Summa Basics

Summa Basics Summa basics is vroë kinder ontwikkelingspakkette gemik daarop om leerprobleme op skool te verminder. Wat is Summa Basics? Wie is Summa Basics?

Summa basics het ontstaan as gevolg van die groeiende aantal leerprobleme wat leerders in ons skole ervaar. Ons is nie die enigstes wat hierdie probleem raak gesien het nie. Professor Jannie Ferreira van die Universiteit van Johannesburg het onlangs by die "Southern African Play Conference" vertel dat tegnolgie kinders se algehele ontwikkeling onderdruk. Die ontwikkeling van motoriese vaardighede

in Generasie Z kan nie meer as vanselfsprekend aanvaar word nie en sosiale vaardighede ly ook onder die misbruik van tegnologie. Summa beteken: volle potensiaal; met hoogste lof; die som totaal; die finale uitslag. Dit is presies wat ons aan ouers wil gee. Die hulpmiddels om jou kind tot sy of haar volle potensiaal te laat ontwikkel. Die Summa basics pakkette bestaan uit ‘n handleiding vol nuttige wenke en idees om fisieke en kreatiewe ontwikkeling te bevorder asook die basiese hulpmiddels om die aktiwiteite mee te doen. Suretha du Toit en Suzette Mulders het mekaar in 1971 op Onderwys kollege ontmoet. Hulle het meer as 80 jaar se ondervinding in kinderopvoeding en het altesaam 8 kinders grootgemaak. Suretha is die outeur van "Ma, wat kan ek doen" en "Geluk, liewe maatjie". Sy het al opleidingsklasse in samewerking met Universiteit van Johannesburg aangebied. Sy het tans’n skool vir kinders met outisme spektrum, en Down’s sindroom. Suzette het na onderwys kollege in formele onderwys inbeweeg. Haar ervarings in die junior fase het haar ‘n eerstehandse blik gegee op die negatiewe uitwerking van te min fisieke speletjies tydens vroë ontwikkeling. Jackie Mulders is die slawedrywer wat sorg dat die kennis en ervaring nie verlore gaan nie, maar met die wêreld gedeel word. Sy bring ‘n jonger perspektief aan die vernootskap en so verwesenlik sy haar kindertyd droom om ander te help.

Address

Sashi Street 28
Pretoria
0166

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Summa Basics posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Summa Basics:

Shortcuts

Share

Category