Rietvlei Akademie - Rietvalleirand

Rietvlei Akademie - Rietvalleirand Ons is ‘n privaat Afrikaanse Christelike skool geleë in Pretoria-Oos. Min formele assesserings word gegee en die huiswerk word drasties verminder.

Ons doel is om 'n veilige leeromgewing te bied vir leerders wat nie in die hoofstroom floreer nie weens angs, ADHD, hoë funksionele outisme en vele ander leer hindernisse. Rietvlei Akademie is 'n privaat Afrikaanse Christelike skool geleë in Pretoria-Oos wat fokus daarop om kinders te akkommodeer met aandagafleibaarheid (ADD) en/of hiperaktiwiteitsindroom (ADHD), asook hoë funksionele outisme. Rietvlei Akademie volg die CAPS-kurrikulum, soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys, maar die werk word meer vereenvoudig en "kinder-vriendelik" aangebied. Ons maak gebruik van baie breinkaarte en diktate, sodat die kinders nie soveel ure hoef te bestee aan opsommings en ontleding van die werk nie. Elke klas akkommodeer 10 - 15 leerders, sodat meer individuele aandag aan die leerders gegee kan word en 'n remediërende werkwyse gevolg kan word. Ons personeel is gekwalifiseerde onderwysers / onderwyseresse, met 'n passie vir lewenslustige kinders. Ons skep vir elke leerder 'n veilige en positiewe leeromgewing & ons volg 'n streng "anti-bullying"-protokol. Rietvlei Akademie begin om 07:30 en sluit onderskeidelik 13:00 en 13:30.
'n Naskoolsentrum is op die terrein beskikbaar. Hier klop ons harte warm vir jou kind. By Rietvlei Akademie is waar elke leerder vir ons saakmaak. "Sprei jou vlerke" & vlieg hoog, liewe Rietvleier!

Gelukkige verjaarsdag aan ons geliefde Juf Erine! Jy het ’n diep gesaaide menswees, ’n skitterende hart en ’n dinamiese ...
29/09/2026

Gelukkige verjaarsdag aan ons geliefde Juf Erine!

Jy het ’n diep gesaaide menswees, ’n skitterende hart en ’n dinamiese gees! Dankie vir jou raaksien en raakvat in die klein en in die groot oomblikke.

Jou opregte hart en besondere manier van omgee raak mense en laat ’n blywende indruk.
Dankie vir die treffende impak wat jy op almal rondom jou maak — vanaf leerders, tot ouers en selfs kollega's. Dankie vir die liefde, toewyding en omgee waarmee jy elke dag ’n verskil maak.

Mag die Here jou in hierdie nuwe lewensjaar ryklik seën, jou hart vul met vreugde en vrede, en jou beloon vir die mooi mens wat jy is. Mag daar ’n nuwe stortreën van seëninge oor jou lewe kom — ver bo jou verwagtinge en ryker as waarvoor jy kon hoop.

*Ons gebed vir jou:*
“Jy (Erine) sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld.
_Deutronomium 28:3_

Ons waardeer jou, ons eer jou en is lief vir jou, Juf Erine!

23/09/2026
Die Rietvlei Akademie span brei uit in 2027!
04/09/2026

Die Rietvlei Akademie span brei uit in 2027!

Kom maak 'n draai en loer wat is alles te koop by RIETVLEI AKADEMIE se  THRIFTMARKET!Kom kuier, snuffel en dalk ontdek j...
03/09/2026

Kom maak 'n draai en loer wat is alles te koop by
RIETVLEI AKADEMIE se THRIFTMARKET!

Kom kuier, snuffel en dalk ontdek jy iets besonders!

Ons Thriftmarket is die perfekte plek om unieke skatte, winskopies en tweedehandse boeke te kom uitgrawe.

📅 4 September 2026
⏰ 12:00 - 14:30
📍 58 Jochemstraat

Bring jou vriende en familie saam en kom geniet ’n lekker middag van snuffel en koop!

Aan die BESTE sekretaresse ooit, Tannie Zahn!!Ons het nie genoeg woorde om jou waarde te beskryf nie.DANKIE vir wie jy i...
02/09/2026

Aan die BESTE sekretaresse ooit, Tannie Zahn!!

Ons het nie genoeg woorde om jou waarde te beskryf nie.

DANKIE vir wie jy is en wat jy vir ons beteken!

Jy is eenvoudig die BESTE!

01/09/2026

Watter beroepe werk goed vir mense met Adhd?

Address

58/1 Jochem Street
Pretoria
0174

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:30
Tuesday 07:30 - 13:30
Wednesday 07:30 - 13:30
Thursday 07:30 - 13:30
Friday 07:30 - 13:00

Telephone

+27718325541

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rietvlei Akademie - Rietvalleirand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Rietvlei Akademie - Rietvalleirand:

Shortcuts

Share

Category