Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies

Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies Amptelike Facebook-blad van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.

OUD-AFFIE MAAK BUIGING VIR LIONSBaie geluk aan Wilco de Bruin (matriek 2022) wat vandag in sy eerste vierdagwedstryd vir...
10/09/2026

OUD-AFFIE MAAK BUIGING VIR LIONS

Baie geluk aan Wilco de Bruin (matriek 2022) wat vandag in sy eerste vierdagwedstryd vir die Lions teen Boland speel.

VAKANTE POSTEDie Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwysposte (beheerliggaam) beskikbaar vir diensaanvaardin...
09/09/2026

VAKANTE POSTE

Die Afrikaanse Hoër Seunskool het die volgende onderwysposte (beheerliggaam) beskikbaar vir diensaanvaarding op 1 Januarie 2027:

1. Onderwyser (posvlak 1): EBW vir graad 8 en 9. Ervaring van onderrig in Besigheidstudies en/of Rekeningkunde vir graad 10 tot 12 sal ‘n sterk aanbeveling wees.

2. Onderwyser (posvlak 1): Engels Addisionele Taal vir graad 8 tot 12 (met ten minste 5 jaar ondervinding)

Vereistes
Toepaslike kwalifikasies en ondervinding
Na-uurse betrokkenheid soos ooreengekom
SARO-sertifikaat
Aansoeke en sluitingsdatum

Volledige CV met bewys van kwalifikasies moet voor of op Maandag 28 September aan [email protected] gestuur word.

Meld die pos waarvoor u aansoek doen in die onderwerpreël.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2027

Aansoekers wat teen 9 Oktober nog nie gekontak is nie, se aansoeke was onsuksesvol.

AFFIE-TONEELDie toneelgroep het Vrydagaand aan die nasionale semi-finaal van die Aardklop Pronk Podium-toneelkompetisie ...
07/09/2026

AFFIE-TONEEL

Die toneelgroep het Vrydagaand aan die nasionale semi-finaal van die Aardklop Pronk Podium-toneelkompetisie deelgeneem. Al die akteurs en die tegniese aspekte is van brons by die streeksuitdunne, na silwer, opgegradeer.

Die produksie het met hierdie uitslag ‘n plek in die Pronk Podium Nasionale Finaal bespreek.

Baie geluk, manne!

AFFIE-KRIEKETDie loting om die groepe en bepalings vir die Wildeklawer NoordSuid T20 Kriekettoernooi vas te stel word mô...
07/09/2026

AFFIE-KRIEKET

Die loting om die groepe en bepalings vir die Wildeklawer NoordSuid T20 Kriekettoernooi vas te stel word môreoggend, tussen 6:00 en 8:00, regstreeks op die Groot Ontbyt, op kanaal 145, uitgesaai.

AFFIE-RUGBY: 7’sDie o.15- en o.17 7’s-span het oor die naweek aan die Sutherland/Eldoraigne Rugby 7’s toernooi deelgenee...
07/09/2026

AFFIE-RUGBY: 7’s

Die o.15- en o.17 7’s-span het oor die naweek aan die Sutherland/Eldoraigne Rugby 7’s toernooi deelgeneem.

O.17’s:

Groepwedstryde
Wen Hoërskool Wonderboom, 66-14
Wen Hoërskool Centurion B, 66-0
Wen Garsfontein B 27-0

Kwarteind
Speel gelykop teen Hoërskool Montana, 5-5
Wen in ekstra tyd

Halfeind
Wen Hoërskool Waterkloof, 36-7

Finaal
Wen Pretoria Boys’ High, 31-7

Die o.17’s eindig die toernooi in die 1ste plek.

O.15’s:

Groepwedstryde:
Wen Hoërskool Die Wilgers, 42-12
Wen Hoërskool Centurion, 55-0
Wen Hoërskool Wonderboom, 66-0

Kwarteind
Wen Hoërskool Oos-Moot, 53-0

Halfeind
Wen Pretoria Boys’ High, 38-0

Finaal
Wen Hoërskool Garsfontein, 26-22

Die o.15’s eindig ook die toernooi in die 1ste plek.

AFGRI
Renault South Africa
Drive.co.za
King Price Insurance
Safari Outdoor
Rotakesa

AFFIE-TENNISDie A- en B-tennisspan het oor die afgelope naweek aan die Limodo Tennistoernooi in Bethlehem, Vrystaat, dee...
07/09/2026

AFFIE-TENNIS

Die A- en B-tennisspan het oor die afgelope naweek aan die Limodo Tennistoernooi in Bethlehem, Vrystaat, deelgeneem.

A-span:
Wen Marlow Landbouskool, 48-18
Wen Bethlehem Voortrekker, 48-8
Wen Hoërskool Linden, 48-12
Wen Hoërskool Cradock, 32-19
Speel in finaal teen Hoërskool Randburg en wen, 4-2

B-span:
Wen Hoërskool Witteberg, 48-15
Wen Hoërskool Cradock, 48-8
Wen Hoërskool Linden B, 48-10
Wen Hoërskool Helpmekaar, 32-10
Speel in finaal teen Hoërskool Randburg B en wen, 4-0

Die A-span wen die A-afdeling en die B-span is die wenners van die B-afdeling.

Knap gedaan, kêrels!

http://www.ffrkonicaminolta.co.za/

AFFIE-KRIEKETUitslae van verlede week se wedstryde:5 September 1stes teen Menlopark 1stesMenlopark - 115/10Affies - 116/...
07/09/2026

AFFIE-KRIEKET

Uitslae van verlede week se wedstryde:

5 September

1stes teen Menlopark 1stes
Menlopark - 115/10
Affies - 116/3
Affies wen met 7 paaltjies

2des teen Eldoraigne 2des
Affies - 145/10
Eldoraigne - 117/10
Affies wen met 28 lopies

3des teen Garsfontein 3des
Garsfontein - 116/10
Affies - 117/2
Affies wen met 8 paaltjies

4des teen Prestige College 2des
Prestige - 66/7
Affies - 71/1
Affies wen met 9 paaltjies

3 September

15B teen Menlopark 15B
Affies - 202/2
Liam Claasen: 123 nie uit nie
Menlopark - 180/7
Affies wen met 22 lopies

15C teen Montana 15B
Montana - 91/8
Affies - 93/0
Affies wen met 10 paaltjies

15E teen FH Odendaal 15A
FH Odendaal - 131/6
Affies - 132/2
Affies wen met 8 paaltjies

14D teen Montana 14B
Montana -113/7
Affies - 114/4
Affies wen met 6 paaltjies

2 September

15A teen Menlopark 15A
Menlopark - 222/8
Affies - 226/5
Affies wen met 5 paaltjies

15C teen Waterkloof 15C
Affies - 93/10
Waterkloof - 96/2
Affies verloor met 8 paaltjies

15D teen Waterkloof 15D
Waterkloof - 96/10
Affies - 97/3
Affies wen met 7 paaltjies

1 September

14A teen Menlopark 14A
Affies - 167/10
Menlopark - 158/9
Affies wen met 9 lopies

14B teen Menlopark 14B
Menlopark - 113/10
Affies - 114/2
Affies wen met 8 paaltjies

14D teen Menlopark 14C
Menlopark - 96/8
Affies - 99/1
Affies wen met 9 paaltjies

14E teen Midstream 14B
Affies - 152/8
Midstream - 90/8
Affies wen met 62 lopies

14G teen Menlopark 14D
Menlopark - 41/10
Affies - 42/4
Affies wen met 6 paaltjies

31 Augustus

5des teen Montana 4des
Affies - 175/6
Montana - 146/6
Affies wen met 29 lopies

6des teen Overkruin 2des
Affies - 313/3
MJ van Breda: 102 nie uit nie
Overkruin - 61/10
Affies wen met 252 lopies

7des teen HTS Tuine 1stes
Affies - 242/2
Ryan McPhail: 102 nie uit nie
HTS Tuine - 51/10
Leeron Knight: 6 paaltjies vir 5 lopies

AFGRI
Renault South Africa
IXU Sport
Arrie Nel Apteekgroep/ Arrie Nel Pharmacy Group

Baie geluk, manne!

AFFIE-KRIEKETHiermee die bepalings vir volgende week se wedstryde:
04/09/2026

AFFIE-KRIEKET

Hiermee die bepalings vir volgende week se wedstryde:

AFFIE-ATLETIEKAndré Pretorius (gr. 11 / o.17) het vanaf 31 Augustus tot 3 September aan die COSSASA SPELE in Bulawayo, Z...
04/09/2026

AFFIE-ATLETIEK

André Pretorius (gr. 11 / o.17) het vanaf 31 Augustus tot 3 September aan die COSSASA SPELE in Bulawayo, Zimbabwe, deelgeneem teen atlete van Zimbabwe, Botswana, Namibië, Lesotho en Swaziland.

André het Suid-Afrika verteenwoordig en ‘n derde plek in spiesgooi losgeslaan.

Baie geluk, André!

Address

Lynnwoodweg 1
Pretoria
0002

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 07:30 - 15:00
Wednesday 07:30 - 15:00
Thursday 07:30 - 15:00
Friday 07:30 - 15:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Hoër Seunskool - Affies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category