26/02/2024
Geek Club studiemetodes werkswinkel 20 April 09:00 - 13:00, Faerie Glen Pretoria.
Duik in Breinkaarte, Flitskaarte, Feynman, Pomodoro, Mnemonics, Marginalia, Klasnotas, Vraestelle beplanning en doelwitstelling – alles ontwerp om die spanning van jou kind af te haal en akademie weer lekker te kry, en om jou Gr 4 - 7 opgewonde te kry oor toetse.
Hier gaan ons die motivering skuif van eksterne lokus van kontrole na ’n interne lokus van kontrole.
As jou kind voor sy boeke gaan sit - gaan hy 5 - 7 opsies hê van leertegnieke wat hy op sy werk kan toepas.
Hierdie werkswinkel is geskep om vir kinders die gereedskap te gee om onafhanklike leerders te word, kinders wat klasnotas vat, en dit weer hersien voor die einde van die dag.
Kinders wat vrae vra in die klas, wat oor ’n tydperk leer en nie net die dag voor die tyd nie.
Fail to plan and plan to fail, ons gaan lekker planne en doelwitte opstel.
Een van die beste studie Metodes wat daar is is die Feynman metode:
Waar jy maak of jy 'n nuwe leerder die leerwerk verduidelik.
Hierdie is net een van die baie lekker en praktiese Metodes wat ons op die dag gaan leer.
Ons het al oor die jare gesien hoe lekker dit is as ’n leerder verantwoordelikheid van vir sy eie akademiese prestasie opneem.
Ons sien uit om heerlike dag te hê hier in Faerie Glen.
As jy meer inligting wil los jou epos adres in die comments of stuur vir ons ’n epos by [email protected]