Lynnwood Privaatskool

Lynnwood Privaatskool Lynnwood Privaatskool is ‘n onafhanklike Privaatskool. Leerders ervaar unieke geleenthede

Lynnwood Privaatskool (LPS) open sy deure op 1 Januarie 2013 as ‘n onafhanklike Privaatskool vir kleinklasonderrig. LPS bied leerders die unieke geleentheid tot individuele aandag en kwaliteit onderrig in ‘n aangename en ontspanne leeromgewing waar elke kind gekoester en na waarde geag word. Ons deure staan oop vir leerders met gemiddelde tot superieure intellek wat dit moeilik vind om in groot kl

asse hulle volle potensiaal te bereik. Ons tipiese leerders is die perfeksionis wat ekstra tyd benodig om foutlose take in te handig, die stil en skaam leerder, wat nie die vrymoedigheid het om in ‘n groot klas vrae te vra nie , en die intelligente leerder wat weens siekte, aandagafleibaarheid of angstigheid, agterstande ontwikkel wat nie in ‘n groot groep geidentifiseer of aangespreek kan word nie. Verder het ons leerders, wie se ouers ernstig is oor kwaliteit onderrig , en ‘n doelbewuste keuse maak om hul kinders die beste kwaliteit onderrig moontlik te bied. Met ‘n onderwyser/leerling verhouding van 1 tot 10 skep LPS ‘n veilige leeromgewing deur ‘n atmosfeer van omgee, geduld en ondersteuning, om elke leerder die geleentheid te gee om hul selfvertroue te bou en hul eiewaarde te ontdek en te vestig. Met elke kind se breinprofiel aan die onderwyser bekend, word leerders se unieke denkwyses verstaan en uitgedaag. Die skool is gebaseer op Christelike waardes en die uitbouing en uitlewing daarvan. Hierdie waardes word herbevestig in ‘n skoolomgewing van wedersydse respek, deernis en omgee vir mekaar.

‘n Gedragskode vir leerders verseker gesonde dissipline en ‘n positiewe omgewing wat vir leerders die riglyne en struktuur skep waarbinne die "vryheid met verantwoordelikheid” beginsel vasgelê kan word. LPS volg ‘n holistiese benadering om ons leerders optimaal toe te rus vir die eise en uitdagings van hoërskool en die moderne wêreld. Ons program is dus so saamgestel dat daar ‘n gesonde balans gehandhaaf word tussen akademie en pret, persoonlike en emosionele ontwikkeling sowel as kulturele, sosiale en fisiese ontwikkeling.

Uile van die Week 🦉🦉🦉
04/09/2026

Uile van die Week 🦉🦉🦉

 🐝🐝🐝
02/09/2026

🐝🐝🐝

01/09/2026

Ons nuwe gras! Die kinders geniet dit baie🌱🌱🌱
27/08/2026

Ons nuwe gras! Die kinders geniet dit baie🌱🌱🌱

  🐌🐌🐌
26/08/2026

🐌🐌🐌

          💙💙💙
25/08/2026

💙💙💙

  🦥🦥🦥
19/08/2026

🦥🦥🦥

Soos elke jaar besoek die skryfster Nerine Ahlers ons, om oor haar boeke en letterkunde te gesels.Die gr. 6'e het dit ba...
16/08/2026

Soos elke jaar besoek die skryfster Nerine Ahlers ons, om oor haar boeke en letterkunde te gesels.
Die gr. 6'e het dit baie geniet 📚📚📚

 🐙🐙🐙
12/08/2026

🐙🐙🐙

Address

42 Ilkey Road
Pretoria

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lynnwood Privaatskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Lynnwood Privaatskool:

Shortcuts

Share

Category