27/01/2020
Liewe Oud-Affie Vriendinne
Ek verstaan daar is baie verwarring oor die funksies vir die 100-jarige vieringe. Ek wil probeer om ander redes vir verwarring ook op te klaar
In 1988 is die Oud-Affie Bond gestig om na belange van Oud-Affies om te sien. Ons bankrekening is nog in die naam van
AHMP Oudleerlingbond.
Vandag gebruik ons ook die naam van AHMP Alumni want ons het aangesluit by die Suid Afrikaanse Skole Alumni Vereniging wat ons internet toegang gee tot wêreldwye kommunikasie met oudleerlinge deur hulle e-pos adresse. Wanneer ons julle e-pos adresse ontvang word julle outomaties lid en geen koste is daaraan verbonde nie. Dan ontvang julle al die nuus wat die Oud-Affie Bond Komitee aan julle deurgee.
Ons is ‘n outonome organisasie wat agv die feit dat ons op AHMP skoolgegaan of onderwys gegee het, die skool graag ondersteun op verskeie maniere, bv deur hulpbehoewende dogters se skoolfooie te betaal of reklame te doen vir die skool of programme en aktiwiteite aan julle deur te gee. Dit doen ons omdat ons glo onderwys en opvoeding is kern belangrik vir almal.
Ons het funksies gereel vir 2020 in Bloemfontein, (7 Maart) Stellenbosch, (25 April), Nelspruit, (9 Mei) en Pretoria, (5–7 Junie) sodat ons oudleerlinge weer kan betrek by AHMP maar ook dat klasmaats weer met mekaar kan kuier en ook ander Oud-Affies ontmoet.
Ons komitee is baie opgewonde oor die mooi en besondere kuierplekke wat ons reeds bevestig het. Ons tref ook reelings vir verblyf en vervoer na van die plekke vir Oud-Affies wat ver bly of nie self wil ry nie. Ons het wonderlike aanbiedinge van borge en verblyf ontvang waar mense spesiale pryse vir ons aanbied. Ons waardeer elke aanbieding van hulp en sal ons borge die beste moontlike blootstelling gee.
In die volgende brief sal ons meer besonderhede kan meedeel.
Ek wil net solank vir Margo Kruger, die bemarker op ons komitee,
bedank vir haar entoesiasme, oorspronklike denke, harde werk, oneindige boodskappe wat sy uitstuur asook die resultate wat sy bereik het. Sy het geen einde aan planne en idees nie en is opgewonde oor elkeen wat haar kontak.
Hier is haar kontak besonderhede:
Margo Kruger: 082 455 0666
[email protected]
Die skool hou ook funksies wat op die facebook blad bekend gemaak is onder AHMP: Oud-Affies, wat afsonderlik gehou word van ons funksies.
Ons het nog ‘n paar sake wat ons wil finaliseer voor julle al die gegewens van ons ontvang.
Affie-Groete
Vera De Klerk.