Laerskool Elarduspark

Laerskool Elarduspark Welkom by Lardies op Facebook! Kontak ons gerus by [email protected]

DIE ATLETIEKSEISOEN SKOP AMPTELIK AF! 👟Ons Lardie-atlete was reg vir die eerste atletiekbyeenkoms van die seisoen! Met v...
23/09/2026

DIE ATLETIEKSEISOEN SKOP AMPTELIK AF! 👟
Ons Lardie-atlete was reg vir die eerste atletiekbyeenkoms van die seisoen! Met vurige gees en baie toegewydheid is ons gereed om te wys wat op die baan in ons steek.

#2026

SMAAKLIKE BEDERF VIR ONS KRIEKET LIGA-KAMPIOENE! 🏏 Wanneer 'n mens so 'n briljante seisoen agter die rug het, moet dit n...
23/09/2026

SMAAKLIKE BEDERF VIR ONS KRIEKET LIGA-KAMPIOENE! 🏏 Wanneer 'n mens so 'n briljante seisoen agter die rug het, moet dit natuurlik oordentelik gevier word!

Ons o/9A-krieketspan het onlangs hul indrukwekkende liga oorwinning in styl afgesluit met 'n heerlike kuier by Tucson Spur Steak Ranch. Baie geluk aan ons o/9A-manne en hul afrigters, julle het elke bietjie van hierdie bederf verdien!

#2026

WAT 'N ONVERGEETLIKE TYD VIR ONS GRAAD 6-LEERDERS!🔥Van die opgewondenheid met aankoms op Dag 1 tot die uitdagende spanbo...
23/09/2026

WAT 'N ONVERGEETLIKE TYD VIR ONS GRAAD 6-LEERDERS!🔥
Van die opgewondenheid met aankoms op Dag 1 tot die uitdagende spanbou-aktiwiteite van dag 2. Hierdie kamp is 'n belewenis wat ons leerders nog lank sal bybly.

#2026

GRAAD 6 KAMP 2026 HET AMPTELIK AFGESKOP!Ons Graad 6’e het vanoggend opgewonde die busse geklim op pad na Meulstroom Lodg...
21/09/2026

GRAAD 6 KAMP 2026 HET AMPTELIK AFGESKOP!
Ons Graad 6’e het vanoggend opgewonde die busse geklim op pad na Meulstroom Lodge. Die eerste dag was reeds gepak met spanbou.

Hier is 'n eerste kykie na vandag se avonture.

#2026

DIE VERHOOG PRET GAAN VOORT (Deel 2) 🎭✨Daar was eenvoudig te veel blink oomblikke en pragtige glimlagte tydens Die SK-Fa...
21/09/2026

DIE VERHOOG PRET GAAN VOORT (Deel 2) 🎭✨
Daar was eenvoudig te veel blink oomblikke en pragtige glimlagte tydens Die SK-Faktor Skoolkonsert om in net een plasing te pas!

Hier is die tweede reeks foto's van ons Lardie-sterre wat die verhoog by Moreleta Kerk laat skitter het. Geniet hierdie pragtige herinneringe! 🍿🌟

#2026

WAT 'N AAND OP DIE VERHOOG! (Deel 1)🎭✨Die verhoog het gebrul met Lardie-talent en suiwer vreugde gedurende vanjaar se SK...
21/09/2026

WAT 'N AAND OP DIE VERHOOG! (Deel 1)🎭✨
Die verhoog het gebrul met Lardie-talent en suiwer vreugde gedurende vanjaar se SK Faktor Skoolkonsert.

Hier is die eerste reeks foto's van ons pragtige leerders wat hul harte uit gedans en gesing het.

#2026

IMEWU SENIOR NOORD-GAUTENG WETENSKAP EKSPO 2026Op 11 en 12 September 2026 het nege van ons Graad 7-Lardies die geleenthe...
21/09/2026

IMEWU SENIOR NOORD-GAUTENG WETENSKAP EKSPO 2026
Op 11 en 12 September 2026 het nege van ons Graad 7-Lardies die geleentheid gehad om hul wetenskaplike projekte by die IMEWU Senior Noord-Gauteng Wetenskap Ekspo ten toon te stel.

Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat met soveel toewyding en deursettingsvermoë aan hierdie uitdaging deelgeneem het. Die uitslae spreek vanself!

GOUD
•⁠ ⁠Animé van Kloeg
•⁠ ⁠Marilize Rossouw

SILWER
•⁠ ⁠Cullen Holland
•⁠ ⁠Janke Terblanche
•⁠ ⁠Mieke Roos

BRONS
•⁠ ⁠Liam Weyer
•⁠ ⁠Amandus Grové
•⁠ ⁠Laila van Antwerpen
•⁠ ⁠Mieke van der Walt

Wat ’n besondere prestasie! Elke medalje verteenwoordig ure se navorsing en uiteindelik ’n leerder wat nie opgegee het nie.

ekspo

18/09/2026

WAT 'N ONVERGEETLIKE KONSERT🎭✨👏
Die gordyn het gesak en ons harte loop oor van trots!
'n Massiewe produksie soos Die SK-Faktor is net moontlik deur die toegewyding van ons hele Lardie-gemeenskap.

Wanneer ons terugkyk op die afgelope week besef ons net weer hoe bevoorreg ons is. Sonder die ondersteuning en geduld van ons Lardie-gemeenskap sou 'n droom soos Die SK-Faktor nooit moontlik gewees het nie.

Dankie dat julle ons hande sterk maak en ons kinders dra. Ons eer elke klein en groot bydrae wat agter die skerms gemaak is.

#2026

TONEELKLUB CREATIVE WORX/MINDS INSTAPPIE ✨🌟Die Junior en Senior toneelmaats verwelkom Creative Worx/Minds dramaskool afr...
17/09/2026

TONEELKLUB CREATIVE WORX/MINDS INSTAPPIE ✨🌟
Die Junior en Senior toneelmaats verwelkom Creative Worx/Minds dramaskool afrigter Lizane Roux by die skool. Die Junior maats fokus op stem projeksie en karakateruitbeelding, terwyl die Senior maats die kunsvorm van mimiek beproef.

Die leersame instappie laat ons leerders laat gons van opgewondenheid.

Address

Alberton Street 548
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:30
Tuesday 07:30 - 14:30
Wednesday 07:30 - 14:30
Thursday 07:30 - 14:30
Friday 07:30 - 14:30

Telephone

+27123451031

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Elarduspark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share