05/03/2026
Dag 2: Huiswerk sonder trane: Die nodige strukture en sisteme om regtig te verseker dat jul huis soos 'n masjien funksioneer as dit by HUISWERK kom...
• Spesifieke en vaste TYE vir elke dag.
Kinders moet ook elke dag in dieselfde volgorde die middag aanpak bv. Bêre kosblik, sit tas by stasie, gaan trek gemaklik aan, eet iets lig.....
• Vaste plek (nessie) waar huiswerk en leer plaasvind.
Netjies, skoon, georden, goed belig, stil...
• Weeklikse beplanningsbord (kalender)
Skryf toetse, take en projekte neer om beplanning te vergemaklik
• Organiseringstelsel.
Daar moet 'n spesifieke laai wees met skryfbehoeftes, papier en opsommings
• Rooster met studiesessies en rusposes vir die week
• Verwagting en doelwitte.
Jou kind moet aktief betrokke wees by hierdie proses...
'n Ideale HUISWERKSTASIE:
• Stil, rustig, netjiesse omgewing met min steurings, goed belig
• Harde oppervlak, kyk dat die stoelhoogte gemaklik is, sodat sy voete plat op grond is en/of elmboog op tafel
• Hou dit eenvoudig, maar baie goed georganiseerd met skryfbehoeftes en papier gerieflik byderhand...
Vir 'n volledige gratis Werkstuk en Eboek oor HUISWERK, sluit vandag nog aan by die Mamma Tribe Moving Kids
Website se homepage - https://www.mammatribe.co.za/a1602f42
Meer oor Mamma Tribe - https://www.mammatribe.co.za/a1602f42/workwithme
Sluit aan - https://www.mammatribe.co.za/81c6f304
Drukkie oor die draad
Marlize xox