29/09/2026
📱💚 ONDERSTEUN DIE WONNIES – SONDER ENIGE EKSTRA KOSTE! 💛
Ouers, familie, oudleerders en vriende van Die Hoërskool Wonderboom kan ons nou help om maandelikse befondsing deur Woolworths se MyDifference-program te ontvang – bloot deur die skool as julle begunstigde te kies.
Vanaf 1 November 2026 sal die bedrag wat ons ontvang direk afhang van die aantal MyDifference-lede wat Die Hoërskool Wonderboom as hul gekose organisasie ondersteun.
👉 Hoe kan jy help?
Laai die Woolworths-app af of maak dit oop.
Sluit aan by MyDifference.
Kies Die Hoërskool Wonderboom as jou begunstigde/“cause”.
Doen jou gewone inkopies by Woolworths.
💚 Dit kos jou niks ekstra nie, maar elke geregistreerde ondersteuner help om die skool se toekomstige maandelikse befondsing te laat groei.
Ons huidige ondersteunersgetal is nog baie laag, daarom kan elke ouer, familielid en vriend wat aansluit ’n werklike verskil maak.
🏆 BONUS! Woolworths se MyDifference-kompetisie duur tot 31 Augustus 2026, met:
🥇 1 groot prys van R100 000
🎉 20 pryse van R20 000 elk
Kom ons gebruik die krag van ons Wonnie-gemeenskap!
Laai die app af, kies Die Hoërskool Wonderboom en help ons om ons toekomstige befondsing te groei – sonder dat dit jou ’n sent ekstra kos. 💚💛
Deel asseblief ook hierdie boodskap met familie en vriende wat by Woolworths koop.