20/08/2026
COMIC CRAZINESS! 🎨💥
Our Grade 3 learners are stepping into the exciting world of comic strips! 📚✏️
They’re discovering how characters, speech bubbles, facial expressions and sequencing work together to tell a story. Now, they’re putting their new skills and their imaginations to the test by creating comics of their very own!
Who knew learning could be this much fun?
STROKIESGEKTE! 🎨💥
Ons graad 3-leerders betree die opwindende wêreld van strokiesprente! 📚✏️
Hulle ontdek hoe karakters, spraakborrels, gesigsuitdrukkings en opeenvolging saamwerk om ’n storie te vertel. Nou stel hulle hul nuwe vaardighede en hul verbeelding op die proef deur hul eie strokiesprente te skep!
Wie sou kon d**k dat leer soveel pret kan wees?
17/08/2026
Elkeen van hierdie kranige leerders het binne net agt dae aan 12 groot skaakwedstryde deelgeneem – ’n ongelooflike prestasie! Maragon was boonop die enigste span onder die top-ope spanne met ’n meisie in sy geledere.
Ons uitslae:
🥇 O/9 – 1ste plek
🥈 O/11 – 2de plek
🥇 O/13 – 1ste plek
Ons O/13-kampioenspan bestaan uit twee 13-jariges, een 12-jarige en drie 11-jariges. Maragon-skaak kóók! ♟️
Each of these talented learners played 12 major chess matches over just eight days - an incredible achievement! Maragon was also the only team among the leading open teams to include a girl in its line-up.
Our results:
🥇 U/9 – 1st place
🥈 U/11 – 2nd place
🥇 U/13 – 1st place
Our championship-winning U/13 team is made up of two 13-year-olds, one 12-year-old and three 11-year-olds.
14/08/2026
Wat ’n vreugdevolle oggend van lofprysing en aanbidding saam met ons kleuterskoolfamilies! Ons kinders, gesinne en personeel het saamgekom om te sing, te bid en God se goedheid te vier. 🙏💛
What a joyful morning of Preschool Family Praise and Worship! Our children, families and staff came together to sing, pray and celebrate God’s goodness. 🙏💛
“Let every thing that hath breath praise the Lord.” - Psalm 150:6
13/08/2026
We had the pleasure of welcoming award-winning author Roslynne Toerien to our school! Our learners thoroughly enjoyed listening as she brought some of her wonderful books to life through storytelling.
Thank you, Roslynne, for sharing your stories and inspiring a love of reading in our learners! 💙
Dit was vir ons ’n groot voorreg om die bekroonde skrywer Roslynne Toerien by ons skool te verwelkom! Ons leerders het dit terdeë geniet om te luister hoe sy van haar wonderlike boeke deur middel van storievertelling tot lewe bring.
Dankie, Roslynne, dat jy jou stories met ons gedeel en ’n liefde vir lees by ons leerders aangewakker het! 💙
12/08/2026
Congratulations to Luka, who won gold at the 2026 Johnnie Reitz Big 5 Open Wrestling Championships - one of Africa’s largest wrestling competitions, featuring 1,008 entries from 69 clubs across seven countries!
Baie geluk aan Luka, wat goud gewen het by die 2026 Johnnie Reitz Big 5 Ope Stoeikampioenskappe - een van Afrika se grootste stoeikompetisies, met 1 008 inskrywings van 69 klubs uit sewe lande!
09/08/2026
Happy Women’s Day to all the incredible women! Today, we honour your strength, courage, compassion and the meaningful difference you make in the lives of those around you. May you always know your worth, walk confidently in your purpose and feel valued - not only today, but every day. May God continue to guide, strengthen and bless you abundantly.
Gelukkige Vrouedag aan al die ongelooflike vroue! Vandag vereer ons julle krag, moed en deernis, asook die betekenisvolle verskil wat julle in die lewens van die mense rondom julle maak. Mag julle altyd jul waarde ken, jul doel met selfvertroue uitleef en gewaardeer voel – nie net vandag nie, maar elke dag. Mag God julle steeds lei, versterk en ryklik seën.
“She is clothed with strength and dignity; she can laugh at the days to come.” - Proverbs 31:25