HTS John Vorster

HTS John Vorster

Share

HTS John Vorster is geleë in Pretoria aan die voet van die MAGALIESBERGE. HTS John Vorster bestaan alreeds sedert 1962.

Vele oud–JV’s het hier hul fondasie gelê en as ingenieurs, vakmanne en in ander beroepe bygedra tot die ekonomiese ontwikkeling van ons land. HTS John Vorster is ‘n volwaardige Tegniese Hoërskool waar al die Tegnologiese Studierigtings effektief aangebied word. Gespesialiseerde toerusting word deur Vakspesialiste gebruik om al die vakke aan te bied. TEGNOLOGIESE ONDERWYS IS TOEKOMSVRIENDELIK

… om

08/06/2026

JV-RUGBY - JV's vs Overkruin - Uitslae

Saterdag was 'n opwindende dag by Hoërskool Overkruin. Baie geluk aan die wensspanne. Ons is baie trots op ons manne!
Ongelukkig kon al die spanne nie 'n wen deurtrek nie, maar ons is steeds dankbaar vir die effort. Julle is ysters!

Geniet die langnaweek wat voorlê, want die 20ste Junie gaan ons GROOT hier op ons tuisveld!

08/06/2026

Ons bou 'n beter toekoms!
Ondersteun asb ons steenprojek!
Kontak meneer Du Rand by 012 332 1760 of stuur gerus 'n e-pos na [email protected]

Photos from HTS John Vorster's post 07/06/2026

COSMO RUN - JV's maak ons trots!

Baie geluk aan Nico Kroukamp en Henry van der Merwe wat baie goed gevaar het by die Cosmo Run. Nico het algeheel 49ste uit 808 drawwers geplaas en Henry het algeheel 11de uit 698 drawwers geplaas. Henry het ook 1ste geplaas in sy ouderdomsgroep. - junior mans. Welgedaan manne! Ons is trots op julle!

Photos from HTS John Vorster's post 07/06/2026

Baie geluk Idah en Shalene!

Baie geluk aan Idah Nkambuhle en Shalene Dippel wat vandag verjaar. Ons wense en gebede is dat die Here julle sal seën. Dankie vir julle harde werk en omgee. Ons waardeer julle! Geniet die bederf.

Photos from HTS John Vorster's post 06/06/2026

Ons vier vandag twee verjaarsdae!

Baie geluk Inge Vosloo en Mpumelelo Ndlovu. Ons hoop dat julle tweetjies sommer lekker verjaar. Mag die Here julle seën. Dankie vir julle harde werk en insette by die JV's. Ons waardeer julle! Geniet die tyd saam met julle geliefdes en geniet die bederf.

04/06/2026

Juffrou Anel de Beer verjaar vandag!

Baie geluk met jou verjaarsdag juffrou De Beer. Mag hierdie jaar net mooi dinge vir jou inhou en mag die Here jou lei op jou lewenspad. Geniet die bederf en tyd saam met jou geliefdes.

03/06/2026

JV-VAKATURE - BL-AFLOSPOS - Afrikaans HT (Graad 8-11)

02/06/2026

Betaalde advertensie - CompCare Medical Scheme

02/06/2026

JV-RUGBY - 6 JUNIE - RUGBYPROGRAM

Komende naweek speel ons manne by Hoërskool Overkruin rugby. Ons sien ons ouers en ondersteuners daar!

DIE JV-BLOU, HY KOM VIR JOU!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Meyerstraat 1072, Rietfontein
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 14:00