24/09/2026
🎉 EN SO… IS KWARTAAL 3 VERBY! 🎉
Nog ’n kwartaal vol leer, groei, pret, uitdagings en baie mooi herinneringe is in die boeke! 📚💙
Ons is so trots op ons leerders en elke klein mylpaal wat hulle bereik het. 🌟 Van nuwe vaardighede aanleer tot saam speel, lag en ontdek. Elke dag was spesiaal! 🥰
Maar nou… is dit tyd vir VAKANSIE! ☀️🍦🎈
Tyd om die skoene uit te skop, lekker te rus, te speel, te kuier en sommer net die klein dingetjies te geniet. ❤️
Aan ons leerders en ouers: geniet elke oomblik van die vakansie! 🌸 Maak mooi herinneringe, kry lekker rus en kom terug met baie nuwe energie vir die laaste kwartaal! ✨
Lekker vakansie! 💙🌈