Laerskool Die Krans

Laerskool Die Krans Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Laerskool Die Krans, Private School, 33 Wilge Avenue, Pretoria.

'n Christelike onafhanklike skool wat kwaliteit opvoeding bied en ’n karakter kweek waar elke kind vanuit ’n gelukkige, huislike atmosfeer, ’n sterk gesonde selfbeeld as fondament kan ontwikkel waarop ’n lewe van geloof, hoop en liefde gebou kan word.

Kleuterskool Konsert: SpeelgoedlandNet na twaalf in die Kranshuis gebeur daar ‘n snaakse ding.Wie is dit wat ons hoor da...
23/09/2026

Kleuterskool Konsert:
Speelgoedland

Net na twaalf in die Kranshuis gebeur daar ‘n snaakse ding.

Wie is dit wat ons hoor dans en sing.
Kan dit wees, hou die speelgoed ‘n middernagfees?

O, wag! Is dit die speelgoed wat kla,
omdat die maats hul bietjie sleg gedra?
‘n Droombesoek is dalk net wat moet gebeur, om ons maats ‘n lessie te leer.

Almal kry ‘n beurt om die kinders te oorreed.

Gaan die kinders ooit hul les leer?
Kyk saam met ons en vind uit wat gebeur!

Ouma-en Oupadag 2026🍿🥳🍢🤡🍭🤹‍♀️🧁🛼Ons is dankbaar dat Grootouers vir 'n tydjie by Die Krans kon kuier. Wat 'n voorreg!
23/09/2026

Ouma-en Oupadag 2026
🍿🥳🍢🤡🍭🤹‍♀️🧁🛼

Ons is dankbaar dat Grootouers vir 'n tydjie by Die Krans kon kuier. Wat 'n voorreg!

Baie geluk aan ons o.10-seuns met hulle semi-finaal wen van vanmiddag. 🏆🏏🏆
22/09/2026

Baie geluk aan ons o.10-seuns met hulle semi-finaal wen van vanmiddag. 🏆🏏🏆

15/09/2026
Lentedag pret!ʼn Skool is nooit net een persoon nie.Dit is mense wat saamwerk, mekaar ondersteun en mekaar sterker maak.W...
01/09/2026

Lentedag pret!
ʼn Skool is nooit net een persoon nie.
Dit is mense wat saamwerk, mekaar ondersteun en mekaar sterker maak.
Want… saam is ons ’n Dinamiese Duo!

Krans Got Talent Finaal 2026 was onvergeetlik. Die Kransies kán sing, dans en hou baie van lag. 'n Talentvolle klomp kin...
01/09/2026

Krans Got Talent Finaal 2026 was onvergeetlik.

Die Kransies kán sing, dans en hou baie van lag. 'n Talentvolle klomp kinders. Só trots op elkeen.

Baie dankie aan ons spesiale, ingevoerde beoordelaars. Julle is 'n hoogtepunt.

4de Gauteng Skole BergfietsryligaVerlede Saterdag het 24 van ons dapper Krans-bergfietsryers die 4de Gauteng Skole Bergf...
01/09/2026

4de Gauteng Skole Bergfietsryliga

Verlede Saterdag het 24 van ons dapper Krans-bergfietsryers die 4de Gauteng Skole Bergfietsryliga by Diamantvallei Landgoed aangepak!

Dit was ’n warm en stowwerige dag, met ’n baan wat heelwat meer tegnies was as wat ons aanvanklik verwag het. Maar uitdagings is presies waarvoor ons Krans-kinders gemaak is!

Met durf, vasberadenheid en harte van staal het elkeen van ons 24 fietsryers hul alles gegee en elke uitdaging op die baan met moed aangepak. Ons is ongelooflik trots op elke ryer wat die dag aangepak het en nooit tou opgegooi het nie.

Julle het gewys dat dit nie altyd gaan oor hoe maklik die pad is nie, maar oor die moed waarmee jy dit aanpak!

Baie geluk, Krans-bergfietsryers! Julle maak ons trots!

01/09/2026

Vakante Afrigtingsposisies

Mini-Hokkiepret!Saterdag, 15 Augustus, het Laerskool Die Krans se Mini-Hokkiefees by Attsport behoorlik gegons!9 laersko...
20/08/2026

Mini-Hokkiepret!

Saterdag, 15 Augustus, het Laerskool Die Krans se Mini-Hokkiefees by Attsport behoorlik gegons!

9 laerskole het die dag saam met ons gedeel – en wat ’n lekker 'vibe' was dit! Met hope hokkie, groot glimlagte, lekker kosstalletjies en sommer net baie pret, was dit ’n dag om te onthou.

Die grootste hoogtepunt? Ons Mini-Hokkiespelers! Julle het met soveel energie, entoesiasme en sportmansgees gespeel. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.

Dankie aan elke skool, speler, afrigter, ouer, ondersteuner en almal wat gehelp het om die dag so spesiaal te maak.

10 skole. 1 groot hokkiefees. Ontelbare glimlagte.

Address

33 Wilge Avenue
Pretoria
0184

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:45
Tuesday 07:30 - 13:45
Wednesday 07:30 - 13:45
Thursday 07:30 - 13:45
Friday 07:30 - 13:45

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Die Krans posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Die Krans:

Shortcuts

Share

Category