ 2025 🏆

🌿 Eden se Winkeltjie vlooimarkdag! 🌿Môre is dit ons vlooimarkdag! 🎉● ️Tyd: 13:00 tot 17:00Kom loer in en kyk watter unie...
13/11/2025

🌿 Eden se Winkeltjie vlooimarkdag! 🌿

Môre is dit ons vlooimarkdag! 🎉

● ️Tyd: 13:00 tot 17:00

Kom loer in en kyk watter unieke geskenke en items daar te koop is. Daar sal heerlike s***e, mini donuts, konfyt, vrugtekoeke, handgemaakte kouse, sakke, bykomstighede en nog soveel meer wees!

Kom ondersteun Eden se Winkeltjie môre, 14 November — jy wil dit nie misloop nie! 🛍️✨

Het jy geweet? 🌱Ons skool bied Tuinwerk as deel van die kurrikulum van Graad 1 tot 7! 🌾Leerders plant sade, versorg hul ...
28/10/2025

Het jy geweet? 🌱

Ons skool bied Tuinwerk as deel van die kurrikulum van Graad 1 tot 7! 🌾

Leerders plant sade, versorg hul plante en oes vars groente — en leer terselfdertyd praktiese lewensvaardighede. 🥕

Ons gebruik ons eie groente in kookklasse of verkoop dit by ons eie Eden winkeltjie— en leer oor volhoubaarheid! 💚

Word deel van ons gelukkige Alfies! Skryf nou in vir 2026!🌿☀️

📞 083 443 246
✉️ [email protected]
📍 Klesserlaan 664, Mayville, Pretoria

Word deel van ons gelukkige Alfies! Skryf nou in vir 2026! 🌿🐓Reël gerus ’n besoek – ons nooi u hartlik uit om die vreugd...
27/10/2025

Word deel van ons gelukkige Alfies! Skryf nou in vir 2026! 🌿🐓

Reël gerus ’n besoek – ons nooi u hartlik uit om die vreugde, leer en groei by Alfa-Eden Opvoedingsentrum eerstehands te beleef. 😁✏️

📞 083 443 246
✉️ [email protected]
📍 Klesserlaan 664, Mayville, Pretoria

In die klaskamer…Ons Graad 6 leerders het fantastiese praatjies gelewer, en ons was so trots op hoe kreatief en selfvers...
23/10/2025

In die klaskamer…

Ons Graad 6 leerders het fantastiese praatjies gelewer, en ons was so trots op hoe kreatief en selfversekerd hulle was! 📝🌟

🐾 Instappie hoogtepunt! 🐾Ons het dit baie geniet om Wollies Animal Shelter by ons te verwelkom. Hulle het met ons leerde...
23/10/2025

🐾 Instappie hoogtepunt! 🐾

Ons het dit baie geniet om Wollies Animal Shelter by ons te verwelkom. Hulle het met ons leerders gedeel hoe belangrik dit is om diere met liefde en sorg te behandel. 🐕🐈

’n Groot dankie aan elkeen wat items geskenk het om die honde en katte by Wollies Animal Shelter te help.

Julle goedhartigheid maak ’n verskil! 🐶🐾

Address

664 Klesser Street, Eloffsdal
Pretoria
0084

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27834432346

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Alfa-Eden Tutorsentrum posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Alfa-Eden Tutorsentrum:

Shortcuts

Share

Category