22/02/2019
Wat is self-liefde:
• Onvoorwaardelik – geen voorwaarde nie. Met ander woorde, jy hoef nie eers iets te behaal of te verander, voordat jy jouself lief kan hê nie. Jy is immers ‘a work in progress’
• Dankbaar – vir jou individualiteit, jou uniekheid, jou gawes, talente en selfs jou foute. Dankbaar vir die volle pakkie, sonder om jouself met ander te vergelyk. Dankbaar vir die wonderwerk van jou liggaam en jou eie vermoeëns. Dankbaarheid is die grootste motiveerder. Gebruik dit, totdat dit deel word van jou.
• Verantwoordelik – om jou fisies mooi op te pas, te versorg en te respekteer. Ook om jouself die tyd te gun om te ontwikkel, leer en groei. Om vir jouself vreugde, vrede en geluk te kies en altyd die verantwoordelikheid te neem vir die keuses wat jy maak.
My uitdaging aan ‘n paar dames nou die dag was, die spieël toets.
Kyk jouself diep in die oë en sê kliphard; (jou naam) ek is lief vir jou! Dis nie iets oppervlakkig nie. Delf diep en soek jou siel! Min mense kry dit aanvanklik reg, maar dis absoluut die moeite werd om dit doelgerig elke keer te doen, sodra jy jouself in ‘n spieël raakloop. Jy kan dit selfs vir jou refleksie in die venster doen.
Laat my weet hoe julle vorder.