Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Sedert 1920 'n skool van uitnemendheid! AFFIES IS VANJAAR 'n 105 jaar oud. Die skool is dankbaar vir soveel seëninge wat ons al soveel jare verryk.

In 2025 – die jaar waarin ons skool 105 word kan ons terugkyk oor vele jare waarin ons skool van ‘n nederige begin gegroei het tot ‘n skool waarmee daar op alle vlakke in die samelewing rekening mee gehou moet word. Ons beaam wat ons broers oorkant die straat sê: “Affies is nie net ‘n skool nie – dit is ‘n leefwyse.” ‘n Mens spandeer nie tyd by hierdie skool en gaan onaangeraak weg nie. Affies was al ‘n hawe vir soveel dogters. Mag dit in die toekoms steeds die geval wees. Mag dit waarvoor Affies al die jare gestaan het, steeds behoue bly. Mag die skool en almal wat ‘n verbintenis met haar het, steeds van krag tot krag gaan. Ons sien haar wen!

Affie-atletiek kraai koningin!Ons wen die dogtersafdeling tydens die Wildeklawer Noord-Suid-atletiekbyeenkoms in die Paa...
25/09/2026

Affie-atletiek kraai koningin!

Ons wen die dogtersafdeling tydens die Wildeklawer Noord-Suid-atletiekbyeenkoms in die Paarl.

Vyf rekords word gebreek en Christi Loggenberg word as die beste dogtersbaanatleet aangewys.

Aan die begin van elke jaar word die nuwe kalenders oopgeslaan – en amper summier word een datum gesoek, met ’n pen omkr...
25/09/2026

Aan die begin van elke jaar word die nuwe kalenders oopgeslaan – en amper summier word een datum gesoek, met ’n pen omkring en elektronies gedagboek:

Die Vierskole-konsert!

Vir drie aande (vier vertonings) het ’n gepakte saal hul in die besonderse musikale en artistieke talent van ons leerders verlustig – talent wat deur die toewyding, passie en kundigheid van dirigente, afrigters en begeleiers tot lewe gebring is.

Maar die Vierskole-konsert is meer as net musiek en kuns. Dit is ’n viering van samewerking, vriendskap en die bande wat tussen ons vier skole gesmee word – nuwe bande wat ontstaan en bestaande bande wat sterker word.

En nou, voor ons die laaste note van vanjaar se konsert heeltemal hoor wegsterf, is dit tyd om weer vooruit te kyk.

Wees maar paraat met jou pen.
Omkring die datum in jou dagboek, want volgende jaar is hierdie glansgeleentheid weer terug en uitverkoop – voor jy jou kom kry.

Die Vierskole-konsert: waar talent ontmoet, stories begin en vriendskappe voortleef.

Mia du Plessis, Liza Marais en Moné Hugo het Gauteng met trots by die Dink of Sink debatskompetisie se landsfinaal verte...
25/09/2026

Mia du Plessis, Liza Marais en Moné Hugo het Gauteng met trots by die Dink of Sink debatskompetisie se landsfinaal verteenwoordig.

Na afloop van uitdagende uitkloprondtes, het Mia, Liza en Moné ‘n plek in die landsfinaal losgedebatteer teen Hoërskool Witteberg.

In die finaal moes hulle ’n onvoorbereide debat binne slegs 5 minute uitwerk – voor ’n gehoor én op nasionale televisie.

Die finale tema hiervoor was:
“Gewone mense in ’n buurtwag help beter om ernstige skurke te vang as die polisie.”

Ons stap met ons harte vol trots weg met ’n TWEEDE PLEK IN SUID-AFRIKA!

Baie geluk met hierdie ongelooflike prestasie! Ons is báie trots op julle!

Hulle is soos gladde, blink dolfyne in die water van die Suid-Afrikaanse kortbadkampioenskappe.Ons wens die volgende dog...
24/09/2026

Hulle is soos gladde, blink dolfyne in die water van die Suid-Afrikaanse kortbadkampioenskappe.
Ons wens die volgende dogters sterkte toe met hierdie wonderlike uitdaging wat plaasvind van 24-27 September in Pietermaritzburg:
Veronique Riekert
Mila van der Linde
Tessa Battheu
Annabelle van Rensburg
Anika Lamprecht
Isobelle Vlok
Elnye Potgieter

Affie-netbal is by die Gauteng netball awards gekroon as die beste presterende skool, nie net in Gauteng nie, maar in Su...
23/09/2026

Affie-netbal is by die Gauteng netball awards gekroon as die beste presterende skool, nie net in Gauteng nie, maar in Suid-Afrika. Ons deel graag die woorde van ons Netbaldirekteur, Yolandi Ferreira:

Liewe Affie-gemeenskap

Met groot dankbaarheid en trots wil ons graag ons opregte dank en waardering teenoor elke persoon wat deel van die Affie-netbalspan en die groter Affie-gemeenskap is, uitspreek.

Dié besondere toekenning as Beste in Suid-Afrika is ’n prestasie waarop ons almal met trots kan terugkyk. Hierdie erkenning behoort egter nie aan een persoon of een groep alleen nie – dit is die resultaat van ’n spanpoging waarin elkeen ’n belangrike rol speel.

Aan elke afrigter en spanbestuurder – dankie vir julle toewyding, ure se harde werk, leiding, ondersteuning en passie waarmee julle ons spelers begelei en ontwikkel.

Aan elke skeidsregter en tegniese beampte – dankie vir julle professionele optrede, kundigheid en bereidwilligheid om te verseker dat ons wedstryde en geleenthede op die hoogste vlak verloop.

’n Prestasie van hierdie omvang is slegs moontlik wanneer daar ’n wonderlike span is wat saamwerk, mekaar vertrou en dieselfde doel nastreef. Daarom is dit vir my belangrik dat ons hierdie besondere sukses nie net as ’n prestasie van Affie-netbal vier nie, maar as ’n gesamentlike oorwinning van die hele Affie-gemeenskap.

Mag hierdie erkenning ons inspireer om met nog groter passie, trots en toewyding voort te bou. Mag Affie-netbal aanhou om na nog hoër hoogtes te streef en ons skool met onderskeiding, waardigheid en trots te verteenwoordig.

Hierdie prestasie is óns prestasie.

Affie-WaterpoloOns  o.14’s het die naweek vinnig geswem en sterk verdedig by die Panthers waterpolofees by St. Dominics ...
22/09/2026

Affie-Waterpolo

Ons o.14’s het die naweek vinnig geswem en sterk verdedig by die Panthers waterpolofees by St. Dominics Catholic School for Girls.

Uitslae:

Vrydag, 18 September 2026.

💙AHMP wen 8 : 3 teen Kingsmead College
Most inspiring player: Cara Bedeker
💙AHMP verloor 7 : 14 teen St Stithians College

Saterdag, 19 September 2026

💙AHMP wen 12 : 1 teen St Mary’s Waverly
Most inspiring player: Aliza Hattingh
💙AHMP wen 7 : 6 teen St Dominics Catholic School for Girls
💙AHMP wen 11 : 1 teen Roedean School (SA)
Most inspiring player: Retha Warrington
💙AHMP verloor 4 : 11 teen Reddam House Bedfordview

Sondag, 20 September 2026

💙AHMP wen 10 : 4 teen Parktown Girls High School
💙AHMP verloor 7 : 9 teen Invitational Team
💙AHMP wen 8 : 2 teen OJ Eagles
Most inspiring player: Charich Delport

AHMP eindig algeheel 4de! Baie geluk, meisies!

Spanlys:
Cara Bedeker
Aliza Hattingh
Carla Haasbroek
Charich Delport
Denay Kretzschmar
Leah Jacobs
Mia Combrink
Nina van der Walt
Karlia Degenaar
Retha Warrington

Address

Bondstraat, Clydesdale
Pretoria
0002

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category