18/09/2026
⛳️N DAG VOL OVIE-GEES, LAG EN HERINNERINGE! ⛳️
Op 15 September het Ovie Hub Alumni hul heel eerste Gholfdag by die pragtige Pebble Rock Golf & Country Estate aangebied – en wat ’n dag was dit nie! 🏌️♂️🏌️♀️
Van die eerste afslaan tot die laaste kuier was daar daardie besondere Ovie-gees in die lug. Dit was heerlik om soveel oud-Ovies, vriende van die Ovies en ondersteuners van Hoërskool Overkruin bymekaar te hê.
Die weer het saamgespeel, die gees was uitstekend en die dag was gevul met lekker gholf, groot glimlagte, ou vriendskappe wat weer opgevlam het en natuurlik hope lag!
Maar hierdie dag was oor soveel meer as net gholf. Dit was ’n geleentheid om weer verbind te word met die plek waar soveel van ons stories begin het – Hoërskool Overkruin.
🎤 ’n Groot dankie aan ons MC, Anton Roux (Matriek 1989) – jy het die dag met jou energie sommer ekstra spesiaal gemaak. Dankie dat jy gehelp het om ons eerste Ovie Hub Alumni Gholfdag ’n sukses te maak!
🎶 Gift Matjila (Matriek 2015), baie dankie vir jou ongelooflike entertainment. Jou talent het die aand op ’n behoorlike hoë noot laat begin! Wat ’n voorreg om een van ons oud-Ovies se talent te kon geniet. 🎤👏
🔨 Dawie Spies, dankie dat jy ons afslaer was en die aand so lekker aangevuur het!
En dan natuurlik aan elke enkele speler, borg, ondersteuner en vriend wat die tyd gemaak het om saam met ons deel te wees van hierdie spesiale eerste tree – BAIE DANKIE!
Die fondse wat tydens die dag ingesamel is, gaan aangewend word om ’n boma-kuierarea by Hoërskool Overkruin in te rig – ’n plek waar oud-Ovies kan terugkom na hul skool, saam kuier en selfs hul reünies op die plek waar dit alles begin het, kan hou.
Want een ding weet ons verseker:
Eenmaal ’n Ovie, altyd ’n Ovie!
Hierdie is maar net die begin van die Ovie Hub Alumni-storie. Ons sien uit na nog baie dae van herinneringe maak, ou vriendskappe hernu en die Ovie-familie bymekaar bring.
Kyk Ver, Ovies. Die beste lê nog voor!