16/02/2026
Mamma - help jy dalk te veel...?
Ek het vandag 'n vreeslike hartseer beleef in die gr4 Wiskundeklas.. 'n Seuntjie het ( na vorige aanmaning) weer die naweek 'n hele paar bladsye vooruit gewerk... werk wat ek nog nie verduidelik het nie... Hy was snaarstyf- gespanne in my klas, want nou is hy onder druk en oog van beide mamma en juffrou.. die twee pole wat juis hande moet vat... wat juis as sy 'grounding' moet dien..sy veilige vangnet.. hy loop nou op eiers in sy eie village.. breek my hart... Ek weet , glo en verstaan dat die mamma dit doen , omdat sy dalk self oorweldig voel, of dat sy net die beste vir hom wil hê, maar sy ontneem hom van self.. selfagting, selfregulering, selfverantwoordelikheid en dan op die einde van die dag sy grit...
Die uiteinde is heel dikwels 'n gedagtegang van :
• Ek kan nie self..
• Mamma sal in elkgeval..
• Mamma dink nie ek kan en dan is dit mos my waarheid..
Gee hom vlerke..leer om gesonde grense vir jouself te stel en leer om dan te vertrou (en senuwees van staal te hê..)
By die mammatribe wys ons jou hoe...
Sluit vandag nog aan !
Liewe Mamma
Website se homepage - https://www.mammatribe.co.za/a1602f42
Meer oor Mamma Tribe - https://www.mammatribe.co.za/a1602f42/workwithme
Sluit aan - https://www.mammatribe.co.za/81c6f304
Drukkie oor die draad
Marlize xox